{"id":11242,"date":"2011-10-12T12:34:13","date_gmt":"2011-10-12T12:34:13","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11242"},"modified":"2011-10-12T12:34:13","modified_gmt":"2011-10-12T12:34:13","slug":"baie-bloed-beserings-en-gesteelde-kabels","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11242","title":{"rendered":"&#8216;Baie bloed, beserings&#8217; en gesteelde kabels"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die AWB-leier Eugene Terre&#8217;Blanche het &#8220;baie beserings&#8221;, bloed op sy gesig en &#8216;n panga op sy bors gehad toe hy dood aangetref is, het &#8216;n polisiebeampte Woensdag getuig.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sers. Jack Ramonyane het in die rondgaande hof op Ventersdorp ges\u00ea Terre&#8217;Blanche se lyk het in sy plaashuis op &#8216;n bed&nbsp;gel\u00ea. Hy is die vyfde getuie wat die twee moordbeskuldigdes uitgewys het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea die mure en &#8216;n staalpyp was met bloed bevlek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die plaashuis was gesluit toe Ramonyane by die moordtoneel opgedaag het. &#8216;n Nooddienswerker van EMS het die deur oopgemaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ramonyane s\u00ea hy het nie dadelik ingegaan nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Van Heerden [van EMS] het gevra dat ons wag voor ons ingaan aangesien dit binne die huis donker was. Daar was honde binne en hy het aangedui dat die honde ons kan byt&#8230;&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy s\u00ea Van Heerden het &#8216;n toe flitslig gebruik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In daardie stadium was die twee beskuldigdes \u2013 Chris Mahlangu (28) en &#8216;n minderjarige \u2013 in die polisievoertuig wat buite die huis gestaan het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ramonyane s\u00ea hy het hulle na die huis geneem nadat hulle erken het dat hulle Terre&#8217;Blanche doodgemaak het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisiebeampte was op 3 April 2010 besig om die gebied te patrolleer toe hy op die beskuldigdes naby die plaaslike treinspoor afgekom het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;&#8230; Mahlangu het aan my verduidelik dat hulle met hul werkgewer baklei het; oor twee maande se lone wat nie betaal is nie,&#8221; het Ramonyane in die hof ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek het hom toe gevra hoe ernstig sy werkgewer beseer is&#8230; Mahlangu het gereageer deur te s\u00ea: &#8216;Ons het hom doodgemaak&#8217;.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hy [Mahlangu] het nie soos iemand gelyk wat so iets kon doen nie aangesien hy vry, kalm en nie bang was nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die beskuldigdes het aan Ramonyane ges\u00ea dat hulle genoeg gehad het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ramonyane s\u00ea Mahlangu het aan hom ges\u00ea hy het Terre&#8217;Blanche se selfoon gehad en wou dit verkoop om te vergoed vir sy agterstallige loon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vier ander getuies het reeds getuig dat Mahlangu en die tiener erken het dat hulle die misdaad gepleeg het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beide het skuld ontken op aanklag van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree, terwyl die tiener enige betrokkenheid ontken het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ramonyane se getuienis duur voort.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die verhoor van Eugene Terre&#8217;Blanche se vermeende moordenaars is Woensdagoggend weens &#8216;n kragonderbreking vertraag voor Ramonyane se getuienis.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens hofbeamptes is kabels by &#8216;n Eskom-aanleg sowat 20 km buite die dorp, gesteel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beamptes het ges\u00ea &#8216;n kragopwekker is opgestel om verrigtinge voort te sit.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62776-interesnye-fakty-o-yurii-danilchenko.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die AWB-leier Eugene Terre&#8217;Blanche het &#8220;baie beserings&#8221;, bloed op sy gesig en &#8216;n panga op sy bors gehad toe hy dood aangetref is, het &#8216;n polisiebeampte Woensdag getuig. Sers. Jack Ramonyane het in die rondgaande hof op Ventersdorp ges\u00ea Terre&#8217;Blanche se lyk het in sy plaashuis op &#8216;n bed&nbsp;gel\u00ea. Hy is die vyfde getuie wat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11242\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Baie bloed, beserings&#8217; en gesteelde kabels&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-11242","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11242","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11242"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11242\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11242"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11242"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11242"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}