{"id":11240,"date":"2011-10-12T11:06:46","date_gmt":"2011-10-12T11:06:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11240"},"modified":"2011-10-12T11:06:46","modified_gmt":"2011-10-12T11:06:46","slug":"polisie-arresteer-afrikanervrou-per-abuis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11240","title":{"rendered":"Polisie arresteer Afrikanervrou &#8216;per abuis&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n  Onderwyseres van Ermelo en haar seun is Saterdagmiddag weens \u2018n  polisiefout met \u2018n registrasienommer in hegtenis geneem en ure lank  aangehou. Indien \u2018n familielid nie tussenbeide getree het en haar  vrylating ge\u00ebis het nie, sou sy verder aangehou gewees het en dalk haar  motor kwyt gewees het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Me.  Elna Middel, wat haar motor reeds tien jaar besit, is tussen die tolhek  en Middelburg deur twee polisiemotors agtervolg. By die Hendrina-afrit  is sy deur die polisie van die pad gedwing en beveel om uit haar motor  te klim.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Haar  vraag oor waarom sy van die pad gedwing is, is met die teenvraag  beantwoord: \u201cWie se motor is dit di\u00e9?\u201d Blykbaar het die polisie  aggressief en dreigend teenoor haar opgetree. Op haar versekering dat  die motor reeds tien jaar in haar besit is, het die lede van die SAPD  geantwoord dat die motor as gesteel in Witbank aangemeld is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierna  is sy beveel om in die polisiemotor te klim, met die bykomende  dreigement dat haar seun geboei en agter in \u2018n ander motor gegooi sou  word indien hy sou teenstribbel. Hierdie dreigement is in Zoeloe tussen  die twee polisiemanne gemaak, maar omdat haar seun Zoeloe magtig is, kon  hy dit verstaan en het beswaar aangeteken. Nadat ma en seun in aparte  motors na die Middelburgse polisiestasie vervoer is, blyk dit dat die  polisie \u2018n fout met die registrasienommer van die gesteelde voertuig  gemaak het. Desnieteende het die polisie verseg om haar vry te laat  totdat haar motor van \u201cdie stelsel\u201d verwyder kon word, iets wat slegs op  \u2018n werksdag moontlik is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie  hele ervaring was vir my erg ontstellend en vernederend. As  wetsgehoorsame burger is ek soos \u2018n misdadiger behandel,\u201d het me. Middel  aan <a href=\"..\/..\/undefined\/\">praag.co.za<\/a> ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van 15.30 tot 19.00 is sy wederregtelik deur die polisie aangehou totdat sy deur die tussenkoms van \u2018n familielid bevry is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dog  hierna het die polisie steeds volstrek geweier om haar motor terug te  gee wat kwansuis op \u201cdie stelsel\u201d gelys was. Uiteindelik het die polisie  ingestem dat sy haar motor kon terugkry mits sy Maandagoggend die  polisie-offisier kontak om dit van \u201cdie stelsel\u201d verwyder te kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maandag  het \u2018n ontstelde me. Elna Middel die offisier van hul fout in kennis  gestel, maar van \u2018n beloofde besoek van hom om die vergissing reg te  stel, het intussen dadels gekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dinsdag  is sy na die polisie se eenheid vir gesteelde motors om haar motor van  die stelsel te probeer afkry, maar is deur die polisie na die  lisensiekantoor toe gestuur om vir hulle die nodige klaringsvorms te  gaan haal sodat dit aan die klaringsoffisier teruggestuur kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen vandag, Woensdag, is haar motor steeds amptelik &#8220;gesteel&#8221; en die klaringsoffisier het nog nie sy opwagting gemaak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens  me. Middel is sy \u201c\u2018n onderwyseres met min geld of tyd om aan hierdie  burokratiese rompslomp te bestee. Ek moes al hoeveel selfoonoproepe op  my eie onkoste maak om die probleem reggestel te kry en voel dis erg  onregverdig.&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/khar.gp.gov.ua\/ua\/subordinate_offices_.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Onderwyseres van Ermelo en haar seun is Saterdagmiddag weens \u2018n polisiefout met \u2018n registrasienommer in hegtenis geneem en ure lank aangehou. Indien \u2018n familielid nie tussenbeide getree het en haar vrylating ge\u00ebis het nie, sou sy verder aangehou gewees het en dalk haar motor kwyt gewees het. Me. Elna Middel, wat haar motor reeds &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11240\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Polisie arresteer Afrikanervrou &#8216;per abuis&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-11240","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11240","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11240"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11240\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11240"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11240"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11240"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}