{"id":11237,"date":"2011-10-12T06:06:01","date_gmt":"2011-10-12T06:06:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11237"},"modified":"2011-10-12T06:06:01","modified_gmt":"2011-10-12T06:06:01","slug":"franse-en-chinese-lek-hul-lippe-af","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11237","title":{"rendered":"Franse en Chinese lek hul lippe af"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika is gereed om die grootste tender in sy geskiedenis uit te reik &#8211; &#8216;n beraamde een-triljoen rand kontrak om ses nuwe kern reaktors te bou teen 2030.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die departement van energiesake het sy kerntendervoorstel aan die Kabinet voorgel\u00ea en minister van energie, Dipuo Peters het ges\u00ea die voorstel sal voor die einde van hierdie jaar gefinaliseer word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die omstrede wapentransaksie, wat maar &#8216;n skamele R70 miljard werd is, kan deur hierdie stap verdwerg word aangesien die nuwe kernkragsentrales soveel as 20% van die w\u00eareld se totale kernuitgawes oor die volgende twee dekades kan beteken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vyf maatskappye &#8211; van Frankryk, China, Suid-Korea, Rusland en &#8216;n gesamentlike Verenigde State-Japannese konsortium &#8211; is in die wedloop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al die bie\u00ebrs is desperaat vir &#8216;n stukkie van die koek en konstruksiemaatskappye, tenderpreneurs, agente en die middelmanne lek behoorlik hulle lippe af.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Diegene wat naby aan die Franse vervaardiger Areva is, het aangedui dat die Franse en Chinese &#8216;n gesamentlike bod voorberei. Bronne dui daarop dat die kombinasie van Franse kernkundigheid en Chinese finansi\u00eble krag &#8216;n gesamentlike bod polities onaantasbaar sal maak, gegewe Suid-Afrika se nuutgevonde simpatie met die Ooste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Areva, wat die Koeberg-kernkragstasie buite Kaapstad gebou het, lei die hongeres in terme van die intensiteit en die doeltreffendheid van sy lobby-masjien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Franse het baie moeite gedoen om die moeilike politieke oorgang na &#8216;n Jacob Zuma-administrasie glad te laat verloop en sodoende een van die voorlopers gebly.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma vergader reeds met die Franse sedert 2007.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Februarie vanjaar het die maatskappy &#8216;n omvattende kernsamewerkingsooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie hernu. Areva beskik dus oor grondslag vir samewerking in alle aspekte van die kernbrandstofproduksiesiklus tot 2013, wat hulle &#8216;n groot voordeel gee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Industrial and Commercial Bank van China het in 2007 &#8216;n 20%-belang in Standard Bank wat die Chinese &#8216;n kanaal bied waardeur die massiewe kernprojek gefinansier kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Adjunk-President Kgalema Motlanthe het verlede week &#8216;n staatsbesoek aan China afgesluit. Hoewel die kernprogram nie formeel bespreek is nie, kan &#8216;n $2,5 miljard finansi\u00eble samewerkingsooreenkoms tussen die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika en China Development Bank &#8216;n tweede bron van kernfinansiering word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vorige keer dat Suid-Afrika &#8216;n kernkragbesluit wou neem, was in September 2008. In dieselfde week het die Zuma-faksie egter vir Thabo Mbeki as Suid-Afrika se president uitgeskop en Eskom het die tender teruggetrek. &#8216;n Gebrek aan kapitaal is as rede aangevoer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kritici het kommer uitgespreek oor die bekostigbaarheid van die projek en of dit die mees koste-effektiewe manier is om Suid-Afrika se energie-toekoms te verseker. In 2009, het die lobby-groep Earthlife Africa, ges\u00ea dat die bou van ses kernaanlegte die land bankrot sal maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VSA se Toshiba-Westinghouse konsortium wat ook meeding, is glo deur die Franse&nbsp;in die stof gelaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Ierse diplomaat beweer dat Frankryk &#8220;ongeveer \u20ac20-miljoen in Suid-Afrika bel\u00ea het onlangs&#8221; wat hy beskryf as &#8216;n &#8220;druppel in die emmer in vergelyking wat hulle sal maai&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Westinghouse se somber assessering aan die einde van 2009 was dat hulle $10 miljoen bel\u00ea het in die tenderproses &#8220;sonder enige versekering dat daar &#8216;n kontrak aan die einde sal wees&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met &#8216;n gesonde skeppie van leedvermaak egter, het die VSA aangedui dat &#8220;probleme en onderbrekings&#8221; by Koeberg &#8211; waar Areva tegniese bystand verleen &#8211; &#8216;n &#8220;bykomende hupstoot&#8221; vir Westinghouse kan wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die onkangse kernramp in Japan, lyk die ANC egter nie skugter vir nuwe kernaanlegte nie. Die vraag is wie ons gaan beskerm in geval van &#8216;n noodsituasie. Die Franse?<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ipress.ua\/ru\/news\/prokurora_harkova_uvoleno_111840.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrika is gereed om die grootste tender in sy geskiedenis uit te reik &#8211; &#8216;n beraamde een-triljoen rand kontrak om ses nuwe kern reaktors te bou teen 2030. Die departement van energiesake het sy kerntendervoorstel aan die Kabinet voorgel\u00ea en minister van energie, Dipuo Peters het ges\u00ea die voorstel sal voor die einde van hierdie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11237\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Franse en Chinese lek hul lippe af&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-11237","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11237","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11237"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11237\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11237"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11237"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11237"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}