{"id":11232,"date":"2011-10-11T09:52:51","date_gmt":"2011-10-11T09:52:51","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11232"},"modified":"2011-10-11T09:52:51","modified_gmt":"2011-10-11T09:52:51","slug":"blitsbukse-van-renault-en-volkswagen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11232","title":{"rendered":"Blitsbukse! van Renault en Volkswagen"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer  \u2018n mens aan blitsbukse dink, dan kom daar gewoonlik net een naam sonder  inspanning in jou gedagtes op: GTi. Party ouens sal dalk nog Gsi of RSi  onthou, maar GTi is die een wat altyd uitstaan.<\/p>\n<p>{jathumbnail off}<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons  het in die gees van \u2018n regte egte blitsbuks drie baie warm motors onder  hande gehad. Nou kyk, die dae van goedkoop motors is al vyf jaar gelede  verby so al is die karretjies almal buksies, kos hulle glad nie meer  wat die GTi en GSi van \u2018n paar jaar gelede gekos het nie. Ons kandidate  is die Renault Megane RS, die VW Golf R en die wilde VW Polo GTi. Met  die regering wat so belastings aan al wat leef en beef uitdeel, sal  Pretoria ook nie soveel geld uit hierdie motors kan maak soos  byvoorbeeld slegs twee jaar gelede nie. Al drie hierdie motors is  toegerus met hoogs gevorderde ho\u00ebverrigtingenjins wat spaarsamig met die  brandstof en baie suinig met die uitlaatgasse te werk gaan.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die Renault Megane RS\" alt=\"Renault Megane RS\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/10\/renault%20megane%20rs.jpg\" width=\"510\" \/><\/p>\n<h4>Renault Megane RS<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  RS is die breker van die hele Renault-reeks en jy kan hom in twee  spesifikasievlakke aanskaf, die gewone RS of die RS Cup. Die motors se  enjins verskil glad nie, maar die Cup-weergawe lyk bietjie rowwer met sy  swart sierwiele en koolstofafwerking. Die rensitplekke en natuurlik die  heelwat stywer vering sorg dat die Cup-weergawe beter klou in die  draaie en sommer net die duiwel in lyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het die gewone RS onder  hande gehad en laat ek julle vertel, hierdie motor voel alreeds soos \u2018n  renstel op die teer. Daar is alles wat oop en toe maak en elektronies  verstelbaar is sowel as verhitte sitplekke en \u2018n  TomTom-navigasiestelsel. Die hele kajuit is met swart leer uitgevoer en  hy lyk en voel nie veel anders as enige ander Renault Megane waarin ek  al gesit het nie. Ons toetsmotor is toegerus met \u2018n 2-literenjin wat van  \u2018n ho\u00ebdrukturbo-aanjaer voorsien is; die eenheid ontwikkel 184KW en 340  NM. Die brutale krag word slegs na die voorwiele gestuur en in toom  gehou deur \u2018n 6-ganghandratkas. Die gevolg is \u2018n vreeslike geblaas van  die uitlaatpyp hier reg onder die bestuurder se sitvlak en dan die  verbysterende vesnelling. Snaaks genoeg, is daar baie min wringstuur  onder versnelling, want gewoonlik as daar soveel krag na die voorwiele  gaan, sukkel die wiele om te gaan waar die stuurwiel wil h\u00ea hy moet  gaan. Vesnelling van 0-100km\/u is 6,1 sekondes en die RS se asem sal  eers teen 250km\/u opraak. Die motor voel glad nie so vinnig nie en hy  klink ook nie wintie nie; hy lyk soos \u2018n gewone Renault Megane-koepee  met bietjie groter wiele en \u2018n enkele uitlaatpyp in die middel agter,  maar dit is dit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bougehalte is aanvaarbaar, maar volgens my wat self \u2018n  Renault-eienaar is, nie so goed soos die vorige generasie Megane nie.  Hierdie is \u2018n driedeurvoertuig, so daar is nie vreeslik baie spasie  agter nie, maar vier mense kan redelik gemaklik in die motor rondrits.  Wat my wel verbaas het, was die hoeveelheid bagasieruimte wat die RS  bied. Vir so \u2018n plat motor met \u2018n lae daklyn het die RS \u2018n baie diep  bagasievloer en ek wil amper s\u00ea net soveel pakplek as die gewone  luikrug-Megane. Die RS is \u2018n goeie alternatiewe blitsbuks, maar val nie  in almal se smaak nie. Hy is vinnig, maar skort iets iets waarvan die  volgende motor wel baie het. Ons gee hom 3 uit 5.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die Volkswagen Golf R\" alt=\"Die Volkswagen Golf R\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/10\/vw%20golf%20r.jpg\" \/><\/p>\n<h4>VW Golf R<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Golf R is soos die Megane RS die rowwe Golf in die reeks. Die verskil  hier is net dat hierdie Golf R toegerus is met vierwielaandrywing sowel  as \u2018n ho\u00ebdrukturbo-aanjaer. Die gewone Golf GTi se enjin ontwikkel 155KW  en 280 NM, die R lewer 188KW en 350 NM. Dit maak \u2018n verskil van 1,4  sekondes van 0-100 km\/u, dus 5,5 sekondes vergeleke met 6,9 sekondes vir  die GTi en 250km\/u vergeleke met die 238km\/u van die GTi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is egter  die geluid en die gevoel van die R wat hierdie motor so spesiaal maak.  Dit voel kompleet of jy binne in \u2018n vuurpyl sit! Die brute krag waarmee  die motor versnel, is eenvoudig verstommend; die vastrap wat die  vierwielaandrywing verskaf, is eintlik onwettig in \u2018n  standaardpassasiersvoertuig. Daarmee saam bied die Golf R nog vyf deure  ook en dieselfde bagasieruim en been-en-skouerspasie as die bekroonde  Golf VI.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bougehalte is uitstekend en van luukses soos sitplekverhitting,  elektriese sitplekverstelling, aanboordrekenaar met raakskerm en  navigasie sowel as leer van voor tot agter en &#8211; dit het ons al ges\u00ea &#8211;  vierwielaandrywing is alles standaard. Ons toetsmotor is die DSG Direct  Sequential Gearing-weergawe met die outomatiese handratstelsel. Nou kyk,  alles aan hierdie Volksie is indrukwekkend, maar niks het my meer laat  glimlag as die geluid wat uit die motor se maag kom wanneer daar blitsig  ratte verwissel word nie. Daar is amper so \u2018n dowwe klapgeluid soos die  nuwe rat geskakel word en dan die ongelooflike stukrag waarmee die  onderstel die motor in die nuwe rat vorentoe beur is net iets wat elke  entoesias self moet ervaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wie wil nou \u2018n S3 of \u2018n 135i h\u00ea wanneer jy  vir minder geld dieselfde bougehalte en verrigting en gevoel en glimlag  en aandag kan ervaar? Hierdie is \u2018n 5 uit 5.<\/p>\n<p><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die Volkswagen Polo GTi\" alt=\"Volkswagen Polo GTi\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/10\/vw%20polo%20gti.jpg\" \/><\/p>\n<h4>VW Polo GTi<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  oorspronklike Golf GTi van die jare tagtig het die hele blitsbuksding  begin. Die motor was klein dog prakties en maklik om te bestuur en  terselfdertyd baie vinnig. Hy was regtig \u2018n sportmotor in \u2018n kortbroek  en daarby was hy nogal bekostigbaar ook. Die nuwe Polo GTi kom vir ons  die naaste aan wat die oorspronklike GTi was. Daar is hope karakter,  krag en puik bougehalte in \u2018n kompakte dog praktiese motor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Polo GTi  is toegerus met \u2018n 1,4 liter TSI-enjin met turbo sowel as \u2018n  drukaanjaer. Die gevolg is 132 KW en 250 NM se krag. Ons toetsmotor was  met dieselfde DSG-ratkas as die Golf R toegerus en dit het die Polo  sommer brutaal laat voel. Om dit in perspektief te stel: die Golf VI GTi  DSG versnel van 0-100km\/u in 6,9 sekondes en dit is \u2018n 2,0 TSi-motor.  Die Polo GTi se 1,4 TSi laat die 100km\/u merk ook in 6,9 sekondes verby  blits. Grootboet se asem raak by 238km\/h op waar die Polo Gti by 230  km\/u sal halt roep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hier was vir my baie wringstuur want die hele 132 KW  word na die voorwiele gestuur en as jy nie wakker is nie sal die Polo  jou baie vinnig langs die pad laat beland. Bougehalte in die Polo GTi is  ook van uitstekende peil en die kort leerratkierie sowel as die rooi  steke wat om die nate van die sitplekke gewerk is, die  driespeekstuurwiel met aluminium- GTi-kentekens laat jou weet jy is in  iets spesiaals. Die Polo\u2019tjie het ook vyf deure en \u2018n bruikbare  bagasieruim, egte groot speek GTi-wiele met rooi remknypers en \u2018n rooi  strepie \u00e0 la 1985-Golf Gti om die sierrooster.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As jy nie een van die  bogenoemdes se pryskaartjie van bykans R400&nbsp;000 kan bekostig nie, is die  Polo GTi teen R265&nbsp;000 by verre die beste blitsbuks in die land. Ons  gee hom 4 uit 5. &nbsp;&nbsp;&nbsp;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/18\/180080.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wanneer \u2018n mens aan blitsbukse dink, dan kom daar gewoonlik net een naam sonder inspanning in jou gedagtes op: GTi. Party ouens sal dalk nog Gsi of RSi onthou, maar GTi is die een wat altyd uitstaan. {jathumbnail off} Ons het in die gees van \u2018n regte egte blitsbuks drie baie warm motors onder hande [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11229,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[103],"tags":[],"class_list":["post-11232","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c94-padtoetse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11232","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11232"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11232\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11229"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11232"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11232"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11232"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}