{"id":11224,"date":"2011-10-11T05:39:20","date_gmt":"2011-10-11T05:39:20","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11224"},"modified":"2011-10-11T05:39:20","modified_gmt":"2011-10-11T05:39:20","slug":"geweld-teen-christene-in-egipte-veroordeel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11224","title":{"rendered":"Geweld teen Christene in Egipte veroordeel"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die dood van minstens 25 Koptiese Christene wat die afgelope naweek in Ka\u00efro in geweld gesterf het, het Maandag ernstige kommer in Amerika en in Europa gewek. Spanning in Egipte tussen godsdiensgroepe is aan die oplaai.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die slagoffers is Sondag dood toe Egiptiese soldate met pantservoertuie onder &#8216;n groep Koptiese betogers buite die nasionale TV-sentrum ingejaag het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Meer as 270 ander is toe ernstig beseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskeie van die betogers is in hegtenis geneem en sal binnekort voor milit\u00eare howe verskyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was die ergste geweld in Egipte sedert oudpres. Hosni Mubarak in Februarie vanjaar in &#8216;n volskaalse straatrevolusie sy amp gedwonge moes neerl\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tussentydse Egiptiese eerste minister, Essam Sharaf, het Maandag in opdrag van die regerende milit\u00eare raad &#8216;n dringende ondersoek na die voorval gelas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Koptiese betogers het in hul protesoptog beswaar aangeteken teen wat hulle bestempel het as volgehoue diskriminasie teen en aanvalle op hul kerke deur Islamitiese ekstremiste, onder wie die Salafiste en die Moslem-broederskap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommige waarnemers wil dit h\u00ea dat die opstand teen Mubarak in Februarie sy oorsprong onder meer gehad het in beskuldigings deur Moslem-aktiviste dat hy die Koptiese kerk beskerm.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskeie Christene is op Kersdag in Desember en vroeg Januarie vanjaar in bomaanvalle op kerke in Heliopolis en in die middestad van Ka\u00efro dood en beseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die betoging Sondag in Ka\u00efro was die gevolg van &#8216;n aanval verlede week deur Moslem-ekstremiste op &#8216;n Koptiese kerk in Aswan in die suide van Egipte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sowel Amerika as die Europese Unie het Maandag &#8216;n beroep op die Egiptiese owerheid gedoen om selfbeheersing aan die dag te l\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle het hul kommer uitgespreek oor die impak wat die onrus en ges\u00ea as dit voortduur, sal parlement\u00eare verkiesings wat vanjaar nog in Egipte moet plaasvind, negatief geraak word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sowat 10% van Egipte se 80 miljoen mense is Christene, en die meeste daarvan is lidmate van die Koptiese Kerk.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/13\/189150.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die dood van minstens 25 Koptiese Christene wat die afgelope naweek in Ka\u00efro in geweld gesterf het, het Maandag ernstige kommer in Amerika en in Europa gewek. Spanning in Egipte tussen godsdiensgroepe is aan die oplaai. Die slagoffers is Sondag dood toe Egiptiese soldate met pantservoertuie onder &#8216;n groep Koptiese betogers buite die nasionale TV-sentrum &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11224\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Geweld teen Christene in Egipte veroordeel&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-11224","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11224","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11224"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11224\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11224"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11224"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11224"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}