{"id":11222,"date":"2011-10-11T05:00:21","date_gmt":"2011-10-11T05:00:21","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11222"},"modified":"2011-10-11T05:00:21","modified_gmt":"2011-10-11T05:00:21","slug":"awb-wag-moordenaar-lag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11222","title":{"rendered":"AWB wag, moordenaar lag"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die moordverhoor van die twee mans wat beskuldig word van die moord op Eugene Terre&#8217;Blanche in Ventersdorp is deur &#8216;n groep AWB-ondersteuners in kakieklere bygewoon wat buite die hof gewag het.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omtrent ses polisievoertuie was reeds vroegoggend buite die hof geparkeer, terwyl die klein groepie AWB-ondersteuners hulleself oorkant die straat onder &#8216;n gazebo tuisgemaak het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle het die dag in gebed begin, voordat een ondersteuner &#8216;n klankstelsel van &#8216;n motor met &#8216;n AWB vlag bedek, aangeskakel het om die lied De La Rey te speel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die woorde &#8220;Die boer is hier om te bly&#8221; is op plakkate met die ou Suid-Afrikaanse vlag vertoon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons wil geregtigheid h\u00ea,&#8221; het &#8216;n ander gelees met Eugene Terre&#8217;Blanche se gesig daarop afgedruk. Hulle was huiwerig om met die media te praat&nbsp;en het net skouerophalend op vrae gereageer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Plaaswerker Chris Mahlangu, wat daarvan beskuldig word dat hy die AWB-leier op 3 April verlede jaar in sy Noordwes-plaashuis oor &#8216;n o\u00ebnskynlike loongeskil doodgeslaan het, het ontspanne gelyk in die hofsaal. Hy verskyn saam met &#8216;n tiener wie se naam nie genoem mag word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 besluit is geneem in weerwil daarvan dat die Skielik-skieter, Johan Nel, ook minderjarig was tydens die aanval in 2008 waarin 4 swartmense gedood is. Nel se aansoek om app\u00e8l is intussen ook afgekeur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terre&#8217;Blanche se moordenaars&nbsp;het in Mei verlede jaar in die hof verskyn. Mahlangu se eerste prokureur, Puna Moroko, het vroe\u00ebr onttrek weens die gebrek aan befondsing van Regshulp SA.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na aanleiding van Moroko se onttrekking, het Regshulp SA Advokaat Khomotso Tlouana aangestel om&nbsp;Mahlangu te verteenwoordig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die saak is toe vertraag omdat Tlouana tyd nodig gehad het om homself vertroud te maak met die gebeure.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terre&#8217;Blanche se broer Andries was nie be\u00efndruk met die vertragings nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ook gekla oor Mahlangu se houding.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Jy kan sien hy lag. Hy is &#8216;n held.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Aan die einde van die dag sal hy die straf wat hy verdien kry,&#8221; het &#8216;n emosionele Andries ges\u00ea, wat &#8216;n gordel met &#8216;n AWB-kenteken op die gespe gedra het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die saak duur voort.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/khar.gp.gov.ua\/ua\/info.html?_m=publications&#038;_t=rec&#038;id=147165\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die moordverhoor van die twee mans wat beskuldig word van die moord op Eugene Terre&#8217;Blanche in Ventersdorp is deur &#8216;n groep AWB-ondersteuners in kakieklere bygewoon wat buite die hof gewag het. Omtrent ses polisievoertuie was reeds vroegoggend buite die hof geparkeer, terwyl die klein groepie AWB-ondersteuners hulleself oorkant die straat onder &#8216;n gazebo tuisgemaak het. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11222\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;AWB wag, moordenaar lag&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-11222","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11222","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11222"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11222\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11222"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11222"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11222"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}