{"id":11220,"date":"2011-10-10T09:10:44","date_gmt":"2011-10-10T09:10:44","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11220"},"modified":"2011-10-10T09:10:44","modified_gmt":"2011-10-10T09:10:44","slug":"anglikane-skerm-vir-skeuring-in-zim","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11220","title":{"rendered":"Anglikane skerm vir skeuring in Zim"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Rowan  Williams, die geestelike leier van die w\u00eareld se Anglikane, het in die  City Sports Centre van Harare, Zimabawe, duisende mense in die stadion toegespreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Williams is in Suidelike Afrika om skadebeheer toe te pas. Zimbabwe  is die mees omstrede stop op Williams se drie-nasie-Afrikatoer,  waar die nasionale politieke probleme die Anglikaanse  Kerk verswelg.<\/p>\n<p>Aartsbiskop  Albert Chama, saam met die biskoppe van die naburige Botswana en  Suid-Afrika was saam om solidariteit met die wit leier te toon.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die geskorste  biskop Nolbert Kunonga, &#8216;n vurige ondersteuner van president Robert Mugabe,  het beslag gel\u00ea op al die kerk se eiendom in Harare en 3800  eiendomme in Zimbabwe en naburige lande vir homself gevat. <\/p>\n<p>Sy  ondersteuners het al die Anglikane wat nie wou saamgaan met sy plan nie uit  kerke, skole, klinieke en  weeshuise van die kerk verjaag. <\/p>\n<p>Kunonga  het geweier om Williams te sien en aan Al-Jazeera ges\u00ea: &#8220;Hy is  irrelevant. Hy is verantwoordelik vir die verdeling van die Anglikaanse  gemeente die w\u00eareld oor en ons voel die rimpels en die impak van daardie ding wat hy geskep het.&#8221; <\/p>\n<p>Vir weke het Williams gepoog om &#8216;n vergadering met Mugabe,&#8217; n Rooms-Katoliek, te re\u00ebl om die verdeling te bespreek. Hy het nog geen duidelike antwoord teen Sondag ontvang nie. <\/p>\n<p>Mugabe  se woordvoerder George Charamba het aan die staatsbeheerde Sunday Mail koerant ges\u00ea as die twee mans ontmoet, sal die 87-jarige president Williams uitdaag oor gays  en sanksies. <\/p>\n<p>&#8220;In beginsel, sal hy wil weet hoekom die Kerk van die Britse regering, die  Anglikaanse Kerk, stilgebly het, terwyl die mense van Zimbabwe,  en hierdie mense sluit Anglikane in, ly as gevolg van die onwettige  sanksies,&#8221; het Charamba ges\u00ea. <\/p>\n<p>&#8220;Die  tweede probleem wat die president wil h\u00ea dat hierdie man van God moet verduidelik, is hoekom sy Anglikaanse Kerk dink homoseksualiteit is goed  vir ons en waarom moet dit vir ons voorgeskryf word. <\/p>\n<p>&#8220;Hy  dink die aartsbiskop sal beleefd genoeg wees om vir hom te wys waar is die gedeeltes van die Groot Boek (wat) homoseksualiteit en  sanksies goedkeur.&#8221; <\/p>\n<p>Mugabe  en lede van sy binnekring, insluitend Kunonga, is onder &#8216;n reisverbod  en hulle bates is bevries deur Brittanje en ander Westerse lande as gevolg  van &#8216;n dekade van geweld en gebrekkige verkiesings. <\/p>\n<p>Mugabe is bekend vir sy anti-gay houding en het gays en lesbi\u00ebrs beskryf as &#8220;erger as varke en honde&#8221;. <\/p>\n<p>Williams  het gesukkel om eenheid in die Anglikaanse gemeenskap in stand te hou  te midde van verskille oor vroulike biskoppe in  Brittanje, en openlike gay biskoppe in die Verenigde State. <\/p>\n<p>Die  Kerk van Engeland het in Julie ges\u00ea sy benadering sal hersien word omdat die kwessie gedreig om  die kerk te skeur &#8211; veral in Afrika waar die baie leiers meer konserwatief as hul Europese eweknie\u00eb is.<\/p><\/div>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/declacar.com.ua\/persons\/%D0%A4%D1%96%D0%BB%D1%8C%D1%87%D0%B0%D0%BA%D0%BE%D0%B2_%D0%9E%D0%BB%D0%B5%D0%BA%D1%81%D0%B0%D0%BD%D0%B4%D1%80_%D0%92%D0%B0%D1%81%D0%B8%D0%BB%D1%8C%D0%BE%D0%B2%D0%B8%D1%87-490462\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Rowan Williams, die geestelike leier van die w\u00eareld se Anglikane, het in die City Sports Centre van Harare, Zimabawe, duisende mense in die stadion toegespreek. Williams is in Suidelike Afrika om skadebeheer toe te pas. Zimbabwe is die mees omstrede stop op Williams se drie-nasie-Afrikatoer, waar die nasionale politieke probleme die Anglikaanse Kerk verswelg. Aartsbiskop &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11220\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Anglikane skerm vir skeuring in Zim&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-11220","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11220","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11220"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11220\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11220"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11220"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11220"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}