{"id":11185,"date":"2011-10-05T05:58:49","date_gmt":"2011-10-05T05:58:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11185"},"modified":"2011-10-05T05:58:49","modified_gmt":"2011-10-05T05:58:49","slug":"was-god-ooit-lief-vir-die-afrikanervolk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11185","title":{"rendered":"Was God ooit lief vir die Afrikanervolk?"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">In die voortdurende debat oor &#8216;n volkstaat vir die Afrikanervolk of dan enige vorm van beheer oor eie sake,  is dit baie duidelik dat &#8216;n groot persentasie Afrikaners glo dat die volk &#8216;n uitverkore volk van God is \u2013 eintlik di\u00e9 uitverkore volk.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sieninge wissel van die gematigde oortuiging dat God (sien nota hieronder) oor die lotgevalle van mense en volkere beskik en in die verlede dikwels tot die Afrikanervolk se hulp, selfs redding, gekom het en dat dit slegs afvalligheid van volksgenote is wat ons in die huidige ellendige posisie geplaas het, deur minder gematigde sieninge dat God op een of ander wyse gaan ingryp en die Afrikaner weer in sy eie land en onder sy eie regering gaan vestig, tot by die verwronge en misplaaste oortuigings van sekere groepe soos die Israel-Visie\/Israel-Waarheid dat die Afrikaner die verlore stam van God se uitverkore volk is en binnekort weer in volle eer en aansien dwarsdeur die w\u00eareld herstel sal word deur een of ander wonderbaarlike ingryping van &#8220;Bo&#8221;. (Nota: Aangesien hierdie ontleding uit die &#8220;oogpunt&#8221; van Christene gedoen word, word God en verwante terme in hoofletters geskryf.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is natuurlik verskillende sieninge en graadverskille binne hierdie bre\u00eb kwasstreep, maar ten grondslag van almal l\u00ea die oortuiging dat God &#8216;n spesiale liefde vir die Afrikaner het, in die verlede na hom omgesien het en dit weer sal doen, sonder dat daar nou in enige besonderhede oor die hoe, die waar en die wanneer hiervan ingegaan word.<\/p>\n<p><div style=\"text-align: justify;\">Hoe sterk hierdie sieninge is, blyk onder meer uit &#8216;n besluit van die &#8220;volksvergadering&#8221; wat teen die einde van 2009 gehou is. Ek plaas die woord &#8220;volksvergadering&#8221; liefs in aanhalingstekens want daar was &#8216;n skrale 400 mense daar teenwoordig. Hoe dit ook al sy, is daar in &#8216;n verklaring oor besluite wat geneem is, onder meer die volgende gestel:<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dat die toekomstige staatsmodel van die vrye Geloftevolk, Skrifgefundeerd (op Bybel gegrond) moet wees;<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Dat die nakoming van die Volksgeloftes &#8216;n Teokratiese staatsmodel vereis;<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Dat die vergadering deurgaans die Geloftevolk se volle afhanklikheid van ons Hemelse Vader erken en Hom eer vir die ordelike verloop van die volksvergadering.&#8221;<\/div>\n<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sterk menings wat waarskynlik slegs deur enkeles bevraagteken sal word en as bevestiging gesien moet word van die stelling dat Afrikaners glo dat God al die jare lief was vir hierdie volk, en steeds is.<\/p>\n<p><div style=\"text-align: justify;\">Maar is dit waar? Is dit &#8216;n geldige oortuiging of afleiding uit enkele gebeure in die geskiedenis dat God wel &#8216;n besondere en spesiale liefde vir hierdie volk het?<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Heelwat mense sal hoogsontsteld op bloot die stel van hierdie vraag reageer, maar ek het besluit &#8216;n mens moet dieper delf en dalk met &#8216;n meer skeptiese oog na gebeure in die geskiedenis kyk en toe ek dit begin doen, duik daar &#8216;n paar gevolgtrekkings op wat heelwat mense kan skok.<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">As ek die dinge so bekyk dan het hierdie Afrikanergod die volk wat hom so loof en aanbid reeds die afgelope 200 jaar keer op keer gelooi, &#8216;n paar keer byna vernietig en die Afrikanervolk nou in &#8216;n situasie laat beland waaruit hy nie sommer weer gaan verrys nie en binne &#8216;n geslag of drie geheel en al kan verdwyn!<\/div>\n<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek is maar &#8216;n bietjie lugtig om hierdie idees en gevolgtrekkings in die openbaar te lug want ek is &#8216;n &#8220;andersdenkende&#8221; Afrikaner wat verskeie kere reeds in die openbaar te kenne gegee het dat ek geen aanduiding of &#8220;bewys&#8221; sien van &#8216;n godheid nie en baie beslis nie van &#8216;n beskikkende god nie. Daar sal gou vanuit talle kante op my gespring word en aangevoer word dat ek as &#8220;ongelowige&#8221; nie die reg het om oor God en die Afrikaner menings te lug nie en dat ek nie &#8216;n Afrikaner kan wees as ek nie in die God van die Bybel glo nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat natuurlik pure twak is want daar was deur die dekades groot Afrikanerleiers en meningsvormers, skrywers en digters en andere wat eintlik net lippetaal aan die Afrikaner se sterk godsdienssin betuig het en daar is steeds baie mense wat hulself as Afrikaners (ek bedoel volbloed lede van die volk, nie hierdie sogenaamde &#8220;afrikaanses&#8221; nie) beskou en ate\u00efste, agnostici, Sabbatari\u00ebrs, Baptiste, Jehovas, ja selfs Katolieke en Boeddhiste is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is natuurlik waar dat die oorgrote meerderheid Afrikaners Bybelchristene is. Sommige miskien nie so intens en dogmaties nie, maar tog diepgelowig en sterk belydend. Maar &#8216;n volk is nie &#8216;n kerk of &#8216;n godsdienstige beweging nie. Dis &#8216;n groep mense wat deur afkoms, kultuur, saamhorigheid, taal, gedeelde waardes en maatskaplike samesyn in &#8216;n politieke bestel saamgesnoer en verbind word, dikwels oor godsdienstige grense heen, soos die Duitsers, Hollanders, Franse en verskeie ander.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En miskien is juis iemand soos ek wat as&#8217;t ware van &#8220;buite&#8221; kan kyk, die aangewese een om na hierdie verhouding tussen die Afrikaner en sy God te kyk.  Ek kan dit neutraal en onbevange doen want ek is nie bang vir &#8220;goddelike straf&#8221; of so iets as ek ongemaklike vrae stel nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om God se rol in daardie geskiedenis behoorlik te bekyk, is dit natuurlik nodig om van die Christen-standpunt uit te gaan dat God Almagtig, Alwetend en Alomteenwoordig is en dat Hy oor alle volkere en mense se toekoms beskik en bepaal, dat daar niks gebeur wat nie Sy maaksel of Sy wens is nie. Daar sal mense wees wat die &#8220;duiwel&#8221; en sy werkinge hier wil insleep, maar aangesien dit bitter moeilik is om van enige gebeure te bepaal of dit dan God of die &#8220;duiwel&#8221; se werk is, benader ek die probleem vanuit die Christelike standpunt dat God uiteindelik ten volle in beheer is.  Argumentshalwe sal ek my betoog dienooreenkomstig inklee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">WAAR BEGIN DIT?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om &#8216;n antwoord op my vraag te kry, moet &#8216;n mens eintlik teruggaan na die ontstaan van die Afrikanervolk en die hoogtepunte van sy geskiedenis. En dan die plusse en die minusse vergelyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons begin dan met &#8216;n Godsbeskikking om Holland te laat besluit om &#8216;n halfwegstasie aan die Suidpunt van Afrika te vestig sodat hy sy kolonies en handelsbande in die Ooste meer toeganklik kan maak.  Van toe af \u2013 en natuurlik eintlik reeds met die &#8220;skepping&#8221; &#8211; het God geweet wat die verloop van die verdere geskiedenis gaan wees en hoe en wat Afrika is en gaan lyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Binne enkele jare na Van Riebeeck se landing aan die Kaap het God toegesien dat die eerste Vryburgers hier gevestig word en daarmee het Hy as&#8217;t ware die Afrikanervolk geskep. Die groei van die nuwe volk was aanvanklik stadig en &#8216;n mens kan eintlik argumenteer dat die nuwe volk se karakter en inslag eers behoorlik daargestel is toe daar rondom 1750 boere aan die Oosgrens begin vestig het. Die Afrikanervolk het in daardie dae gedy en selfs floreer, maar slegs drie, vier dekades later laat God toe dat Napoleon Europa oorrompel en die tanende Hollanders roep die Engelse se hulp in om die Kaapse verversingstasie te beskerm.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Mens kan natuurlik heerlik bespiegel oor die moontlike verloop van die geskiedenis indien God wel toegelaat het dat die Franse die Kaap oorneem en &#8216;n kolonie met &#8216;n sterk Franse invloed hier laat ontstaan het.  Dit sou baie beslis anders gewees het as wat dit onder die Engelse verloop het! Ek dink dit sou uiteindelik baie beter vir ons Afrikaners gewees het as ons een van Frankryk se Afrika-kolonies was, maar dis blote spekulasie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die intrapslag in 1795 was daar reeds aanduidings dat die Engelse die situasie hier na hulle sin gaan verander. In 1803 gee die Engelse egter pad en die &#8220;Kaap is weer Hollands&#8221;, maar &#8216;n skrale drie jaar later besluit God dat dit Hom nie behaag nie en die Engelse vat weer oor. Die nuwe en permanente heersers begin aktief met &#8216;n onverbiddelike proses van verengelsing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">God het die jong Afrikanervolk daarna voor talle uitdagings en bedreigings te staan gebring \u2013 veral op die Oosgrens. Maar hulle was &#8216;n taai klompie en selfs die Engelse poging om hulle te oorrompel deur duisende setlaars die land in te bring, het nie gewerk nie. Maar God het Sy sendelinge gou gestuur om die w\u00eareld nog moeiliker vir die Afrikanerboere te maak en binne enkele jare het die Boere begin trek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nogal interessant die rol wat God se sendelinge in die Afrikaner se geskiedenis gespeel het. Hulle was nie net in die Oos-Kaap v\u00f3\u00f3r die trek nie, maar reeds by Dingaan se stat, by Mosjesj in Thaba Bosigo en selfs by Mzilikazi in die verre noorde van die ou Transvaal gevestig toe die Boere daar aankom. Synde die verspreiders van Godswoord, kan &#8216;n mens hulle anders sien as God se instrumente?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Getrou aan hulle geloof en ingesteldheid het die Voortrekkers nie grond geroof en gesteel nie, maar so ver as wat hulle getrek het, ooreenkomste met swart regeerders aangegaan en selfs grond gekoop of by wyse van teenprestasie bekom \u2013 soos die grond suid van die Tugela wat hulle van Dingaan gekry het in ruil vir &#8216;n strafekspedisie teen Sekonjella wat Dingaan se beeste gesteel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar God het onrus en vrees in Dingaan se hart gestook en toe Piet Retief en sy sowat 70 manne hul traktaat kom haal het, laat hy hulle doodslaan en hy stuur sy impi&#8217;s om soveel soos 200 Voortrekkers by Weenen en Blaauwkrans koelbloedig om die lewe te bring. Dit was so hittete of hierdie groepie Afrikaners in Natal is totaal uitgewis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek wonder al baie jare, maar kon nog nooit duidelikheid hieroor in geskiedenisboeke kry nie, presies wat die rol van die Engelse sendelinge was wat in Dingaan se kraal was? Het hulle nie geweet van Dingaan se planne nie? Het hulle nie dalk &#8216;n rol gespeel in die skep van sy suspisies en vrees vir die Voortrekkers nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Piet Uys het gesneuwel toe hy en Potgieter kort daarna by Italeni deur die Zoeloes op die vlug geslaan is en &#8216;n Zoeloe-aanval is in Augustus van 1838 by Veglaer afgeslaan voordat die oorwinning oor Dingaan by Bloedrivier behaal is. Die gelofte wat daar afgel\u00ea is, word vandag nog deur Afrikaners in ere gehou want hulle sien dit as &#8216;n Godsbeskikking dat &#8216;n paar honderd Voortrekkers teen derduisende Zoeloes oorwin het. Maar ek wonder dikwels hoekom was daar nie sulke geloftes by Veglaer en selfs anderkant die berge by Vegkop waar Mzilikazi verslaan is nie? Het die Voortrekkers daar geglo en besluit dat hulle sommer vanself, sonder God se hulp, kan klaarkom?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Voortrekker-staat in Natal het nie lank gehou nie. Kwalik drie jaar n\u00e1 Bloedrivier het die Engelse die hele Natal as Britse gebied verklaar en die Voortrekkers moes noodgedwonge weer padgee om weg te kom van Britse oorheersing. Hoekom, wonder &#8216;n mens, het God nie hier ingetree soos Hy dan by Bloedrivier sou gesorg het vir &#8216;n oorwinning nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wes van die Drakensberge het dit nie veel beter gegaan nie. Die Konvensies van Sandrivier en Bloemfontein was kwalik afgehandel en feitlik volle soewereiniteit aan die twee Boere-republieke gegee, toe laat God diamante in die Vrystaat ontdek en voor die Boere hul o\u00eb kon uitvee word die diamantvelde van hulle afgevat en by Kaapland ingesluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Britte het ook nie opgehou met hulle pogings om die Boererepublieke oor te vat nie en in 1877 word Transvaal deur Shepstone ge-annekseer. Dit het aanleiding gegee tot die Eerste Vryheidsoorlog en danksy die Slag van Majuba in 1881 is die Transvaalse Republiek weer in ere herstel. Dit was God se toedoen dat hulle daardie veldslag gewen het, het die Boere geglo en vandag nog word dit so gesien deur baie Afrikaners wat elke jaar daardie oorwinning gedenk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar &#8216;n mens moet wonder oor God se betrokkenheid of kantkiesery want skaars vyf jaar later beskik God dit so dat goud aan die Witwatersrand ontdek word. Rhodes en sy volksvreemdes neem die plek feitlik oor en kort daarna volg die Tweede Vryheidstryd met nie alleen &#8216;n neerlaag vir die Boere nie, maar met die uitmergelende verlies van 27 000 vrouens en kinders in Britse konsentrasiekampe. Het God dit so beskik? Hoe kon Hy &#8216;n &#8220;uitverkore&#8221; volk so straf en sy getalle so verskriklik uitdun?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar volg weer &#8216;n tydperk van herstel en groei en die Afrikanervolk verkry weer beheer oor homself met die Nasionale Party van Hertzog se oorwinnings by die stembus in 1924 en 1929. Maar laasgenoemde word nog gevier toe slaan die w\u00eareldwye depressie toe en ekonomiese probleme met onder meer die goudstandaard dwing dieselfde Hertzog om &#8216;n koalisie met Smuts en sy Engelse vriende aan te gaan, wat onder meer daartoe lei dat Suid-Afrika ondanks sterk Afrikaner-teenkanting, aan Engeland se kant in die Tweede W\u00eareldoorlog veg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is egter juis hierdie gebeure wat daardie groot Godsman en leier, D F Malan, in staat stel om die verkiesing van 1948 vir die Afrikanervolk te wen en gese\u00ebn met leiers soos Strijdom en Verwoerd gaan dit vir &#8216;n goeie klompie jare baie goed met ons volk. Dit is dan ook juis in hierdie jare dat daar in ootmoed teenoor God streng godsdienstige bepalings in wette ingeskryf word soos die bepalings teen Sabbatsontheiliging, nogal streng sensuur van boeke en rolprente en die sterk godsdienstige rol van politieke figure by Geloftedagvieringe, ensovoorts.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar ondanks hierdie toewyding van die volk, stuur God vir die Botha&#8217;s \u2013 PW en Pik \u2013 om sake weer lelik om te krap. En met behulp van weer eens &#8220;sendelinge en predikers&#8221;, maar hierdie keer Afrikaner-geestelikes soos Beyers Naude, W D Jonker, Johan Heyns en enkele ander wat steeds besig is om die Afrikaner te probeer ondermyn, word die Afrikaners se koppe geswaai en mee gemors totdat hulle in 1994 holus-bolus die bewind oor die land en dus oor hulself aan die swartes, die liberales en die kommuniste afgee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En nou \u2013 enkele jare later \u2013 staan ons weer voor yslike krisisse en uitdagings, maar hierdie keer, wil dit al hoe meer vir my en ander lyk, gaan die Afrikanervolk nie weer uit die as verrys en herleef nie. Dit lyk of hy die nekslag toegedien is en oor twee, drie geslagte totaal sal verdwyn met dalk net &#8216;n paar klein kolonies van &#8220;Afrikaners&#8221; in Australi\u00eb en Nieu-Seeland.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Desondanks sien die Afrikaners vandag weer kans om te beplan en te organiseer vir &#8216;n eie owerheid, ja selfs &#8216;n eie tuisland. Maar \u2013 onderneem die leiers van die volksvergadering \u2013 ons gaan in diepe ootmoed en dankbaarheid teenoor God &#8216;n teokrasie in so &#8216;n staat vestig waar &#8220;Sy Wil sal Geskied&#8221;!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Behalwe vir die onmiddellike vraag wat opduik WIE in die teokratiese staat hierdie &#8220;wil van God&#8221; gaan interpreteer, is dit haas ongelooflik dat daar in hierdie dag en eeu nog mense is wat sulke onsinnighede kan kwytraak. Dit laat jou knie\u00eb lam word van frustrasie en wanhoop omdat dit lyk of die Afrikaner nooit ooit uit hierdie agterlikheid kan ontwaak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit wil eerder voorkom of die verwarring en onsekerheid wat daar in Afrikanergeledere heers, net lei tot meer teruggryping na ekstreme godsdiensidees, na nog meer oproepe van &#8220;Terug na God (of Jesus of Jahwe)&#8221;, na vreemde groeperings soos die Suidlanders wat dikwels uitwyk na &#8220;die berge en die grotte&#8221; of diegene wat glo hele naweke op sekere hoogtes gaan sit en wag vir die wegraping.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is sonder twyfel aktiewe pogings deur verskeie individue om mense rondom hulle te skaar deur gebruik te maak van die Afrikaner se diepgesetelde godsdienssieninge. Ek kan nie help om soms te wonder of sommige van hierdie dinge nie maar net &#8216;n nuwe vorm van verkryging van mag en invloed oor mense is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En helaas is daar &#8216;n algehele onwilligheid om te wil insien dat om net jou hoop op goddelike ingryping te vestig in die geloof dat God die Afrikaner weer sal red soos &#8220;God die Afrikaner by Bloedrivier en elders gered het&#8221; (om die VVK se voorwaarde vir Afrikanerskap aan te haal) nie alleen misplaas is nie, maar dit uit hierdie ontleding sekerlik duidelik moet wees dat &#8220;God&#8221; &#8211; indien hy dan wel bestaan &#8211; nog nooit aan die Afrikaner se kant was nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is onder meer in die hoop dat hierdie uiteensetting &#8216;n mate van realisme sal bring, dat ek dit durf waag het om hierdie gedagtes op skrif te stel. Maar as ek so na die dinge kyk dan twyfel ek of dit wel gaan gebeur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar ek weet, sonder die geringste twyfel daaroor, dat die Afrikaner vir sy toekoms net op homself aangewese is en hy sal, dalk teen die wil en dank van baie, moet begin besef dat hy eerder self moet beplan en doen as om te hoop op enige bystand, laat staan nog wonderbaarlike ingryping, deur enige godheid. Daar gaan vorentoe nie meer enige plusse wees nie &#8211; net minusse.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/18\/180080.html\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die voortdurende debat oor &#8216;n volkstaat vir die Afrikanervolk of dan enige vorm van beheer oor eie sake, is dit baie duidelik dat &#8216;n groot persentasie Afrikaners glo dat die volk &#8216;n uitverkore volk van God is \u2013 eintlik di\u00e9 uitverkore volk. Die sieninge wissel van die gematigde oortuiging dat God (sien nota hieronder) &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11185\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Was God ooit lief vir die Afrikanervolk?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-11185","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11185","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11185"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11185\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11185"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11185"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11185"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}