{"id":11175,"date":"2011-10-04T06:07:04","date_gmt":"2011-10-04T06:07:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11175"},"modified":"2011-10-04T06:07:04","modified_gmt":"2011-10-04T06:07:04","slug":"china-of-die-vsa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11175","title":{"rendered":"China of die VSA?"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die bepalende geopolitieke drama van die volgende eeu sal die stryd om mag en invloed tussen China en Amerika wees. Dat die opkomende stryd reeds ongemaklike keuses vir Asiatiese lande opdwing, is gewis. Hulle is tussen die twee globale reuse vasgevang.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Amerikaanse Senaat wil &#8216;n wetsontwerp wat voorsiening maak vir die oplegging van tariewe op Chinese goedere deursien, en di\u00e9 konfronterende stemming in die VSA is &#8216;n dilemma vir China se bure.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">China is nou die grootste handelsvennoot van Japan, Indi\u00eb, Australi\u00eb, Suid-Korea en die meeste lande in Suid-Oos Asi\u00eb. Maar hierdie lande het steeds belangrike milit\u00eare verhoudings met die VSA. Hoe lank kan hul ekonomiese en strategiese belange in verskillende rigtings trek?<\/p>\n<p><div style=\"text-align: justify;\">Nie vir lank nie, te oordeel aan &#8216;n redaksionele kommentaar in die People&#8217;s Daily verlede week. Die amptelike koerant van die Chinese Kommunistiese Party het uitgevaar teen &#8220;sekere lande&#8221; wat &#8220;dink so lank as wat hulle China kan uitbalanseer met die hulp van die Amerikaanse milit\u00eare mag, is hulle vry om te doen wat hulle wil&#8221;.<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">.<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die artikel is waarskynlik veroorsaak deur &#8216;n verklaring van Japan en die Filippyne. Die twee lande het belowe om vlootsamewerking &#8216;n hupstoot te gee en implisiet China se uitgebreide territoriale eise in die Suid-Sjinese See in geskil geplaas.<\/div>\n<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar China se waarskuwing kon ewe seer gemik gewees het op Vi\u00ebtnam, Indi\u00eb, Suid-Korea, Australi\u00eb of Taiwan. Almal het oor die afgelope jaar milit\u00eare bande met Amerika versterk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amerikaanse hegemonie in die Stille Oseaan kan uiteindelik onvolhoubaar wees. China sal waarskynlik die w\u00eareld se grootste ekonomie teen 2020 wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die Amerikaanse regering wat 40 sent van elke dollar dat hulle spandeer, leen, en China die grootste buitelandse koper van Amerikaanse skuld, is die Chinese indirek vir die befondsing van Amerikaanse milit\u00eare oorheersing van die Stille Oseaan verantwoordelik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs al versterk Amerika se bondgenote in die streek bande met die VSA, is hulle bekommerd dat Amerika se geldprobleme die land sal dwing om terug te skaal in die Stille Oseaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">China is ook besig met die opbou van sy eie milit\u00eare arsenaal. Amerikaanse beplanners wys op die ontwikkeling van &#8216;n nuwe reeks Chinese missiele wat die vliegdekskepe waarop Amerika sy milit\u00eare oorheersing in die Stille Oseaan baseer, direk bedreig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">China se bure is ook bekommerd oor die land se groeiende spierkrag &#8211; en sy gewilligheid om dit te gebruik. Oor die afgelope paar jaar het China se maritieme dispute met Vi\u00ebtnam en Japan &#8216;n nuwe bitterheid ingeslaan met botsings op die oop see, gevolg deur ewe bitter diplomatieke onderhandelinge.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Indi\u00ebrs s\u00ea China is meer selfgeldend oor sy aansprake op dele van die Indiese grondgebied en Suid-Korea is ook senuweeagtig oor China se verhouding met die Noorde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die donker vertolking van China se optrede is dat nasionalistiese kragte op die land inspeel. Die jonger generasie, wat geskool is om te glo dat China geviktimiseer word deur die res van die w\u00eareld is, want die land is swak, het invloed in Beijing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Ander interpretasie van Chinese optrede is dat die land se ekonomiese belange regoor die w\u00eareld dit onvermydelik maak dat China strenger sal wees in die handhawing van sy belange. Die honger Chinese ekonomie is afhanklik van ingevoerde energie &#8211; en kwesbaar vir &#8216;n see-blokkade.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar selfs hierdie betreklik gunstige interpretasie van China se optrede is nie heeltemal gerusstellend nie. Dit dui daarop dat China en die VSA toenemend geneig is om mekaar se optredes en alliansies as bedreigend te interpreteer. Hulle reageer op maniere wat dan die ander kant se persepsie van aggressie voed.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is &#8216;n patroon van groot kragte wat dalk &#8216;n klokkie vir studente van die 20ste eeu laat lui.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Miskien behoort president Obama volgende maand wanneer hy die Chinese ontmoet, &#8216;n uitstappie na Pearl Harbor te re\u00ebl om almal te herinner van die gevare van strategiese misrekening in die Stille Oseaan.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/04.09.2017\/kak_biznesu_vybrat_gruzoperevozchika_sovety_eksperta_po_kargo\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die bepalende geopolitieke drama van die volgende eeu sal die stryd om mag en invloed tussen China en Amerika wees. Dat die opkomende stryd reeds ongemaklike keuses vir Asiatiese lande opdwing, is gewis. Hulle is tussen die twee globale reuse vasgevang. Die Amerikaanse Senaat wil &#8216;n wetsontwerp wat voorsiening maak vir die oplegging van tariewe &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11175\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;China of die VSA?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-11175","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11175","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11175"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11175\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11175"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11175"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11175"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}