{"id":11162,"date":"2011-10-03T05:32:54","date_gmt":"2011-10-03T05:32:54","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11162"},"modified":"2011-10-03T05:32:54","modified_gmt":"2011-10-03T05:32:54","slug":"die-republiek-natalia","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11162","title":{"rendered":"Die Republiek Natalia"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Vlag van die Republiek Natalia\" alt=\"Vlag van die Republiek Natalia\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/10\/republieknatalia_vlag.png\" width=\"251\" \/>Vol hoop het die trekkers hul eie staat begin opbou. In 1839 is &#8216;n  grondwet geskryf; mans bo 21 jaar kon stem vir die Volksraad van 24  lede. Die Gelofte van Desember 1838 is nie algemeen nagekom nie. Wel het  ds. Erasmus Smit elke jaar &#8216;n dank- en biddag in Pietermaritzburg  gehou, terwyl ook Sarel Cilliers en sy familie dit gedoen het. In 1839  is geld begin kollekteer vir die Geloftekerk in Pietermaritzburg wat in  1841 voltooi is. Ook Vrystaters, Kolonialers en Engelse het bygedra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Natallers was baie bly toe &#8216;n Nederlandse skip, die Brazili\u00eb,  Port Natal op 24 Maart 1842 met handelsware besoek. Vir hulle was dit &#8216;n  teken dat Nederland nog in hulle belang stel, en het selfs met J.A.  Smellekamp, verteenwoordiger van &#8216;n Nederlandse firma, &#8216;n ooreenkoms  gesluit waarvolgens Natal onder beskerming van Nederland sou staan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So &#8216;n verdrag was waardeloos, want Smellekamp was geen  verteenwoordiger van Nederland nie. Erger nog is dat die besoek die  Britte agterdogtig gemaak het. Die verhouding tussen Engeland en  Frankryk was nie te goed nie en Engeland het verneem dat Frankryk  vlootbasisse op verskeie plekke beoog, ook in Oos-Afrika. Was die  Brazili\u00eb dalk &#8216;n Franse wolf in Nederlandse skaapsklere? Daar is  &#8220;ontdek&#8221; dat Smellekamp met Frankryk in verbinding was. Die Britse  minister van kolonies, lord John Russell, het besluit om Natal te  annekseer en sir George Napier, Kaapse goewerneur, daarvan verwittig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir Napier was dit goeie nuus, want hy was lank besig om sy regering  tot anneksasie te probeer oorhaal. Hy het &#8216;n meer mensliewende  voorwendsel gebruik. In 1840 is vee van die trekkers gesteel. Pretorius  het n\u00e1 &#8216;n straftog teen &#8216;n stammetjie &#8216;n klompie vee van die stamlede  geneem. Sendelinge het by die Kaapse owerheid gekla. Daarop het Napier  &#8216;n mag onder kaptein T.C. Smith na Pondoland gestuur om oor die belange  van die swartes te waak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Bykomende probleem was dat baie ander swartes die land ingestroom  het nadat die Zoeloemag gebreek is. Toe die Volksraad in 1841 besluit  om van hulle te verskuif na &#8216;n gebied in Pondoland, het Napier vir Smith  beveel om Port Natal te beset. Smith het naby Port Natal kamp  opgeslaan. Laat die aand van 23 Mei 1842 het hy met 138 manne en twee  kanonne sy kamp verlaat om die trekkers aan te val by hul kamp by  Congella, sowat 8 kilometer daarvandaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sou lei tot die eerste gewapende botsing tussen Boer en Brit n\u00e1  1806. Die mars was langs die strand, en daar was alle kans op sukses. &#8216;n  Paar ou mans het in die bosse naby die strand wag gehou. Terwyl hulle  sit en rook en saggies gesels, het een van hulle \u2019n geraas gehoor, en  dit het geblyk dis van \u2019n kanonwiel. Gou gewaar hulle dis die Engelse.  Die oues het gelyk met hul voorlaaiers geskiet en volslae verwarring  geskep. N\u00e1 \u2018n geveg moes die Engelse vlug en vyftig dooies en gewondes  agterlaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Smith het Dick King, &#8216;n jong Port Nataller, na Grahamstad gestuur om  hulp te ontbied. Hy het op &#8216;n donker nag, sonder maanlig, deur die  omsingeling gebreek. In &#8216;n epiese tog met twee ryperde en &#8216;n Zoeloe as  gids het hy in tien dae meer as 1000 kilometer na Grahamstad te perd  deur Xhosagebied afgel\u00ea.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63384-harkov-v-cifrah-i-delah.html\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vol hoop het die trekkers hul eie staat begin opbou. In 1839 is &#8216;n grondwet geskryf; mans bo 21 jaar kon stem vir die Volksraad van 24 lede. Die Gelofte van Desember 1838 is nie algemeen nagekom nie. Wel het ds. Erasmus Smit elke jaar &#8216;n dank- en biddag in Pietermaritzburg gehou, terwyl ook Sarel [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11161,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[124],"tags":[],"class_list":["post-11162","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c116-geskiedenis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11162","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11162"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11162\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11161"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11162"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11162"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11162"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}