{"id":11156,"date":"2011-09-30T13:31:19","date_gmt":"2011-09-30T13:31:19","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11156"},"modified":"2011-09-30T13:31:19","modified_gmt":"2011-09-30T13:31:19","slug":"die-ruwe-gids-tot-afrikaners","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11156","title":{"rendered":"Die Ruwe Gids tot Afrikaners"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Ons word telkens gekonfronteer met  verwarde siele in wie se deurmekaar koppies \u2018n storm van eksistensi\u00eble angs  woed. Dikwels doseer sulke verwardes op Stalinbos, of skryf hulle vir een van  Naspers se publikasies. Die kenmerk van hierdie angs is die&nbsp;kwelvraag:  \u201cWat is \u2018n Afrikaner?\u201d, wat dan gewoonlik een of ander linkse politieke motief  het en daarom meestal retories is. Onafwendbaar lei die verwarde se  deurmekaargeit hom om die standaard-clich\u00e9 te besig: \u201cEk is nie \u2018n Afrikaner  nie, maar \u2018n Suid-Afrikaner.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nuutste voorbeeld van s\u00f3 \u2018n  verwarde individu is Adriaan Basson, adjunkredakteur van die City Press, wat na  die tipiese fatsoen van die kruiperige meeprater, hom genoodsaak gevoel het om  sy Afrikanerskap te probeer ontken en te verruil vir \u2018n soort  re\u00ebnboogwensdenkery. Helaas vir Basson weet selfs die leier van die ANCYL baie  goed wat &#8216;n Afrikaner is, en gaan Basson se kruiperigheid hom nie juis veel in  die sak bring nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Buitelander wat nie vertroud is  met Afrikaners nie, kan&nbsp;egter moontlik sukkel om ons te herken. Baie van  ons ken die <em>Rough Guide<\/em>-reisgidse wat mens in jou rugsak ronddra oorsee. Vir  diegene wat besoekers aan die land is, en wat deur die verwardes  mislei word, bied ek dus die Ruwe Gids tot Afrikaners aan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kom ons kry die formele definisie  uit die pad uit: Afrikaners is Afrikaanssprekende inwoners van of emigrante uit  Suider-Afrika, wat nie volgens die ANC kwalifiseer as voorheen benadeeldes nie,  wat meestal Gereformeerde Christene is, en wat \u2018n Westerse kultuur aankleef. Ja,  heeltemal reg: Afrikaners is blankes. Wie blankes sou wees en wie ni\u00e9, weet  slegs die ANC amptelik, want sy rassistiese praktyke soos regstellende aksie is  uit en uit op ras geskoei.&nbsp;Bou dus \u2018n brug en kom daaroor as jy links en  verward is: Afrikaners is witmense. Allan Boesak en Jonathan Jansen beskou  hulself immers beslis nie as Afrikaners nie, en wie is ons om met sulke  hooggeleerdes en&nbsp;kreatiewe aanwenders&nbsp;van donateurfondse te  stry?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bostaande help egter nie eintlik om  my te onderskei van die res van die Europe\u00ebrs as ek s\u00ea maar in Frankryk rondloop  nie. Die winkeleienaars begin dus gesprekke met my in Frans as ek daar is,  totdat ek hulle in Frans probeer groet, waarn\u00e1 hulle  dadelik oorslaan na Engels. Hoe eien mens dus \u2018n Afrikaner wat jy iewers op  straat sien, buiten natuurlik in Menlynpark se winkelsentrum? Hier is \u2018n paar  riglyne vir besoekers uit die buiteland of vir inwoners van ander lande met \u2018n  bevolking van Afrikanerimmigrante om Afrikaners te kan  eien:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is iets van die plaas en die  wildernis in elke Afrikaner, al woon hy in Sandton of selfs Upminster. Die besit  van \u2018n viertrekbakkie is \u2018n goeie aanduiding dat die bestuurder \u2018n Afrikaner  is. \u2018n Veldfokus-hempie, rugbybroekie, Hi-Tec-stewels en lang kouse plaas die  identifikasie bo enige&nbsp;twyfel. Ook fantaseer byna elke Afrikaner daaroor om  eendag \u2018n plaas te besit, en kry die boere op die Kyknet-program Boer Soek \u2018n  Vrou&nbsp;daarom hordes briewe van vrouens wat daaroor droom om met \u2018n boer te  trou. Wys dus vir \u2018n persoon wat jy vermoed kan \u2018n Afrikaner wees \u2018n foto van \u2018n  trekker en \u2018n windpomp, en as hy droomverlore begin lyk, kan jy maar  w\u00e9\u00e9t.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Verdere sekere  teken dat die blanke persoon wat jy te\u00ebkom \u2018n Afrikaner is, is sy eetgewoontes,  veral sy voorliefde vir rooivleis. As Afrikaners groente wil eet, slag ons \u2018n  hoender. &nbsp;Die Afrikaner-emigrante  wat op die moddereilandjie woon, sug oor die koste van die rooivleis op daardie  eilandjie, en smag na die smaak van skaapboud afkomstig van diere wat  Karoobossies gevreet het. Sou jy as buitelander na \u2018n huis genooi word vir \u2018n  Sondagmiddagete, en die tannie gee vir jou industri\u00eble hoeveelhede rooivleis;  vark, bees en lam, vier verskillende tipes stysel, en dis net die voorgereg,  kuier jy in \u2018n Afrikanerhuis.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die stereotipe  van Afrikaners wat van brandewyn hou, is soos baie stereotipes nie sonder sy  feitelike grondslag nie. My pa was \u2018n Boeremusiekmusikant in sy jonger dae. Een  slag op toer vra een van die insittendes van die VW Kombi waarin hulle getoer  het: \u201cHoeveel brandewyn is nog oor?\u201d \u2018n Ander musikant bekyk die bottel en s\u00ea:  \u201cOmtrent drie myl!\u201d Dus: Brandewyn gemeng met Coca-Cola of water is \u2018n goeie  aanduiding. Ja, ja, ek weet; daar is ook die pretensieuse chardonnay-snobs wat  neersien op diegene wat brandewyn drink. Elke volk het maar  sulkes.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So van musikante  gepraat: Ek sal die eerste wees om toe te gee dat Afrikaners se musieksmaak  raaiselagtig is. Hoe swakker, hoe beter. Hoe meer van \u2018n gebrabbel soos  \u201cA-a-a!\u201d, \u201cDa-idi\u201d of swak paarrym: \u201cMy bokkie dra \u2018n rokkie en ons gaan  sokkie\u201d, hoe meer hou ons van die musiek. Op enkele uitsonderings na verkoop  diegene wat intelligente lirieke skryf in Afrikaans en die wysies nie steel by  Europese kunstenaars nie, bykans geen eksemplare van hulle musiek nie. As jy dus  op \u2018n konsert kom waar iemand jodel of \u2018n gatstamp-treffer speel, bevind jy jou  tussen Afrikaners.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan die sport. Sou jy na \u2018n  laerskoolwedstryd gaan waar twee skole se onder 11-kannetjies teen mekaar speel,  die een span wen 87-0, en die sport is sokker, kan jy maar seker wees dat die  skool wat so ver met sokker wen, \u2018n Engelse skool is, en die verloorders die  Afrikanerskool. Afrikaners hou nie juis van sokker nie, buiten vir \u2018n bietjie  opgewondenheid wat sommiges in 2010 beleef het toe die &#8220;Ari\u00ebr&#8221;, Diego  Forl\u00e1n, met  geweldige ironie die doel teen die pikswart Banana-span aangeteken het.  Afrikaners se sportpassie (of is dit obsessie?) is  rugby.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sal ook nuttig wees om \u2018n  aanduiding te gee wie ni\u00e9 Afrikaners  is nie. Die verwarde siele heel bo meen dat Afrikanerskap eintlik oop is vir  enige iemand, wat uiteraard \u2018n teenstrydigheid is, want dan kan ek seker ook  aanspraak maak daarop dat ek \u2018n Japannees is, nie waar nie? (Goed, dis nie  onmoontlik om my met &#8216;n Sumo-stoeier te verwar nie.)&nbsp;Afrikaners smeer nie  hulle gesigte swart en marsjeer dan in raserige optogte met Nuwejaar nie. Daar  is amper geen Afrikanermoslems nie. Jong Afrikanermans sal nie sommer die  Amerikaanse ghettokultuur hul eie maak en in motors met geweldige klankstelsels  stadig op en af ry om ander bendelede te intimideer nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Om op te som:  Tref jy as buitelander \u2018n blanke&nbsp;bestuurder van \u2018n viertrekbakkie, geklee  in \u2018n Veldfokushempie, aan met \u2018n glas brandewyn in die een hand, \u2018n  skaaptjoppie in die ander hand, wat na Guillaume se Grootste Treffers op sy  bakkie se klankstelsel luister, het jy die ware Jakob te\u00ebgekom.<\/div>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.malibuclub.info\/object\/profil-rukovoditelya-xarkovskoj-prokuraturi-filchakova-aleksandra\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons word telkens gekonfronteer met verwarde siele in wie se deurmekaar koppies \u2018n storm van eksistensi\u00eble angs woed. Dikwels doseer sulke verwardes op Stalinbos, of skryf hulle vir een van Naspers se publikasies. Die kenmerk van hierdie angs is die&nbsp;kwelvraag: \u201cWat is \u2018n Afrikaner?\u201d, wat dan gewoonlik een of ander linkse politieke motief het en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[],"class_list":["post-11156","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11156","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11156"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11156\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11156"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11156"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11156"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}