{"id":11153,"date":"2011-09-30T06:05:55","date_gmt":"2011-09-30T06:05:55","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11153"},"modified":"2011-09-30T06:05:55","modified_gmt":"2011-09-30T06:05:55","slug":"vsa-vrees-islam-se-invloed-in-libie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11153","title":{"rendered":"VSA vrees Islam se invloed in Libi\u00eb"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die stof het dalk gaan l\u00ea na ses maande van gevegte in Libi\u00eb, maar Amerikaanse amptenare het &#8216;n nuwe kopseer ontdek: Militante Moslems.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VSA het hulle pogings om sulke militantes wat &#8216;n bedreiging kan inhou in &#8216;n post-Gaddafi Libi\u00eb te identifiseer,&nbsp;verskerp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VSA se teenterrorisme- en intelligensie-agentskappe samel tans inligting in om die mag, die rol en aktiwiteite van aktiviste en faksies in Libi\u00eb te ondersoek het vier Amerikaanse amptenare ges\u00ea.&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gedurende die veldtog deur rebelle het die VSA en NAVO-amptenare vrese dat al-Kaida of ander militante groepe anti-Gaddafi magte sou infiltreer of oorneem tot voordeel van wanorde om &#8216;n vastrapplek in Libi\u00eb te vestig, as ongegrond afgemaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedertdien neem die verskerpte aanslag die topkundiges binne die Amerikaanse regering se aandag in beslag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is kommerwekkend dat terroriste gaan om voordeel te trek uit onstabiliteit,&#8221; het &#8216;n Amerikaanse amptenaar wat die probleem nougeset monitor, ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar is &#8216;n potensi\u00eble probleem,&#8221; s\u00ea nog &#8216;n Amerikaanse amptenaar, wat ges\u00ea het die Amerikaanse regering en Libi\u00eb se Nasionale Oorgangsraad bestudeer die probleem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kundiges in die Amerikaanse intelligensie-gemeenskap wy &#8220;aandag aan hierdie kwessie,&#8221; het &#8216;n derde Amerikaanse amptenaar ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amptenare het ges\u00ea dat terwyl die rebellie teen Gaddafi in volle swang was, was dit moeilik om intelligensie te versamel oor die rebelle. Maar nou dat Gaddafi se regime uitgeskop is, is die VSA en verwante agentskappe ontnugter oor die verwikkelinge.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bruce Riedel, &#8216;n voormalige senior CIA-ontleder wat president Barack Obama op die beleid in die streek adviseer, het ges\u00ea daar is besonder baie kommer dat die Islamitiese militantes Libi\u00eb kan gebruik as &#8216;n basis om hul invloed te versprei na die naburige lande soos Algeri\u00eb en gebiede soos die Sina\u00ef-skiereiland, waar Israel, Egipte en die Gazastrook se gemeenskaplike grense loop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar is &#8216;n groot bron van kommer dat die jihadi cadres nou van hul idees en wapens na die ooste en die weste gaan uitvoer,&#8221; het Riedel ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Riedel en die huidige Amerikaanse amptenare het ges\u00ea dat &#8216;n ho\u00eb prioriteit is of militante wapens van Gaddafi se groot arsenaal, veral oppervlak-tot-lug missiele wat teen die kommersi\u00eble vliegtuie gebruik word, kan verkry, of verkry het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die einde van Augustus, het die <em>Open Source Center<\/em>, &#8216;n Amerikaanse intelligensie-eenheid wat die openbare media, insluitende militante webwerwe monitor, berig dat &#8220;oor die laaste paar dae, is jihadiste op ekstremistiese webforums besig om te bepaal hoe om &#8216;n Islamitiese staat tot stand te bring&#8221; in die post-Gaddafi era.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Verenigde State en sy bondgenote wil &#8216;n herhaling van wat gebeur het in Afghanistan toe die Taliban en al-Kaida semi-permanente oefenkampe opgerig het, voorkom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geheime Britse intelligensie-l\u00eaers wat deur anti-Gaddafi faksies uit die kantore van Gaddafi se adviseurs geneem is, toon dat die Britte vermeende Libiese militantes in Brittanje sedert 2005 fyn dophou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommige Amerikaanse en Britse kundiges het ges\u00ea vandag se militantes het geen verband met ouer Britse groepe nie. Hulle vrees dat jong militantes wat teen Gaddafi geveg het, sal kwaad word as Libi\u00eb se nuwe regering gesien word as te naby aan die Weste.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/otlichnaya-tendentsiya-novyie-detskie-sadyi-otkryivayutsya-v-harkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die stof het dalk gaan l\u00ea na ses maande van gevegte in Libi\u00eb, maar Amerikaanse amptenare het &#8216;n nuwe kopseer ontdek: Militante Moslems. Die VSA het hulle pogings om sulke militantes wat &#8216;n bedreiging kan inhou in &#8216;n post-Gaddafi Libi\u00eb te identifiseer,&nbsp;verskerp. Die VSA se teenterrorisme- en intelligensie-agentskappe samel tans inligting in om die mag, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11153\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;VSA vrees Islam se invloed in Libi\u00eb&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-11153","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11153","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11153"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11153\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11153"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11153"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11153"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}