{"id":11152,"date":"2011-09-30T06:01:05","date_gmt":"2011-09-30T06:01:05","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11152"},"modified":"2011-09-30T06:01:05","modified_gmt":"2011-09-30T06:01:05","slug":"klag-teen-transnet-oor-wit-pensioene","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11152","title":{"rendered":"Klag teen Transnet oor wit pensioene"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die VF Plus het Woensdag &#8216;n kriminele klag in Pretoria teen Transnet en sy hoof uitvoerende beampte, mnr. Brian Molefe, gel\u00ea. Die klagte is gel\u00ea in terme van artikels 7(a) en 27(1) van die Wet op Magte, Privilegie en Immuniteite van die Parlement en Provinsiale Wetgewers 4 van 2004.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VF Plus en die Transnet-pensioenarisse veg reeds etlike jare vir &#8216;n billike pensioenbedeling. &#8216;n Pensioenbedeling wat, anders as nou, hulle jaarliks nie meer en meer sal verarm nie. Die Parlement het na openbare verhore opdrag gegee dat die twee fondse, naamlik die Transnet Tweede Vastevoordeel Fonds, (TTVVF) en die Transnet Pensioenfonds (TPF), met die bedrag van R1,9 miljard aangevul moet word ten einde te verseker dat verhogings en bonusse aan die verarmde Transnet-pensioenarisse betaal sal kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Brian Molefe, die hoof uitvoerende beampte van Transnet wat nou aangekla word, was deel van die besluit in die Parlement en het dit so aanvaar. Die besluit is later deur mnr. Molefe en Transnet ge\u00efgnoreer deur nie die opdrag, soos deur die Parlement bepaal, uit te voer nie. Volgens die VF Plus stel dit &#8216;n misdryf daar in terme van die Wet op Magte, Privilegie en Immuniteite van die Parlement en Provinsiale Wetgewers 4 van 2004.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ingevolge artikel 7(a) van hierdie Wet mag geen persoon onbehoorlik inmeng of inbreuk maak in die uitvoering van die Parlement of sy komitees se gesag en funksies nie. Artikel 27(1) stel dit dat sodanige optrede &#8216;n misdryf daarstel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, het Transnet, by monde van sy uitvoerende hoof die parlement\u00eare opdrag aanvaar en onderneem om dit na te kom. Ten spyte hiervan het die uitvoerende hoof later geweier dat die nodige fondse aan die TTVVF en TPF uitbetaal word. Die uitvoering van die besluit word verder vertraag deurdat mnr. Molefe nou &#8216;n komitee vra om ondersoek te doen oor hoe die befondsing kan plaasvind. Hierdie komitee gaan moontlik eers einde November sy verslag afhandel. Dit is &#8216;n jaar na die Parlement se ondersoek en ses maande na die parlementere opdrag om befondsing. Intussen is daar geen versekering dat enige iets vir die verarmende pensionarisse gaan verbeter nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Mnr. Molefe het blykbaar ook aangedui dat hy nie die uitgawe van R1,9 miljard op Transnet se balansstate wil reflekteer nie en dat die fondse se surplusse eerder gebruik moet word om die verhogings uit te betaal. Hy het selfs aangevoer dat die fondse meer aggressief bel\u00ea moet word. Dit is beslis nie &#8216;n werkswyse (modus operandi) wat vir pensioenfondse gebruik durf word nie. Hierdie optrede is tekenend van Transnet se ignorering van die parlement en moet as minagting vir die Parlement gesien word,&#8221; volgens Mulder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VF Plus ondersoek ook die moontlikheid van &#8216;n siviele aksie teen Transnet. Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlement\u00eare woordvoerder oor ekonomiese sake, moet daar &#8216;n harde en duidelike boodskap aan Transnet en die regering gestuur word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die situasie rakende die pensioenarisse is nou kritiek. Daarom is dit belangrik dat die regering hulle befondsingsprioriteite drasties moet verander om die pensioenarisse te red. Dit wil amper voorkom asof die regering en Transnet hierdie saak uitrek sodat meer pensioenarisse weens ouderdom en stres afsterf om so toe te laat dat die probleem hom as&#8217;t ware oor tyd self oplos. Dit is skokkend onaanvaarbaar en kan vergelyk word met president Mbeki se destydse weiering om te erken dat MIV wel VIGS veroorsaak. Deur mnr. Mbeki se berekende ignorering van die probleem het die  epidemie toegeneem, &#8221; het Alberts ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kombinasie van kriminele en siviele aksies behoort Transnet aan te spoor om sy prioriteite reg te kry en sy beloftes na te kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die grondslag van die kriminele klagte word soos volg uiteengesit (sien volledige besonderhede in die aangehegte klagstaat):<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00b7        Ingevolge die parlement\u00eare verslag van die komitee van openbare ondernemings, aanvaar op 2 November 2010, het die tesourie en Transnet deelgeneem aan die proses en besluit om die tersaaklike twee pensioenfondse met R1,9 miljard aan te vul en verhoogde betalings plus &#8216;n bonus aan die pensioenarisse te betaal (verslag op versoek beskikbaar). Die verslag en opdrag is uiteindelik deur die Speaker van die Parlement uitgereik;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00b7        Beide partye het in die verslag aangevoer dat die befondsing-oplossing bekostigbaar is;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00b7        In Mei 2011 het Transnet by monde van mnr. Brian Molefe die volle verantwoordelikheid oorgeneem om die R1,9 miljard in die fondse in te betaal en het die versekering en belofte gegee dat die parlement\u00eare komitee se opdrag uitgevoer sal word;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00b7        Op 10 Junie 2011 het Transnet se direksie vergader en besluit die fonds se surplus van meer as R3,2 miljard moet eerder gebruik word om die verhogings te betaal. Daar is egter later &#8216;n komitee gestig om opnuut na die befondsing te kyk, &#8216;n taak wat alreeds deur die parlement\u00eare portefeuljekomitee op openbare ondernemings gedoen is en die bevindings wat Transnet aanvaar het;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00b7        In September 2011 het die uitvoerende hoof van Transnet weereens aangedui dat die fondse nie deur Transnet aangevul sal word nie en dat die surplusse gebruik moet word. Hy het ook aanbeveel dat die fondse veel eerder &#8216;n aggressiewe beleggingsmetode gebruik ten einde enige tekorte aan te vul, &#8216;n modus operandi wat beslis nie gevolg word deur pensioenfondse in die algemeen nie;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00b7        Die gevolgtrekking uit bogenoemde gedrag is dat Transnet teruggaan op sy ooreenkoms teenoor die Parlement en daardeur inbreuk maak op die Parlement en die komitee se grondwetlike funksies en gesag.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/otzovikoff.ru\/object\/kompaniya-topcargo\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die VF Plus het Woensdag &#8216;n kriminele klag in Pretoria teen Transnet en sy hoof uitvoerende beampte, mnr. Brian Molefe, gel\u00ea. Die klagte is gel\u00ea in terme van artikels 7(a) en 27(1) van die Wet op Magte, Privilegie en Immuniteite van die Parlement en Provinsiale Wetgewers 4 van 2004. Die VF Plus en die Transnet-pensioenarisse &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11152\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Klag teen Transnet oor wit pensioene&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-11152","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11152","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11152"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11152\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11152"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11152"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11152"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}