{"id":11115,"date":"2011-09-23T04:45:32","date_gmt":"2011-09-23T04:45:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11115"},"modified":"2011-09-23T04:45:32","modified_gmt":"2011-09-23T04:45:32","slug":"media24-dra-by-tot-eenselwige-menings","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11115","title":{"rendered":"Media24 dra by tot &#8216;eenselwige menings&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Aanvalle op groot mediamaatskappye tydens &#8216;n parlement\u00eare indaba oor transformasie en diversiteit in die media is deur die ANC geloods. Suid-Afrika se vier groot drukmediamaatskappye, te wete Media24, Independent, Avusa en Caxton, is Donderdag kwaai geroskam. Die vier besit 88% van alle gedrukte sirkulasie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vier groepe is uitgesonder vir kritiek omdat hulle kleiner koerante uit die mark dwing en &#8216;n wyer mark se voorkeure miskyk, om hul eie nougesette blik op nuus te bevorder.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die Mededingingskommissie se Hardin Ratshisusu het aan die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie ges\u00ea hy sal &#8216;n geval van beweerde &#8220;roofpryse&#8221; teen Media24 verwys na die Mededingingstribunaal.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Roofpryse verwys na gevalle waar groot koerante advertensie-pryse onder kosprys aanbied, sodat hulle adverteerders kan weglok van die kleiner koerante, het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Veral prof. Jane Duncan van Rhodes-universiteit het namens die Right2Know-veldtog vir Media24 uitgesonder vir kritiek. Prof. Jakes Gerwel, voorsitter van Media24 se raad, me. Esmar\u00e9 Weideman, uitvoerende hoofbeampte, en mnr. Ashoek Adhikari, hoof van Media24 se regsdienste het verbluf gesit en luister na die aanval.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gerwel en Weideman is albei bekend vir hulle toewyding aan transformasie in Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Duncan het voorheen reeds verklaar dat &#8220;daar baie demokrate is wat veg teen die opkoms van outorit\u00eare neigings in die party en in die regering in die algemeen, en hulle moet ondersteun word. Hierdie stryd is dikwels bitter, eensaam en selfs gevaarlik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die gevaar vir Suid-Afrika as &#8216;n geheel alhoewel, is dat die huidige idee [van mediabeheer] in die ANC se denke prominensie verkry, met die opkoms van China as &#8216;n w\u00eareldmag en die globale verskuiwing na outorit\u00eare regering, sowel as die groeiende mag van die sekurokrate in die regering, beide in lande soos die VSA en die Verenigde Koninkryk, en toenemend in Suid-Afrika.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Duncan het ges\u00ea omdat die gedrukte media &#8220;&#8216;n hoeksteen vir demokrasie vorm, moet transformasie in die media kalm bespreek word&#8221;. Kennelik beskou Duncan Media24 &#8216;n instelling wat nog getransformeer moet word ten bate van demokrasie, omdat 40% van alle koerante wat in Suid-Afrika verkoop word, Media24-koerante is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy meen dit is gevaarlik dat di\u00e9 groep die mark oorheers omdat verskillende menings deur &#8216;n eenselwigheid van nuusbeleid uitgedoof word. Sy het ges\u00ea die konsentrasie bevoordeel &#8216;n klein elite ten koste van die openbare belang omdat kommersiele belange vooropgestel word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In verwysing van die DA het sy ges\u00ea die koerante &#8220;staan te veel ruimte aan die middelklas en sentristiese politieke idees af&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Independent-groep verkoop 21% van die koerante, Caxton en Avusa elk 14% en kleiner maatskappye 12%.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Duncan het ges\u00ea dit is nie aanvaarbaar as die staat by die inhoud van koerante ingryp nie, maar eienaarskap is &#8216;n ander kwessie en daar moet indringend gekyk word na hoe mededinging bevorder kan word. Sy het verwys na Frankryk en Swede waar wette meer as 30% van sirkulasie verhoed en subsidies aan kleiner koerante toegestaan word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef), wat koerantredakteurs verteenwoordig, is nie uitgenooi om deel te neem nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/13.10.2017\/harkov_v_liderah_po_komfortnosti_zhizni_v_ukraine\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u0432\u044c\u044e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Aanvalle op groot mediamaatskappye tydens &#8216;n parlement\u00eare indaba oor transformasie en diversiteit in die media is deur die ANC geloods. Suid-Afrika se vier groot drukmediamaatskappye, te wete Media24, Independent, Avusa en Caxton, is Donderdag kwaai geroskam. Die vier besit 88% van alle gedrukte sirkulasie. Die vier groepe is uitgesonder vir kritiek omdat hulle kleiner koerante &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11115\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Media24 dra by tot &#8216;eenselwige menings&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-11115","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11115","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11115"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11115\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11115"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11115"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11115"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}