{"id":11114,"date":"2011-09-22T10:12:50","date_gmt":"2011-09-22T10:12:50","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11114"},"modified":"2011-09-22T10:12:50","modified_gmt":"2011-09-22T10:12:50","slug":"appel-aan-anc-toegestaan-teen-skiet-die-boer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11114","title":{"rendered":"App\u00e8l aan ANC toegestaan teen &#8216;skiet die Boer&#8217;-uitspraak"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die ANC se aansoek om verlof tot app\u00e8l teen die &#8216;Skiet die Boer&#8217;-uitspraak is Donderdag in die Suid-Gautengse Hooggeregshof toegestaan teen die beslissing dat Malema skuldig aan haatspraak is.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Regter Colin Lamont het in die gelykheidshof bevind dat die woorde &#8220;dubula iBhunu&#8221; (&#8220;skiet die Boer&#8221;) op haat\u00adspraak neerkom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die saak teen Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, is gebring nadat hy die woorde by verskeie openbare geleenthede gesing het. Die klagte is deur AfriForum en TLU-SA ingedien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Johannesburgse Hooggeregshof se Regter Lamont het egter Donderdag ges\u00ea: &#8220;Daar is &#8216;n redelike vooruitsig dat &#8216;n ander hof tot &#8216;n ander gevolgtrekking as wat ek het, sal kom.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">AfriForum se prokureur, Willie Spies het ges\u00ea dat hy die uitspraak verwag het, omdat die saak &#8216;n ho\u00eb-profiel aangeleentheid is. &#8220;Ons het gehoop hulle sou die geleentheid gebruik as &#8216;n beginpunt vir die herstel van die verhoudings in die land,&#8221; het Spies ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema en die ANC se regsverteenwoordiger Muzi Sikhakhane, het in die hof aangevoer die partye doen aansoek om &#8216;n voorwaardelike app\u00e8l. Dit was op die basis dat indien die Grondwethof app\u00e8l weier, hulle steeds die App\u00e8lhof kan nader.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">AfriForum en TLU-SA is een maand gegun om &#8216;n kruis-app\u00e8l aan te teken.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die koste van die app\u00e8l sal beslis word deur die Hooggeregshof, het Lamont ges\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die tussentyd, word Malema nog verbied om die liedjie te sing, het Spies ges\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;As hy dit sing &#8230; dit sal minagting [van die hof] wees.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Spies se opmerking is deur Sikhakhane betwis, wat ges\u00ea het: &#8220;Nou dat die app\u00e8l daar is, is die bevel opgeskort.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afriforum is steeds vol moed dat die howe die roete is om Malema se mond te snoer, ten spyte van die ANC se openlike minagting van die uitspraak. &#8220;AfriForum het reeds twee hofsake met kostes teen Malema gewen en is gereed om dit &#8216;n derde en vierde keer in onderskeidelik die app\u00e8lhof en grondwethof te doen,&#8221; het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, ges\u00ea.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inform-ua.info\/weekly-review\/8-dopolnytelnkh-usluh-karhoperevozchyka-o-kotorkh-v-ne-znaly\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ANC se aansoek om verlof tot app\u00e8l teen die &#8216;Skiet die Boer&#8217;-uitspraak is Donderdag in die Suid-Gautengse Hooggeregshof toegestaan teen die beslissing dat Malema skuldig aan haatspraak is. Regter Colin Lamont het in die gelykheidshof bevind dat die woorde &#8220;dubula iBhunu&#8221; (&#8220;skiet die Boer&#8221;) op haat\u00adspraak neerkom. Die saak teen Julius Malema, president van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11114\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;App\u00e8l aan ANC toegestaan teen &#8216;skiet die Boer&#8217;-uitspraak&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-11114","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11114","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11114"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11114\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11114"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11114"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11114"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}