{"id":11107,"date":"2011-09-22T01:08:32","date_gmt":"2011-09-22T01:08:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11107"},"modified":"2011-09-22T01:08:32","modified_gmt":"2011-09-22T01:08:32","slug":"volksmoord-dit-gebeur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11107","title":{"rendered":"Volksmoord: dit gebeur!"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">\n<blockquote class=\"gmail_quote\">\n<p>Nog  tot verlede naweek het ek gedroom om terug te keer na Suid-Afrika.  Hierdie week het sekere dinge egter vir my begin duidelik raak. Soveel  as wat ek wil glo dat die ergste nie in SA gaan gebeur nie, begin dit al  meer so lyk.<\/p>\n<p>Dis min dat ek so seker is van my interpretasie van gegewens. Wel,  miskien is dit nie eens &#8216;n interpretasie nie maar bloot die besef dat  gebeure besig is om vinniger te beweeg as wat selfs ek sou kon dink.<\/p>\n<p>Oor  die afgelope paar weke het ek iets begin doen wat ek al lankal moes  gedoen het. Ek het toenemend die Engelse koerante begin lees. Dis veral  die skokkende eerlikheid van gematigde (en radikale) swart rubriekskrywers wat my laat steier het onder wat buite die Afrikaanse dampkring  bespreek word. Dis nie net ons wat die onweerswolke sien nie. Ons land  is in &#8216;n baie groter gemors as wat Naspers, selfs PRAAG en ook die  hordes Bybelversbesaaide regse blogs dit uitbeeld. Om dit pront te stel: SA is in  drieletterwoordstraat.<\/p>\n<p>Gaan lees maar Justice Malala se jongste rubriek in die <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.guardian.co.uk\/world\/2011\/sep\/15\/justice-malala-on-julius-malema\">Londense Guardian<\/a>. Dis  &#8216;n riller. Dis nou wel nie sy woorde nie, maar my eie opvatting  daarvan:&nbsp; Juju is Bloemfontein. Volgens Malala is Melema reeds Suid-Afrika se skadupresident of &#8220;president in waiting&#8221;.<\/p>\n<p>Op die koop toe kry ek Maandag &#8216;n baie onstellende brief van dr. Gregory Stanton van Genocide  Watch. Wel, ek wil nie &#8216;n brief wat aan my persoonlik gerig is woord vir  woord aanhaal nie, maar kortom: Die mense by Genocide Watch tywfel nie  eintlik meer of daar &#8216;n volksmoord in SA gaan wees nie. Dit blyk dat dit  vir hulle &#8216;n gegewe is.<\/p>\n<p>Vir my is dit klinkklaar dat ons prim\u00eare doelwit nie meer moet wees  om oor volkstaatmodelle te redekawel nie. Die tyd is op! Ons hoofdoel  moet wees om sterftes te voorkom. Ek is werklik daarvan oortuig dat  daardie organisasies wat hulle met die Afrikaners se veiligheid bemoei,  vinnig geraadpleeg moet word.<\/p>\n<p>Dis hoe erg dit is!<\/p>\n<p>Diegene wat mense voorberei het om in die  uur van nood vinnig die voorstede te ontruim en diegene wat mense  opgelei het om hulself te verdedig, sal vinnig met mekaar moet  ko\u00f6rdineer. Klaarblyklik gebeur dit reeds. Dank die Vader daarvoor!<\/p>\n<p>My advies aan Afrikaners wat nog in SA is, is soos volg. As jy nie  kans sien om te leer hoe om &#8216;n wapen te hanteer nie of hoe om met  kampeertoerusting te oorleef nie moet jy jou paspoort regkry en vinnig.  Moenie wag tot die chaos uitbreek nie want jy sal nie by die lughawe  uitkom nie.<\/p>\n<p>Stuur die kinders en die oues betyds landuit. Maak kontak met vriende en  familie in die buiteland. Die weerloses gaan &#8216;n afklimplek benodig.  Vergewis jou van die land waarheen jy beplan om te vlug se asielprosedure.<\/p>\n<p>Vir diegene wat nie kans sien om die land te verlaat nie, sorg dat  jy inskakel by daardie groepe wat weet hoe om so &#8216;n krisis te hanteer. Kry  jou opleiding en toerusting nou. Jy kan nie langer wag nie.<\/p>\n<\/blockquote>\n<\/div>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/gordonua.com\/news\/war\/na-granice-pri-popytke-sbezhat-v-rossiyu-zaderzhali-harkovskuyu-minershu-55925.html\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nog tot verlede naweek het ek gedroom om terug te keer na Suid-Afrika. Hierdie week het sekere dinge egter vir my begin duidelik raak. Soveel as wat ek wil glo dat die ergste nie in SA gaan gebeur nie, begin dit al meer so lyk. Dis min dat ek so seker is van my interpretasie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[126],"tags":[],"class_list":["post-11107","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c118-jh-du-toit"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11107","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11107"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11107\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11107"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11107"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11107"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}