{"id":11106,"date":"2011-09-21T07:48:37","date_gmt":"2011-09-21T07:48:37","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11106"},"modified":"2011-09-21T07:48:37","modified_gmt":"2011-09-21T07:48:37","slug":"drink-in-afrikaans","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11106","title":{"rendered":"Drink in Afrikaans!"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">\n<p><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/stories\/wierenga_jelleke.jpg\" \/>\u2019n  Mens kan gerus \u2019n glasie Kleinboet klink op Bartho Eksteen van  Hermanuspietersfontein Wyne, Diner\u2019s Club se Wynmaker van die Jaar 2010.  Di\u00e9 wynmaker is nie skaam vir Afrikaans nie, anders as die meeste ander  Afrikaanse wynboere, wat selfs tot die sotlike stap oorgegaan het om  die Bre\u00ebrivier te herdoop as Wide River. Ja, vir \u2019n vermeende ekstra  silwerling huiwer Afrikaanssprekendes nie om hul taal te verkoop nie.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Maar  terug na Bartho Eksteen, die Afrikaanse druiwetros in die Engelse  wingerd. Sy wyne van die Hemel-en-Aarde Vallei anderkant Hermanus is  (glo) die enigste met net Afrikaanse name en etikette, lees ek in die  Julie-uitgawe van Doendinge vir Afrikaans,  nuusbrief van die Vriende van Afrikaans. Di\u00e9 wyne word na nege lande  uitgevoer, onder meer Engeland en Swede. En niemand het nog gekla nie.  Die aarde is nog op sy baan om die son en die pole het nie omgeswaai  nie.<\/p>\n<p>Die  bemarkers van mnr. Eksteen se wyne oorsee is heel ten gunste van  Afrikaans; hulle s\u00ea dit verleen kleur en \u2019n uniekheid aan die produkte.  Halleluja! Dis iets wat \u2019n mens dikwels onder Afrikaanssprekende  sakemense wat als in Engels doen, se aandag probeer bring \u2013 vergeefs.  Seker omdat die gevleuelde woorde nie uit \u2019n bemarker of toeris of  Engelssprekende se mond kom nie.<\/p>\n<p>Mnr.  Eksteen vertel Afrikaanssprekendes het die meeste kapsie teen  Afrikaanse wynname en -etikette gemaak. Dis iets wat ek ook gereeld  ondervind wanneer ek \u2019n lansie vir Afrikaans breek \u2013 die vernynigste  kritici teen die gebruik van Afrikaans is Afrikaanssprekers.<\/p>\n<p>Afrikaanse  wynboere wat eksklusief in Engels bemark, het mnr. Eksteen daarvan  probeer oortuig dat die internasionele mark net Engels verkies. Dus het  hy die eerste besending, wat Swede toe gestuur is, van \u2019n Engelse  beskrywing voorsien wat om die nek van die bottel vasgemaak is. Die  Sweedse bemarker het egter laat weet dis onnodig. Die bottels gaan nou  almal kaalnek oorsee. En die wyne verk\u00f3\u00f3p. Dis gesogte voggies in  vooraanstaande Europese restaurante.<\/p>\n<p>Die  wyne spog met pront Afrikaanse name soos Bloos en Swartskaap, 1855  Posmeester en Sonner Nommer &#8230; en familiename soos Kleinboet, Die  Arnoldus, Die Martha en Die Bartho. Swartskaap 2006 is gekies as beste  cabernet franc in die SA Terroir Wynkompetisie. Volgens Dave Hughes,  Suid-Afrika se bekende internasionale wynkenner en beoordelaar, is dit  die mees eksklusiewe wynkompetisie ter w\u00eareld weens die  wyn-van-oorsprong-re\u00ebls.<\/p>\n<p>Waar  kom die lang naam Hermanuspietersfontein vandaan? In die 1800\u2019s toe  Engeland die Kaap regeer het, het di\u00e9 imperiale moondheid alle  staatskole verengels. Uit protes hierteen het die plaaslike boere hul  eie plaasskole begin en onderwysers uit Holland ingevoer, onder wie  Hermanus Pieters. Daar is vir hom \u2019n skooltjie by Boontjieskraal duskant  Caledon gebou, maar hy het op verskillende plekke skoolgehou. Hy\u2019s  gewoonlik met skape betaal en het gereeld met sy kuddetjie by \u2019n fontein  naby die see uitgekamp. Die vissermanne in die omgewing het toe begin  praat van Hermanus Pieters se fontein. In 1855 toe die eerste erwe daar  uitgesit en verkoop is, is die dorp na hom genoem. Die posmeester het  Hermanuspietersfontein in 1902 na Hermanus verkort.<\/p>\n<p>Dis  \u2019n wonderlike inisiatief, Afrikaanse wyn- en etiketname. Maar jammer  genoeg is Hermanuspietersfontein Wyne se webwerf net in Engels. Waarom  nie \u2019n opsie vir Afrikaans op die webwerf nie?<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.malibuclub.info\/object\/mezhdunarodnaja-dostavka-topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043a\u0438\u0434\u0430\u043b\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Mens kan gerus \u2019n glasie Kleinboet klink op Bartho Eksteen van Hermanuspietersfontein Wyne, Diner\u2019s Club se Wynmaker van die Jaar 2010. Di\u00e9 wynmaker is nie skaam vir Afrikaans nie, anders as die meeste ander Afrikaanse wynboere, wat selfs tot die sotlike stap oorgegaan het om die Bre\u00ebrivier te herdoop as Wide River. Ja, vir [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[132],"tags":[],"class_list":["post-11106","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c124-jelleke-wierenga"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11106","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11106"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11106\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11106"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11106"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11106"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}