{"id":11100,"date":"2011-09-20T13:50:46","date_gmt":"2011-09-20T13:50:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11100"},"modified":"2011-09-20T13:50:46","modified_gmt":"2011-09-20T13:50:46","slug":"globale-konferensie-in-new-york-oor-dieetsiektes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11100","title":{"rendered":"Globale konferensie in New York oor dieetsiektes"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Globale konferensie onder beskerming van die Verenigde Nasies oor \u201cnie-oordraagbare siektes\u201d het gister in New York begin. Hierdie siektes word grotendeels deur menslike gedrag veroorsaak, soos rook, oormatige drankgebruik, &#8216;n ongesonde dieet en gebrek aan oefening.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sogenaamde \u201cgroot vier\u201d siektes maak meer mense in die ontwikkelde w\u00eareld dood as MIV en malaria in Afrika. Die \u201cgroot vier\u201d behels: kardiovaskul\u00eare siektes, kankers, chroniese asemhalingsiektes en suikersiekte. Weens ekonomiese groei en groter welvaart is hierdie siektes egter ook besig om na voorheen arm lande te versprei en kan die w\u00eareld se gesondheidstelsels daardeur oorweldig raak op &#8216;n veel groter skaal as wat die Vigs-pandemie kon veroorsaak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Michael Bloomberg, burgemeester van die gasheerstad, New York,  het reeds verskeie innoverende maatre\u00ebls getref in &#8216;n poging om sulke mensgemaakte siektes in sy stad te verminder. Sogenaamde \u201ctrans-vette\u201d in kos word reeds in die stad verbied, asook rook op openbare plekke. Restaurante en kafees word verplig om kilojoule-waardes van disse te publiseer en gesondheidswaarskuwings moet op versoete koeldranke aangebring word. Argitekte en konstruksiemaatskappye word insgelyks aangemoedig om geboue te ontwerp wat mense eerder trappe laat klim as hysbak ry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Frankryk het ministers &#8216;n nuwe belasting op Coca-cola en ander versoete drankies aangekondig wat van die begin van aanstaande jaar gehef sal word. Soortgelyk aan aksynsbelasting op sigarette en alkoholiese drank, wil die regering sodoende verbruikers ontmoedig om te veel suiker in te neem. Nie net mag dit die gewigsprobleme van die bevolking aanspreek nie, maar ook broodnodige euro&#8217;s na die Franse staatskoffers laat vloei, na raming ongeveer 120 miljoen euro per jaar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die W\u00eareldgesondheidsorganisasie is 36 miljoen uit die 57 miljoen w\u00eareldwye sterftes in 2006 deur NOS&#8217;e (nie-oordraagbare siektes) veroorsaak, waarvan die meeste in ontwikkelde lande plaasgevind het. Dit tref veral mense onder 60 en veroorsaak enorme kostes.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommige lande bestee reeds 7% van hul bruto binnelandse produk  aan hierdie voorkombare siektes  wat grootliks deur sigarette, alkohol, &#8216;n swak dieet en gebrek aan oefening veroorsaak word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die konsepverklaring wat deur die VN opgestel is om sterk maatre\u00ebls teen NOS&#8217;e te bevorder, is egter intussen afgewater. Blykbaar fokus die verklaring tans veral op maatre\u00ebls teen tabak, wat deur sommige tabakproduserende lande teengestaan word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar volgens Ann Keeling, uitvoerende beampte van die NOS-alliansie, wat nie-regeringsorganisasies teen die siektes verteenwoordig, is \u201calles nie verlore nie. Daar is besonder sterk verklarings in die teks wat twee jaar gelede onvoorstelbaar was.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nogtans is daar geen spesifieke teikens in die verklaring nie, asook geen verbintenis om die inname van sout te verminder wat &#8216;n bewese oorsaak van hartvatsiektes is nie. Die verklaring bevat ook min verwysings na die vermindering van alkoholverbruik deur ho\u00ebr pryse, belasting en &#8216;n uitdruklike verbod teen die bemarking daarvan aan kinders.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie halfhartige verklaring staan in sterk kontras met die ander w\u00eareldkonferensie teen vigs wat tien jaar gelede deur die VN gere\u00ebl is om die 32 miljoen lyers aan di\u00e9 siekte se lot te verbeter.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Londense hoof van die Britse skool vir higi\u00ebne en tropiese medisyne en &#8216;n voormalige hoof van die VN se vigsagentskap, Peter Piot, meen dat streng maatre\u00ebls nodig is: \u201cAl is ek meer met vigs gemoeid, is ek daarvan oortuig dat nie-oordraagbare siektes die grootste bedreiging vir globale gesondheid verteenwoordig. Dit mag die rug van gesondheidsdienste breek.\u201d<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/datakam.com.ua\/object\/filchakov-aleksandr\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Globale konferensie onder beskerming van die Verenigde Nasies oor \u201cnie-oordraagbare siektes\u201d het gister in New York begin. Hierdie siektes word grotendeels deur menslike gedrag veroorsaak, soos rook, oormatige drankgebruik, &#8216;n ongesonde dieet en gebrek aan oefening. Die sogenaamde \u201cgroot vier\u201d siektes maak meer mense in die ontwikkelde w\u00eareld dood as MIV en malaria in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11100\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Globale konferensie in New York oor dieetsiektes&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-11100","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11100","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11100"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11100\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11100"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11100"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11100"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}