{"id":11099,"date":"2011-09-20T09:07:04","date_gmt":"2011-09-20T09:07:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11099"},"modified":"2011-09-20T09:07:04","modified_gmt":"2011-09-20T09:07:04","slug":"internasionale-feitesending-oorweeg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11099","title":{"rendered":"UNPO oorweeg internasionale feitesending"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die internasionale organisasie UNPO is in Brussel, Belgi\u00eb deur dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, gevra om &#8216;n feitesending na Suid-Afrika te oorweeg.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Met &#8216;n feitesending kan die organisasie eerstehands menseregte, korrupsie, plaasmoorde, rasseverhoudinge, die posisie van minderhede en die algemene stand van die demokrasie in Suid-Afrika kom vasstel,&#8221; het dr. Mulder verduidelik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">UNPO oorweeg tans die voorstel. Die organisasie het onlangs so &#8216;n feitesending na Abkhazia onderneem en &#8216;n verslag oor die probleme wat die gebied ervaar, uitgebring.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Mulder het die voorstel gedoen tydens die dertiende vergadering van die UNPO-presidensie in Brussel waar hy die aanwesiges oor die huidige situasie in Suid-Afrika toegelig het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Anders as in die verlede was daar groot begrip vir die probleme in Suid-Afrika en is ek baie simpatiek ontvang. Mnr. Mandela is steeds &#8216;n onaantasbare internasionale ikoon met die gereelde vraag waarom hy nie iets aan die uitlatings van sy &#8216;naamgenoot&#8217; Malema doen nie!&#8221; volgens dr. Mulder.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die ANC se voorneme om teen die Malema &#8216;Skiet-die-Boer&#8217;-haatspraak hofuitspraak te appelleer, stuur &#8216;n baie negatiewe boodskap oor verhoudinge in Suid-Afrika die w\u00eareld in. Hoewel die boodskap &#8216;n oorvereenvoudiging van die ANC-standpunt en die situasie in Suid-Afrika is, kan daar nie verwag word dat die w\u00eareld al die ingewikkeldhede van ANC-politiek moet verstaan nie,&#8221; het dr. Mulder ges\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens die vergadering is daar onder andere ook verslag gedoen oor die situasie in Abkhazia en Tibet en van die teregstelling van sekere Uyghers in China.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die les wat &#8216;n mens uit so &#8216;n internasionale byeenkoms leer, is dat as jy reaksie en hulp van die internasionale gemeenskap tydens &#8216;n krisis verlang, dit te laat is om eers tydens die krisis hulle daaroor te probeer be\u00efnvloed.  Daarom moet die positiewe en negatiewe gebeure in Suid-Afrika deurlopend onder die internasionale gemeenskap se aandag gehou word. Te veel buitelanders glo Suid-Afrika verkeer nog in die &#8216;wittebroodtyd&#8217; van kort na 1994 met mnr. Mandela in beheer en is daarom verward met die Malema-uitsprake,&#8221; volgens dr. Mulder.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Positiewe gebeure soos die uitbreiding van Suid-Afrika se infrastruktuur tydens die W\u00eareldbekersokkertoernooi asook die goeie gesindhede wat tussen die meerderheid Suid-Afrikaners heers, maar ook die negatiewe van plaasmoorde was deel van dr. Mulder se toeligting.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">UNPO is &#8216;n internasionale organisasie wat optree in belang van minderhede regoor die w\u00eareld. UNPO het tans ongeveer 50 lede wat meer as 200 miljoen mense van regoor die w\u00eareld verteenwoordig. (Vir meer inligting oor die organisasie besoek www.unpo.org )<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/blagoustroistvo-slobodskogo-raiona-harkova-prodoljaetsya\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0436\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die internasionale organisasie UNPO is in Brussel, Belgi\u00eb deur dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, gevra om &#8216;n feitesending na Suid-Afrika te oorweeg. &#8220;Met &#8216;n feitesending kan die organisasie eerstehands menseregte, korrupsie, plaasmoorde, rasseverhoudinge, die posisie van minderhede en die algemene stand van die demokrasie in Suid-Afrika kom vasstel,&#8221; het dr. Mulder verduidelik. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11099\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;UNPO oorweeg internasionale feitesending&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-11099","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11099","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11099"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11099\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11099"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11099"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11099"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}