{"id":11083,"date":"2011-09-18T08:32:56","date_gmt":"2011-09-18T08:32:56","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11083"},"modified":"2011-09-18T08:32:56","modified_gmt":"2011-09-18T08:32:56","slug":"swart-handelaar-smyt-r15-miljard-weg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11083","title":{"rendered":"Swart handelaar smyt R15 miljard weg"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Kweku Adoboli word by sy huis deur die polisie in hegtenis geneem\" alt=\"Kweku Adoboli\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/09\/adoboli_kweku.jpg\" width=\"251\" \/>\u2018n  Jong, swart handelaar, Kweku Adoboli, is Vrydag in Londen in hegtenis  geneem nadat hy die Switserse bank UBS verliese van $2 miljard (R15  miljard) toegedien het. Hy word ook verdink van bedrog en die  verdoeseling van verliese wat tot 2008 terug te voer is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Adoboli,  die 31-jarige seun van \u2018n voormalige VN-diplomaat wat van Ghana  afkomstig is, is as \u2018n \u201copkomende handelaar\u201d in die glansw\u00eareld van  Londense aksepbanke beskryf. Hy het duur partytjies vir sy vriende gegee  en was tot Vrydag die direkteur van UBS se Delta-een-lessenaar waar  finansi\u00eble risiko namens kli\u00ebnte op die markte geneem word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  kolossale verlies het die stad van Londen, waar die finansi\u00eble bedryf  gesetel is, in \u2018n nuwe krisis gedompel n\u00e1 die bankbankrotskappe van die  afgelope tyd wat deur belastingbetalers gedra moes word. Politieke  partye in Switserland eis reeds dat Switserse banke hul  aksepbankbedrywighede moet staak. Indien UBS sy askepbank in Londen sou  sluit, sou dit werksverliese vir tot 6 000 mense beteken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook  die bank se risikobestuurstelsels staan onder verdenking omdat die jong  Ghanese pierewaaier daarin kon slaag om miljarde onder die bank se neus  te verloor en weg te steek sonder dat rekenmeesters of die bestuur dit  kon agterkom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  wil voorkom asof Adoboli posisies in die valutamark geneem het, wat  teen hom beweeg het toe die Switserse sentrale bank besluit het om in te  meng ten einde die Switserse frank se oormatige sterkte te verminder.  Op Facebook het hy enkele dae gelede geskryf dat hy \u2018n \u201cwonderwerk nodig  het\u201d, wat sou impliseer dat sy posisies diep in die moeilikheid was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">UBS  het gewaarsku dat die verlies die bank se algehele winste vir die  huidige kwartaal mag uitwis. In \u2018n memorandum het die uitvoerende  beampte van die bank, Oswald Gr\u00fcbel, aan werknemers ges\u00ea: \u201cOns verstaan  dat u reeds geruime tyd ongunstige, volatiele, markte moes trotseer.  Terwyl die nuus kommerwekkend is, sal dit nie die fundamentele sterkte  van ons firma be\u00efnvloed nie.\u201d UBS beskik oor meer as $50 miljard aan  aandeelhouersefondse, dus sal die verlies van twee miljard nie die bank  se balansstaat noemenswaardig raak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Blykbaar  het UBS slegs die ongemagtigde transaksies teen 12.00 Woensdag ontdek  en twaalf uur later die polisie se hulp ingeroep om Adoboli aan te kla  en te arresteer. Volgens die Londense Guardian bestaan daar onder andere  drie klagte teen die Ghanees-gebore handelaar, naamlik dat hy verliese  met beursverhandelde fondse tussen Oktober 2008 en Desember 2009  verdoesel het, asook tydens \u2018n tweede periode tussen Januarie 2010 en  September 2011. \u2018n Derde klag het betrekking op die bedrog wat hy tussen  Januarie 2011 en September 2011 sou gepleeg het terwyl hy senior  handelaar in globale sintetiese aandele was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert  sy inhegtenisname Donderdag omstreeks 15.30 by sy luuksehuis in  Shoreditch, aan die rand van die Londense finansi\u00eble buurt, word Adoboli  deur Kingsley Napley verteenwoordig, dieselfde regsfirma as die berugte  Nick Leeson wat Barings-bank se ondergang met sy ongemagtigde  termynbeurstransaksies veroorsaak het. Die firma het nog nie \u2018n  verklaring uitgereik of bekendgemaak hoe Adoboli op die klagte gaan  pleit nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens  die polisie in die stad van Londen, gaan hulle ondersoek voort, in  \u201cnoue samewerking\u201d met die Britse Finansi\u00eble Dienste-owerheid, asook die  Kantoor vir Ernstige Bedrog en die Kroon-aanklagdiens.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/vestiua.com\/ru\/news\/20150223\/64209.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Jong, swart handelaar, Kweku Adoboli, is Vrydag in Londen in hegtenis geneem nadat hy die Switserse bank UBS verliese van $2 miljard (R15 miljard) toegedien het. Hy word ook verdink van bedrog en die verdoeseling van verliese wat tot 2008 terug te voer is. Adoboli, die 31-jarige seun van \u2018n voormalige VN-diplomaat wat van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11083\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Swart handelaar smyt R15 miljard weg&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11082,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[85],"tags":[],"class_list":["post-11083","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c76-sake"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11083","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11083"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11083\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11082"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11083"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11083"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11083"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}