{"id":11081,"date":"2011-09-18T06:38:39","date_gmt":"2011-09-18T06:38:39","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11081"},"modified":"2011-09-18T06:38:39","modified_gmt":"2011-09-18T06:38:39","slug":"n-liefdesdriehoek-van-die-groot-trek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11081","title":{"rendered":"\u2019n Liefdesdriehoek van die Groot Trek"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Marthinus Oosthuizen op letere leeftyd\" alt=\"Marthinus Oosthuizen\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/09\/oosthuizen_marthinus.jpg\" \/>Te midde van al die ellende van 1838 was daar soms kans vir &#8216;n bietjie  skinder oor &#8216;n liefdesgeskiedenis waarby die heldhaftige Marthinus  Oosthuizen betrokke was. Dit is een van Suid-Afrika se groot  liefdesverhale, soos oorvertel deur Theo Gerdener.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oosthuizen was afkomstig uit die distrik Uitenhage. Sy ouers was  veeboere en het ook rasegte honde en perde geteel. Toe hy vyftien was,  het hy by &#8216;n kerkdiens kennis gemaak met die veertienjarige Aletta  Rudolph. Teen die tyd dat die Trek begin het, was hulle k\u00earel en nooi.  Die Oosthuizens is in 1836 saam met die Maritz-trek, maar die Rudolphs  het nog geen trekplanne gehad nie. Toe die twee jong mense afskeid neem,  was dit blykbaar vir goed.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die trek was daar &#8216;n nuwe nooientjie wat Marthinus se aandag  getrek het. Sy was Debora Maritz, dertien, dogter van die trekleier  Gerrit Maritz. Hulle was gou aangetrokke tot mekaar; hy het haar ook  vertel van die meisie wat hy in die Kolonie agtergelaat het. N\u00e1 &#8216;n  tydjie het hulle verloof geraak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die trekkers het verlowings as bindende ooreenkomste beskou &#8212; vir  ontroue verloofdes het hulle so min respek gehad as ontroue eggenote. S\u00f3  het Marthinus dit ook beskou. Maar in Natal kom hy te hore dat iets wat  eers ondenkbaar was, werklikheid geword het. Die Rudolphs het \u00f3\u00f3k  besluit om te trek, en sy eertydse geliefde, Aletta, het saamgekom! Dat  haar Marthinus daar is, het sy gou geweet; dit was Maart 1838 en mense  het ook oor die heldedaad gepraat toe hy deur &#8216;n Zoeloemag gejaag en die  vasgekeerde Van Rensburgs met ammunisie gehelp het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ou liefde roes nie. Dit het Marthinus en Aletta gou besef. Marthinus  wou nie die verlowing met Debora breek nie, en het h\u00e1\u00e1r die geleentheid  gegee om dit te doen. Nou kon Marthinus en Aletta trou, al het daar nog  ongemaklike oomblikke voorgel\u00ea. Hulle moes voor die huwelikskommissaris  verskyn, waarop hulle moes antwoord op &#8216;n paar voorgeskrewe vrae. Di\u00e9  kommissaris was Gerrit Maritz, Debora se pa. Dis onbekend wat Marthinus  geantwoord het op die tweede vraag nie: &#8220;Het u iemand anders ooit trou  beloof?&#8221; N\u00e1 die toestemming is die paartjie na die Veglaer, waar die Van  Rensburgs nie kon ophou om die man toe te juig wat hulle help red het  nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 5 Augustus het Erasmus Smit hulle n\u00e1 die oggenddiens getrou. Die  bruid was geklee in &#8216;n tabberd van liggroen sy, opgemaak met wit sy en  lint, wit steweltjies en wit kouse en &#8216;n liggroen hoedjie met &#8216;n groot  sluier daaroorheen. Die bruidegom was deftig in swart manel en  pluishoed, met wit handskoene. Die bruid se ouers het n\u00e1 die plegtigheid  &#8216;n eetmaal aangebied waarby daar baie gaste was. Verskeie toesprake is  gehou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die wittebrood is bietjie meer as &#8216;n week daarna be\u00ebindig. Op 14  Augustus het die Zoeloes die laer aangeval. Marthinus het net voor die  aanval gaan jag, en was dus van die laer afgesny. Dit het tagtig uur  geduur voordat die Zoeloes verdryf is. Eers toe kon Aletta seker wees  dat haar bruidegom dit oorleef het. Hulle het aan die oewers van die  Boesmansrivier gaan woon en was 59 jaar getroud toe hy in 1897 gesterf  het. Sy is eers in 1916 op 97 jaar oorlede. Debora is getroud met  Cornelis Botha, hawemeester van Port Natal in die Republiek Natal.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Te midde van al die ellende van 1838 was daar soms kans vir &#8216;n bietjie skinder oor &#8216;n liefdesgeskiedenis waarby die heldhaftige Marthinus Oosthuizen betrokke was. Dit is een van Suid-Afrika se groot liefdesverhale, soos oorvertel deur Theo Gerdener. Oosthuizen was afkomstig uit die distrik Uitenhage. Sy ouers was veeboere en het ook rasegte honde [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11080,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[124],"tags":[],"class_list":["post-11081","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c116-geskiedenis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11081","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11081"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11081\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11080"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11081"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11081"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11081"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}