{"id":11079,"date":"2011-09-18T05:55:13","date_gmt":"2011-09-18T05:55:13","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11079"},"modified":"2011-09-18T05:55:13","modified_gmt":"2011-09-18T05:55:13","slug":"voorwaarts-na-vryheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11079","title":{"rendered":"Voorwaarts na vryheid?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2007\/01\/roodt_dan4.jpg\" \/>Oor  die afgelope paar dae, na aanleiding van vele poltieke gesprekke en  uitgeruilde e-posse met allerlei mense, is \u2018n plan besig om in my kop  vorm aan te neem oor hoe ons \u2018n eie staat of republiek binne \u2018n kort tyd  kan verwerf. Voor ek daaroor uitbrei, net enkele inleidende opmerkings,  as \u2018n soort bestekopname van Afrikanerdenke op die oomblik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert  ons Afrikanervergadering op 3 September in Centurion, het verdere  informele gesprekke tussen die deelnemers plaasgevind. Die algemene  gevoel is dat ons tyd besig is om uit te loop, met \u2018n dreigende nuwe  golf van Afrikaneremigrasie en buitelandse swartes wat steeds onverpoosd  oor ons grense stroom om middestede en -dorpe te beset.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Demografies  verkeer ons steeds in vryval en hoewel dit op geen wetenskaplike  ontleding gegrond is nie, voel ek dat die blankes binne die volgende  tien jaar vanaf die huidige tien persent van die bevolking tot net vyf  persent kan daal. Dit sal al heelwat laer wees as wat die pesentasie  blankes in Zimbabwe in 1980 was toe Mugabe die ou Rhodesi\u00eb oorgeneem  het. Diegene, soos Helen ZIlle, wat groot drome droom van hoe daar deur  politiekery en die stembus weer invloed teruggewen kan word, sal dan die  sin van die Fransman Auguste Comte se woorde besef: \u201cDemografie is die  noodlot.\u201d As \u2018n persentasie van die totale bevolking gaan Afrikaners tot  twee of drie persent daal, \u2018n weglaatbare groepie bleekgesigte wat op  alle gebiede demografies oorweldig gaan word. Afrikaanse skole of kerke  sal nie meer gered kan word nie en daardie kosbare gebiede waar ons  steeds in die meerderheid verkeer, sal aanstons verlore wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Steeds  in \u2018n pessimistiese trant, het ek enkele dae gelede \u2018n uur of wat saam  met prof. Danie Goosen van die FAK in \u2018n Pretoriase kafee deurgebring.  Hy bekla die feit dat Afrikaners blykbaar \u201conmobiliseerbaar\u201d is. Soos  slaapwandelaars stap hulle pylreguit op \u2018n afgrond af waar ons een vir  een gaan afstort. Die enigste kwessie wat nog vir die meerderheid  Afrikaners saak maak, is rugby. Maar n\u00e1 Mandela se manipulasie van rugby  in 1995, het die ANC, die SAUK en die groot maatskappye Springbokrugby  reeds tot \u2018n lewende advertensie vir multikulturalisme en die ANC-nasie  onder swart oorheersing omvorm. In allerlei beelde verskyn dansende  swartes met donkerbrille in Springbokrugbytruie of hardloop swart  kinders met rugbyballe rond om hul toekomstige besit van rugby te  simboliseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook  tydens my gesprek met Goosen, het ons oor Afriforum se hofsaak teen  Malema gesels. Tim du Plessis skryf insgelyks vandag in Rapport daaroor  en verwoord die dilemma van diegene wat nog \u201cbinne die stelsel\u201d teen  ANC-mag wil agiteer: Met verwysing na Malema se anit-Afrikaanse en  anti-blanke diskoers, meen Du Plessis:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDis die taal wat volksmoord laat ontkiem. Jy kan nie n\u00edks doen nie.  Want as jy dit sonder reaksie laat verbygaan, beteken dit ge\u00efmpliseerde  aanvaarding van die grotesk verwronge, lewensgevaarlike nuwe werklikheid  wat Malema probeer skep. Jy kan luidkeels protesteer en \u2018amptelik\u2019  beswaar maak. Maar wat as di\u00e9 protes niks oplewer nie?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">N\u00e1  die Malema-haatspraaksaak het ons waarskynlik die perke van politieke  agitasie deur die howe bereik. Solidariteit\/Afriforum veg al jare ewe  hard teen die Vryheidsfront as teen Malema en noudat die Vryheidsfront  tot minder as \u2018n halwe persent van die kiesers gereduseer is, kan die  manne in leerbaadjies vanuit Lyttelton ons ook nie enige politieke  oplossings bied behalwe skermutselings in die howe nie. Ek tel onder  diegene wat dink dat Malema m\u00e9\u00e9r daarby baat as die Afrikaner. Benewens  die ongekende publisiteit wat dit Malema besorg en hom binnekort ewe  w\u00eareldberoemd as Mandela gaan maak, verkry hy ook \u2018n martelaarstatus by  sy volgelinge en ondersteuners binne die ANC.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos  Tim du Plessis dit vandag in Rapport stel: \u201cHet enigiemand \u2019n gesiene  swart stem gehoor wat die uitspraak gesteun het? Ek het nie.\u201d Swartes  staan bankvas agter Malema. Trouens, ek kry die gevoel Afriforum is  besig om ons in \u2018n konfrontasie met Malema en die 8 000 troepe van die  ANC-jeugliga in te lei wat tans in weermagkampe opleiding ontvang. As ek  hul veiligheidshoof, Nantes Kelder, sien, weet ek nie hoeveel troepe hy  tans oplei nie en sien ek hom ook nie in die rol van \u2018n  Afrikaner-Napoleon wat ons met milit\u00eare genie teen gewelddadige aanvalle  of die komende plaasbesettings van Malema se milisie gaan beskerm nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net  soos wat Afriforum\/Solidariteit sy vertroue in die plaaslike howe stel  om die Afrikaner se politieke probleem op te los, is daar ander  Afrikanergroepe wat meen dat die buitelandse of internasionale howe ons  te hulp gaan snel. Soortgelyk aan die Kosovo-geval, kan \u2018n  Afrikanervolkstaat deur middel van \u2018n geding in die internasionale  geregshof bekom word, \u201cbuite die politiek om\u201d. S\u00f3 word daar geredeneer.  Die Afrikaner se goedgelowigheid en na\u00efwiteit was dwarsdeurs sy  geskiedenis nog altyd \u2018n groot remskoen en tans is dit nie anders nie.  Net soos wat Piet Retief wou gaan piekniek hou met Dingaan, dink sommige  dat die buiteland en die internasionale geregshof ons te hulp gaan  snel. Die internasionale geregshof staan self midde-in die politieke  storms wat internasionaal woed, ook as dit by die aanstelling van sy  regters kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  die Kosovo-geval, het die VSA en NAVO lank reeds die Serwi\u00ebrs uit die  lug gebombardeer en troepe gestuur alvorens die onafhanklikheid van  Kosovo deur die internasionale hof in 2010 bekragtig is. Die VSA was  vooraf beslis dat hy Kosovo se onafhanklikheid sou erken, selfs al was  die uitspraak van die hof negatief. Wat is die kanse dat die VSA onder  Obama en NAVO die ANC sal kom bombardeer om die weg te berei op \u2018n  uitspraak ten gunste van Afrikaneronafhanklikheid deur die  internasionale geregshof? Ek sou s\u00ea nul, of minder as nul.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Afrikaner is op sy eie. Dit het ons lankal al besef. Natuurlik is daar  hier en daar in die VSA of Nederland onder die meer regse groeperinge  simpatie vir ons saak. Maar enige poging van Afrikaners om weer hul  vryheid te verwerf, gaan op eie krag en inisiatief moet geskied.  Hoogstens kan ons vriende in die buiteland ons help om ten minste te  sorg dat die VSA en NAVO, n\u00e1 hul avontuurtjie in Libi\u00eb, nie die  Afrikaners in Suid-Afrika kom borbardeer om ons terug in die  re\u00ebnboognasie en die eenheidstaat te dwing nie!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dus  is daar geen ander uitweg nie: die apatiese, materialistiese,  rugbykykende, bierdrinkende, deur Naspes gebreinspoelde Afrikaner sal  vir sy eie vryheid gemobiliseer m\u00f3\u00e9t word. Dit is die kruks van die  saak. Ons weet reeds w\u00e1t gedoen moet word, dat ons grondgebied en \u2018n eie  staat moet bekom. Dis dis die h\u00f3\u00e9 waaroor daar meningsverskil bestaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan  die einde van die week het ek \u2018n baie interessante gesprek oor \u2018n ete  by die Palazzo-hotel in Fourways gehad, neffens die casino waar ek en  Steve Hofmeyr ook onlangs oor <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/youtu.be\/arqTG1Icd4U\">selfbeskikking op video<\/a> gesels het.  Saterdag het ek insgelyks via die internet met \u2018n Praaglid en  -rubriekskrywer in Nieu-Seeland, JH du Toit, geklets.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uit  di\u00e9 gesprekke kan ek die volgende rapporteer: die Afrikaner se apatie  en koersloosheid &#8211; d\u00edt wat Danie Goosen sy \u201conmobiliseerbaarheid\u201d noem &#8211;  moet as \u2018n probleem van veranderingsbestuur gesien word. Ons moet  wetenskaplike en sielkundige metodes aanwend om die Afrikaner finaal van  die rusbank voor die TV te laat opstaan waar die jongste  rugby-uitsending aan die gang is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien  moontlik, moet al die Afrikanergroepe wat hulself vir selfbeskikking  beywer, begin saamwerk, ondanks ons onderlinge verskille. Ons hoofdoel  moet egter wees om die Afrikaner van die behoefte aan &#8211; nee, die nood  vir &#8211; verandering te oortuig. Agterna sal die res vanself volg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit k\u00e1n gedoen word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Persoonlik  en namens PRAAG verbind ek my daartoe om binne die volgende drie maande  die eerste fase van hierdie beweging na vryheid suksesvol te volvoer.  Daar is min of meer vyf fases in enige individu, groep, maatskappy of  volk se veranderingsiklus. Dis nie staatsgeheime nie, maar ek wil nie  hier meer daaroor s\u00ea nie, aangesien ons vyande ook lees wat ek hier  skryf en vir seker gaan poog om ons te kortwiek en te saboteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As ons binne drie maande verby die eerste stadium kan kom, is daar hoop vir ons.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos  vele mense al onlangs opgemerk het: die Afrikaner beskik oor twee  keuses: \u00f3f emigrasie \u00f3f \u2018n eie staat\/outonome grondgebied binne  Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elkeen sal hom of haar die vraag moet afvra: Waar staan ek as dit by ons vryheid kom?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  Angus Buchan, die aartappelboer, \u2018n paar honderdduisend mans op sy  plaas byeen kan bring, kan ons mos insgelyks \u2018n paar honderdduisend  Afrikaners kry om op te staan en soos een man te skree: Voorwaarts na  vryheid!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat die berge antwoord gee.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/07\/21\/182571.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oor die afgelope paar dae, na aanleiding van vele poltieke gesprekke en uitgeruilde e-posse met allerlei mense, is \u2018n plan besig om in my kop vorm aan te neem oor hoe ons \u2018n eie staat of republiek binne \u2018n kort tyd kan verwerf. Voor ek daaroor uitbrei, net enkele inleidende opmerkings, as \u2018n soort bestekopname &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11079\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Voorwaarts na vryheid?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":56,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-11079","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11079","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11079"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11079\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/56"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11079"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11079"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11079"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}