{"id":11068,"date":"2011-09-15T14:37:21","date_gmt":"2011-09-15T14:37:21","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11068"},"modified":"2011-09-15T14:37:21","modified_gmt":"2011-09-15T14:37:21","slug":"polarisasie-en-staatkunde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11068","title":{"rendered":"Polarisasie en staatkunde"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die voortslepende regeringskrisis in Belgi\u00eb herinner tegelyk aan die polariserende werklikheid wat met die haatspraakverhoor in Suid-Afrika aks\u00e9nt gekry het, en hoe dit binne &#8216;n demokrasie aangespreek kan, en behoort te word.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Benewens die regsbeginsels wat in regter Collin Lamont se uitspraak in die Julius Malema-haatspraakverhoor na vore gekom het, staan &#8216;n realiteit duidelik uit: Die sing van die liedjie wakker polarisasie in die land aan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is bykans ironies dat heelwat van die kritici van die uitspraak, trouens teen die ganse hofgeding, juis bekommerd is oor die polariserende uitwerking wat die hofsaak op die gemeenskap het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Regter Lamont het omsigtig te werk gegaan en groot moeite gedoen om die uitspraak so te lewer dat dit as vertrekpunt vir &#8216;n versoeningsproses kan dien. Nou hang dit van die gemeenskappe af of hulle die bal laat val.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Belgi\u00eb het die voortslepende dooiepunt om &#8216;n nuwe federale regering te vorm, alreeds die 456de dag en 177ste probleem opgelewer. Die afgelope Sondag het die partye in totaal weer 17 uur spandeer om struikelblokke uit die weg te ruim. Die koning se ongeduld, en probleme met begrotingsgoedkeurings, het stellig heelwat met die sterk ywer te make.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ironie is dat die skikking slegs &#8216;n haarbreedte weg is, maar dat tegelyk geen snars gevorder is nie. Om die haarbreedte te kan vorder, moet van die partye effense toegewings maak, maar hulle het by &#8216;n punt gekom waar hulle voel hulle kan nie &#8216;n tree verder die rug buig nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sentraal, maar nie die enigste probleem nie, is die posisie in en om die hoofstad Brussel, bekend as die BHV. Dit sluit gebiede in wat deels Franstalig \u2013 of Waals \u2013 is, en deels Vlaams, oorwegende Waalse gebiede, en oorwegende Vlaamse gebiede. Die hele gebied val boonop binne Vlaandere.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Histories het &#8216;n aantal staatkundige ontwikkelings hier plaasgevind wat op die oog af nie sin maak nie. Franstaliges in Vlaamse gebiede kan stemreg vir die Franstalige dele uitbring, terwyl die omgekeerde nie plaasvind nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Vlaandere is Frans &#8216;n verpligte skoolvak, maar die omgekeerde geld nie in Walloni\u00eb nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe die Vlaamse regering die gedagte geopper het om naas Frans ook Engels as verpligte taal in Vlaamse skole aan te bied, was die Wale dadelik op die agterpote, en is gemeen Engels sou Frans as skoolvak vervang. Die verduideliking dat dit as gelyke taal met Frans aangebied sou word om veeltaligheid te bevorder, is steeds as &#8216;n klap in die gesig ervaar. Die werklikheid is dat Vlaandere 6,1 miljoen inwoners het, en Walloni\u00eb 3,5 miljoen. Die Vlaminge het hul lewensstandaard van &#8216;n agterstand verby tot veel ho\u00ebr as die Wale ontwikkel, en die Vlaminge dok jaarliks miljarde Euro&#8217;s op om te verseker dat hul Franstalige landgenote soortgelyke dienste standaarde beleef.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit kan dus nie as verrassing dien nie dat daar sterk sentimente onder die Vlaminge is vir &#8216;n onafhanklike Vlaandere. Namate die Europese Unie al meer die karakter van &#8216;n regering ontwikkel, maak die behoud van die Belgiese federale regering as iets tussenin, nie veel sin uit nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jare lank word al voorspel dat Belgi\u00eb &#8220;binnekort&#8221; uiteen sou spat, iets wat steeds baie moontlik lyk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar intussen manifesteer die verdeeldheid nie in opruiendheid en vandalisme nie. En word nie aangedring dat daar maar gesing kan word dat die ander doodgeskiet moet word nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/blagoustroistvo-slobodskogo-raiona-harkova-prodoljaetsya\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0436\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die voortslepende regeringskrisis in Belgi\u00eb herinner tegelyk aan die polariserende werklikheid wat met die haatspraakverhoor in Suid-Afrika aks\u00e9nt gekry het, en hoe dit binne &#8216;n demokrasie aangespreek kan, en behoort te word. Benewens die regsbeginsels wat in regter Collin Lamont se uitspraak in die Julius Malema-haatspraakverhoor na vore gekom het, staan &#8216;n realiteit duidelik uit: &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11068\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Polarisasie en staatkunde&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-11068","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11068","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11068"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11068\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11068"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11068"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11068"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}