{"id":11065,"date":"2011-09-15T10:27:22","date_gmt":"2011-09-15T10:27:22","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11065"},"modified":"2011-09-15T10:27:22","modified_gmt":"2011-09-15T10:27:22","slug":"unpo-oor-malema-uitspraak-ingelig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11065","title":{"rendered":"UNPO oor Malema-uitspraak ingelig"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, woon more (Vrydag 16 September) en Saterdag die dertiende vergadering van die UNPO-presidensie in Brussel, Belgi\u00eb by. By die vergadering gaan hy die aanwesiges inlig oor die huidige situasie van veral minderhede in Suid-Afrika.&nbsp;<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die w\u00eareld moet kennis neem van die Malema-uitsprake en van die ANC se standpunte hieroor. As die ANC dreig om grondwethof toe te gaan oor regter Lamont se uitspraak dat &#8220;Skiet die boer&#8221; nie haatspraak is nie, stuur dit &#8216;n baie negatiewe boodskap oor verhoudinge in Suid-Afrika die w\u00eareld in. Hoewel die boodskap &#8216;n oorvereenvoudiging van die situasie in Suid-Afrika is, kan daar nie verwag word dat die w\u00eareld al die ingewikkeldhede van ANC-politiek moet verstaan nie,&#8221; het dr. Mulder, wat reeds in Europa is, ges\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die w\u00eareld moet op hoogte gehou word van die positiewe en negatiewe gebeure in Suid-Afrika. Dit is deel van die internasionalisering van Suid-Afrika se situasie. As daar &#8216;n krisis in Suid-Afrika sou kom, moet die internasionale w\u00eareld ingelig wees ten einde die nodige besluite te kan neem. Dit is te laat om tydens &#8216;n krisis eers te begin met &#8216;n buitelandse inligtingspoging,&#8221; volgens Mulder.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Positiewe gebeure soos die uitbreiding van Suid-Afrika se infrastruktuur tydens die W\u00eareldbekersokkertoernooi asook die goeie gesindhede wat tussen die meerderheid Suid-Afrikaners  heers, maar ook die negatiewe van plaasmoorde gaan deel van dr. Mulder se bydrae wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Mulder is verlede jaar tot lid van UNPO se dagbestuur verkies. UNPO is &#8216;n internasionale organisasie wat optree in belang van minderhede regoor die w\u00eareld. UNPO het tans ongeveer 50 lede wat meer as 200 miljoen mense van regoor die w\u00eareld verteenwoordig. (Vir meer inligting oor die organisasie besoek www.unpo.org )<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/08\/08\/183752.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, woon more (Vrydag 16 September) en Saterdag die dertiende vergadering van die UNPO-presidensie in Brussel, Belgi\u00eb by. By die vergadering gaan hy die aanwesiges inlig oor die huidige situasie van veral minderhede in Suid-Afrika.&nbsp; &#8220;Die w\u00eareld moet kennis neem van die Malema-uitsprake en van die ANC se standpunte hieroor. As &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11065\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;UNPO oor Malema-uitspraak ingelig&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-11065","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11065","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11065"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11065\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11065"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11065"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11065"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}