{"id":11061,"date":"2011-09-15T05:25:15","date_gmt":"2011-09-15T05:25:15","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11061"},"modified":"2011-09-15T05:25:15","modified_gmt":"2011-09-15T05:25:15","slug":"gordhan-se-munisipaliteite-moet-ophou-geld-mors","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11061","title":{"rendered":"Gordhan s\u00ea munisipaliteite moet ophou geld mors"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Pravin Gordhan, minister van finansies, het Woensdag die tesourie se jongste munisipale oorsigverslag in die parlement bekendgestel. Hy het munisipaliteite berispe oor hul geldmorsery en gekla oor &#8220;militante&#8221; belastingbetalersunies wat dienstegeld weerhou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verslag toon dat R27 miljard tussen die 2009 tot 2010 gespaar kon gewees het deur onnodige uitgawes te besnoei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jaarlikse meningsopnames het getoon dat die helfte van landsburgers geen vertroue meer in hul plaaslike regerings het om noodsaaklike dienste te lewer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Meer as &#8216;n honderd diensleweringsoptogte is in 2010 gehou. Dit is die meeste sedert 2004. Daar is ook &#8216;n merkbare toename in die aantal &#8220;militante&#8221; belastingbetalerverenigings wat dienstegeld weerhou, het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het personeelaanwas tussen 2006 en 2009 met 4% toegeneem, maar munisipaliteite se salarisrekening in dieselfde tydperk het in sekere gevalle met 52% gestyg. Munisipale bestuurders by distriksrade se salarisse is &#8220;buitensporig hoog&#8221;, lui die verslag.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die oorsigverslag dui aan waarop munisipaliteite sal moet besnoei. Duur motors en selfone, borgskappe, kos, weelderige kantore, asook buitelandse reise en konsultante word gelys as &#8220;oorbodig&#8221; en kan &#8216;n besparing van 15% aan uitgawes meebring.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Los die uitspattighede en kry jul beplanning, begrotings, dienslewering en burokrasie reg,&#8221; het Gordhan Woensdag tydens &#8216;n parlement\u00eare inligtingsessie ges\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Meer mense het die afgelope drie boekjare toegang tot noodsaaklike dienste soos water, elektrisiteit en vullisverwydering verkry, maar die vertroue tussen belastingbetalers en plaaslike regering is glo die &#8220;grootste struikelblok&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die instandhoudingsagterstand in water-infrastruktuur alleen beloop R13 miljard. Paaie- en elektrisiteitsnetwerke se herstel is ook agter, het die minister ges\u00ea. Agterstallige munisipale skuld was teen Desember tot R62,3 miljard opgehoop. Dit verteenwoordig &#8216;n toename van 10% vergeleke met die vorige jaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gordhan het ges\u00ea die fiskus verkeer onder druk weens die ekonomiese onsekerhede en nuwe raadslede moet van sulke &#8220;fieterjasies&#8221; afsien.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/podrobnosti.ua\/2017855-prokuror-harkova-uvolilsja-po-sobstvennomu-zhelaniju.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pravin Gordhan, minister van finansies, het Woensdag die tesourie se jongste munisipale oorsigverslag in die parlement bekendgestel. Hy het munisipaliteite berispe oor hul geldmorsery en gekla oor &#8220;militante&#8221; belastingbetalersunies wat dienstegeld weerhou. Die verslag toon dat R27 miljard tussen die 2009 tot 2010 gespaar kon gewees het deur onnodige uitgawes te besnoei. Jaarlikse meningsopnames het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11061\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Gordhan s\u00ea munisipaliteite moet ophou geld mors&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[85],"tags":[],"class_list":["post-11061","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c76-sake"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11061","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11061"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11061\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11061"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11061"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11061"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}