{"id":11047,"date":"2011-09-14T05:27:51","date_gmt":"2011-09-14T05:27:51","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11047"},"modified":"2011-09-14T05:27:51","modified_gmt":"2011-09-14T05:27:51","slug":"plaaswerf-se-dinge","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11047","title":{"rendered":"Plaaswerf se dinge"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Ek sit laat agtermiddag op die stoep &#8211; yskoue Castle in die hand, die mal rifrug van my jaag tarentale wat hoenderkos wil steel, vroulief is besig om \u0149 rooibokboud (het heel toevallig voor die bakkie ingeloop; julle weet mos) in die oond te druk, toe ek amper die bottel insluk na \u0149 moerske slag en gil van agter die waenhuis.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die rifrug skrik homself in \u0149 ander bloedgroep in, vroulief gee \u0149 gil wat die dode kan wek, my trotse haan val hom des moers van sy stok en ek mors van die kosbare koudheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kom my jongste knaap om die waenhuishoek gehol met \u0149 stofstreep agter hom aan, spoegslierte om die mondhoeke, skreeuend van ver af: &#8220;Pa moet gou kom, hier het \u0149 lelike ding gebeur!!&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek storm soos \u0149 wafferse voorspeler die trappe af, slaat oor ons werfkat neer, spring op &#8211; so in die verbygaan skop ek die arme kat amper in \u0149 gehoortoestelletjie in &#8211; en gryp my seun aan die skouers. Die hond raak verbouereerd, gryp my aan die broek. Vroulief, pan in die hand &#8211; minus die boud &#8211; storm my uit die pad, slaat die hond vir \u0149 ses met die pan, gryp my seun by my en hyg:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Is jy oraait? Het jy seergekry?&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Nee, Ma!&#8221; met so \u0149 vriesbrand stemmetjie, &#8220;Dis Jakobus, Ma, hy het die longdrop opgeblaas.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou moet ek eers verduidelik: agter die waenhuis het ons \u0149 longdrop gebou vir die werkers, vat te veel tyd as hulle eers kaias toe moet loop vir die dinge van die natuur; dinge kan partykeer jaerig raak so met die werk en eet saam. Veral vir Jakobus, my butler, soos ek hom noem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Is Jakobus oraait? Leef hy?&#8221; hyg skreeu vroulief met \u0149 aamborstige Gunston-stem. Nie dat vroulief enigsins rook nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ja, Ma, hy&#8217;t \u0149 vuurhoutjie in die skag afgegooi terwyl hy op die troon gesit het, Ma! Sy kroonjuwele en exhaust is geskroei, Ma!&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Swerwer, gaan kyk of die man nie dood is nie,&#8221; word ek beveel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou met vroulief praat jy nie te\u00eb nie, veral as haar stemmetjie so \u0149 oktaaf styg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So staat ek en kyk na Jakobus se agterent en juwele, hy gebukkend, toe Dominee skielik om die hoek kom. Was so be\u00efndruk met die werkinge van metaangas dat ek nie die motor hoor stop het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;En nou, broer?&#8221; wil Dominee met \u0149 skok in sy stem weet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek skrik my amper bo-op Jakob se rug en probeer terselfdertyd sy broek optrek. Hy brul en gil van die pyn en probeer uit die broek ontsnap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Nee, Dominee, man, gee bietjie hand, Jakob wil nie stilstaan nie,&#8221; hyg ek uitasem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dominee ruk hom om, marsjeer stywebeen en baaaaie vinnig terug na sy motor. Ek staan vasgevang tussen Jakobus se pyn en Dominee se gedagtes.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Te dinges met jou, Dominee,&#8221; dink ek by myself en trek weer Jakobus se broek af. Met di\u00e9 draai Dominee om en sy mond gaan oop om iets te s\u00ea, maar geen woord kom uit by die aanskoue van die af broek. Hy staat en gaap-gaap soos \u0149 vis op dro\u00eb grond voor hy homself in sy motor boender en met skreeuende bande wegtrek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het Jakob homself uit sy broek bevry en daar gaat die man op loop reguit na sy kaia toe. Sy vrou het hom op \u0149 afstand sien aankom, vasgesteek, en weer gekyk, \u0149 smile op haar gesig gekry en begin om haar bloes los te knoop. (Ek het eers later by Jakob verneem hulle was teen daardie tyd al twee weke nie op &#8220;speaking terms&#8221; gewees nie.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe Jakob die deur langs haar ingedraf kom, gee sy hom \u0149 speelse klap op die boud, op die eina. Die man pak \u0149 paar Dunlop-briekmerke teen die grond vas, swaai om en maak vir die sementdam.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die hardloop besluit Boel, my rifrug, hierdie is \u0149 lekker speletjie en hap speels aan Jakob se alie. Jakob trek sy twee boude inmekaar soos \u0149 uitgedroogde lemoen en duik vir die dam, saligheid klaar op sy gesig, maar ongelukkig skuur sy twaksak teen die damwal. Borrels met onaardse geluide binne vasgevang bars bo die oppervlak uit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al wat Jakob uitkry met sy kop bo die water: &#8220;Jo-jo, nooit ek hy poep weer!!&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kyk, die ding tussen my, Jakob en dominee het geloop pla. \u0149 Anderse soort branderigheid hierbinne waar jy nie vatplek kan kry nie, toe gaat maak ek die saak met dominee reg. Hom mooi verduidelik van die omstandighede en gebeure.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarna was dominee saf, maar ook nie te saf nie, wou nooit weer alleen saam met my iewers heen ry nie, en by die kerkbasaar het hy mevrou Dominee altyd styf onder sy arm vasgeknyp as ek sou nader staan. Ek dink ook nie dit het gehelp toe ek na maande weer my gesig in die kerk wys, en my seun wat van Amerika besoek, sy o\u00eb op die Nagmaaltafel gerig, kliphard laat hoor het: &#8220;Jis, pa, ek hou van di\u00e9 kerk, hulle het shooters!&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/nacp_6db6853a-316d-40e3-b386-777573bedb6b\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek sit laat agtermiddag op die stoep &#8211; yskoue Castle in die hand, die mal rifrug van my jaag tarentale wat hoenderkos wil steel, vroulief is besig om \u0149 rooibokboud (het heel toevallig voor die bakkie ingeloop; julle weet mos) in die oond te druk, toe ek amper die bottel insluk na \u0149 moerske slag &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11047\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Plaaswerf se dinge&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[115],"tags":[],"class_list":["post-11047","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c106-verhale"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11047","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11047"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11047\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11047"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11047"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11047"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}