{"id":11004,"date":"2011-09-07T05:07:51","date_gmt":"2011-09-07T05:07:51","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11004"},"modified":"2011-09-07T05:07:51","modified_gmt":"2011-09-07T05:07:51","slug":"afrikaners-deur-die-angelsaksiese-bril-beskou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11004","title":{"rendered":"Afrikaners deur die Angelsaksiese bril beskou"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Rebecca Davies is in haar boek, Afrikaners in the new South Africa: Identity politics in a globalised economy (London: IB Tauris, 2009, 200p), gepreokkupeer met die woord &#8220;hegemony&#8221;, wat volgens &#8216;n woordeboek &#8220;the power excercised by one social group over another&#8221; beteken. Davies gebruik die woord so dikwels en soms onnodig dat dit die leser kan irriteer. Daar is myns insiens ook &#8216;n oorbeklemtoning van die invloed wat globalisering op die oorgang na die nuwe Suid-Afrika gehad het, al is dit waar dat dit as &#8216;n argument gebruik is (bv &#8220;die val van die Berlynse muur&#8221;), Suid-Afrikaanse maatskappye sedert 1994 vryelik na die buiteland kan uitbrei (en omgekeerd) en baie Suid-Afrikaners, veral wittes, verstrooid oor die w\u00eareld woon.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat ek bevraagteken, is hierdie oorbeklemtoning: &#8220;Globalisation is considered here as one of the foremost explanations for the structural realignment and possible reconfiguration of Afrikaner identity&#8221; (p 9). Haar optimistiese slot, &#8220;A bleak future for Afrikanerdom &#8230; has not materialised&#8221; (p 130), kan kwalik deur diegene aan die ontvangkant onderskryf word. Daar moet egter in gedagte gehou word dat die teks voor die Zuma-era geskryf is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die outeur is goed ingelig oor Suid-Afrika, maar buitelanders sal die teks moeilik in afdoende mate kan verstaan. Pleks van die nodige inligting te verskaf, word te veel kennis van plaaslike toestande by lesers veronderstel. Haar teks berus eensydig op Engelstalige bronne. Davies het onderhoude met elf Afrikaanssprekendes gevoer (p 191), maar sy het geen toegang tot Afrikaanse publikasies (bv koerante) nie tensy die inligting in vertaalde vorm in Engelse bronne herpubliseer is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy kan kwalik daarop aanspraak maak dat sy Afrikaners werklik ken en verstaan. Dit is soos om oor bv Duitsers te skryf sonder om Duits magtig te wees. Die Afrikaanse name van die ATKV, FAK (p 82, 89) en APK (p 104) word verkeerd gespel. Vo\u00eblvry word as &#8220;feel free&#8221; vertaal (p 108). Swart gevaar word &#8220;swaartgevaar&#8221; (p 128). Sy kan geen begrip h\u00ea van die agteruitgang van die gehalte van Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika nie, al noem sy &#8220;young pioneers are using a far from suiwer (pure) Afrikaans&#8221; (p 119).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor Afrikaans as spreektaal word ges\u00ea dat sy oorlewing &#8220;is assured by its status as the mother-tongue of the growing Afrikaans speaking coloured community&#8221; (p 83). Maar dit is juis by veral verstedelikte bruines dat Afrikaans enersyds al hoe meer deur Engelse woorde besoedel word en andersyds voorkeur aan Engels bo Afrikaans gegee word. Daar is die absurde situasie dat &#8216;n tradisioneel Afrikaanse universiteit by voorkeur bruin studente en personeel lok wat tot dislojaliteit teenoor Afrikaans geneig is, maar dan word daar terselfdertyd hoog opgegee oor hoedanig die universiteit Afrikaans bevorder. Afrikaanssprekende bruin intellektuele is nie bereid om vir die voortbestaan van Afrikaans te stry nie (p 84). Dit is bekend dat verloopte Afrikaners dit ook nie wil doen nie; nie net omdat dit nie politiek-korrek is nie, maar ook omdat hulle nie geassosieer wil wees met (die politiek van) die &#8220;taalbulle&#8221; wat dit wel doen nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe uit voeling Davies is met wat in Afrikaans gepubliseer word, blyk uit die volgende stelling: &#8220;The authority of the taalstryders to voice the concerns of Afrikaans speakers and their implicit interpretation of Afrikanerness are rarely addressed&#8221; (p 87). &#8216;n Voormalige personeellid beweer Die Burger is &#8220;protecting Afrikaans for moral reasons&#8221; (p 85), terwyl ek meen dit gaan veral om finansi\u00eble oorwegings; &#8216;n stelling wat onderskryf word deur die hibridiese &#8220;Afrikaans&#8221; wat van pas vir die koerant Son geag word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Naas &#8216;n terloopse verwysing na die NG Kerk (p 39) kom die Afrikanerdom se kerkgenootskappe net in &#8216;n enkele paragraaf ter sprake (p 104). Die buitelander Davies toon as buitestaander geen insig in die rol wat godsdiens in Afrikaners se lewe in die ou Suid-Afrika gespeel het en die mate waarin dit in die nuwe Suid-Afrika afgeskaal is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos &#8216;n mens van &#8216;n (Britse) universiteitsdosent verwag, gebruik sy akademiese en nie aktivistiese taal nie, alhoewel haar politiek-korrekte vooroordeel duidelik sigbaar is. Die vorige regering word telkens &#8216;n &#8220;regime&#8221; genoem; &#8216;n enkele keer gebeur dit darem ook met die ANC-regering (p 57). Negatiewe, emosiebelaaide woorde word dikwels ingespan soos: coterie (p 18), tentacles (p 28), perverse, unhealthy (p 32), immorality (p 33), cynical (p 34), cabal (p 87) en ugly head (p 127).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die onderwerpe wat aangespreek word en die tendense wat uitgewys word, behoort aan ingeligte Suid-Afrikaners en veral Afrikaners bekend te wees: die rol van kultuur, afkoms en taal &#8211; soos by Britte die gebruik is, word klas oorbeklemtoon (al het die outeur ook &#8216;n Australiese agtergrond); die afsydigheid of vyandigheid van die ANC teenoor wittes en veral Afrikaners; die herverdeling van rykdom \u2013 neem van die wittes en gee dit aan die swartes; die toename in wit armoede; die verlies aan mag en nasionalisme by wittes; die benadeling, marginalisering, onttrekking en emigrasie van wittes; die vervreemding van wittes en bewustheid dat verraad met die oorgang na die nuwe politieke bedeling gepleeg is; die nog groter gebrek aan eensgesindheid as voorheen in Afrikanergeledere; die prominensie van die verskynsel verloopte Afrikaner, maar ook die herbekering (ten minste in &#8216;n mate) van sommige verlooptes; &#8220;diasporic pluralism, cultures of hybridity and transnational solidarities&#8221; (p 5); die gebrek aan &#8220;kapasiteit&#8221; in die nuwe Suid-Afrika vanwe\u00eb rasgebaseerde werkreservering; ens.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Davies verwys na die grondwet wat deur die ANC-regering vertolk word asof dit gelyke regte aan almal verskaf en dat daar groepregte is (p 67). In werklikheid is daar geen groepregte waarop Afrikaners hulle kan beroep nie. Sodra hulle dit doen, word ges\u00ea dat hulle net individuele regte het. Nie-wittes het wel groepregte, want daar mag maar suiwer rassisties ten gunste van hulle gediskrimineer word. Die nie-wit indiwidu hoef nie van verdienstelike gehalte te wees nie. Hy word bevoordeel omdat hy lid van &#8216;n groep is. Dit word nie die voortsetting van rassediskriminasie genoem nie, maar in mooiklinkende woorde aangebied, bv regstelling, diversivisering, demografieweerspie\u00ebling, transformasie en bemagtiging.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Michael MacDonald beweer dat &#8220;culturalism&#8221; en &#8220;racialism&#8221; in Suid-Afrika identies is (p 67). Davies wys egter tereg daarop dat &#8220;culture is integral to any understanding of the dynamics of identity politics&#8221; (p 73). Will Kymlicka sluit hierby aan met sy standpunt dat multikulturalisme &#8220;differing rights for different minority groups&#8221; vereis (p 76). &#8220;Cultural spaces are perceived as being one of the few remaining areas where Afrikanerdom is intact or can at least be recreated&#8221; (p 81). &#8220;Afrikaans [eerder: Afrikanerdom?] has become very much a language-centred culture, albeit commonly synonymous with race&#8221; (p 82). &#8220;Afrikanerness &#8230; retains strong links with race and a European heritage&#8221; (p 83).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat Afrikaners betref, noem Herman Wasserman dat &#8220;culture was privatised and commodified&#8221; in die nuwe Suid-Afrika (p 96). Dit is die noodwendige gevolg van die owerheid se gebrek aan ondersteuning en sy vyandigheid teenoor Afrikaners. In soverre dit Afrikaanse kunstefeeste betref, word van die &#8220;festivilisation of Afrikanerdom&#8221; en selfs van &#8220;ethnic nesting&#8221; gepraat (p 121). Maar etnisiteit word by bv die KKNK deur sowel die bestuur as die borge bestry. Davies haal aan dat die KKNK &#8220;Africa&#8217;s largest arts festival&#8221; is (p 120).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vorige aanhaling is &#8216;n Botmanisme in sy suiwerste vorm. (Russel Botman was jare lank die voorsitter van die KKNK.) Daarvolgens is enige plaaslike entiteit, bv universiteit (natuurlik met die uitsondering van sy finansiering), nie van Suid-Afrika nie, maar van Afrika. Naas oorwegings soos politieke korrektheid en ANC-gedienstigheid kan meertaligheid in onderrig, multikulturaliteit en inklusiwiteit myns insiens net uit &#8216;n hibridiese oogpunt entoesiasties omarm word, dus deur diegene wat nie histories of andersins &#8216;n eie kulturele swaartepunt het nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0425\u0430\u0440\u043a\u0456\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Rebecca Davies is in haar boek, Afrikaners in the new South Africa: Identity politics in a globalised economy (London: IB Tauris, 2009, 200p), gepreokkupeer met die woord &#8220;hegemony&#8221;, wat volgens &#8216;n woordeboek &#8220;the power excercised by one social group over another&#8221; beteken. Davies gebruik die woord so dikwels en soms onnodig dat dit die leser &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11004\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afrikaners deur die Angelsaksiese bril beskou&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-11004","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11004","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11004"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11004\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11004"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11004"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11004"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}