{"id":1099,"date":"2007-11-19T08:34:20","date_gmt":"2007-11-19T08:34:20","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1099"},"modified":"2007-11-19T08:34:20","modified_gmt":"2007-11-19T08:34:20","slug":"spanning-binne-swapo","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1099","title":{"rendered":"Spanning binne SWAPO"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In &rsquo;n onlangse onderhoud het Hamutenya die komende SWAPO-kongres as &ldquo;&rsquo;n klug&rdquo; bestempel. Volgens hom het Sam Nujoma, wat steeds president van die party is, alles georkestreer om te verseker dat net &ldquo;lojale&rdquo; lede die kongres bywoon. Diegene wat teen Nujoma se outokratiese optrede gekant is, is uit die weg geskuif sodat Nujoma die kongres volgens sy wense kan laat verloop, beweer Hamutenya. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Op dieselfde dag dat Hamutenya sy bedanking aangekondig het, het SWAPO &rsquo;n verklaring uitgereik om die pers in te lig dat die voormalige eerste minister Hage Geingob tydens die kongres van 27-30 November as vise-president genomineer sal word. &nbsp;Die huidige president van die land, Hifikepunye Pohamba, is as voorsitter van die party voorgestel. Daar word verwag dat Pendukeni Ithana-Iivula, minister van justisie, die party se volgende sekretaris-generaal gaan word.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hamutenya se bedanking en die aankondiging van die stigting van &rsquo;n nuwe politieke party, genaamd die Beweging vir Demokrasie en Vrede, het meegebring dat SWAPO nou eis dat sy lede almal ondernemings moet teken dat hulle getrou sal bly aan die party. Alhoewel Nujoma aangekondig het dat hy nie weer as president van SWAPO beskikbaar sal wees nie, word verwag dat hy tydens volgende week se kongres as voorsitter van die party verkies sal word, wat hom in staat sal stel om steeds deur middel van die party se politburo die beleid van SWAPO te bepaal. Die politburo se 20 lede tree as &rsquo;n soort magtige kabinet op, wat die uitvoerende besluite van Pohamba se regering goedkeur.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Pohamba, wat gesondheidsprobleme ondervind, is nie van plan om in 2009 weer as president te staan nie. Dit sal die weg baan vir Geingob om oor te neem as president. Alhoewel Geingob in 2002 as eerste minister afgedank is, was hy daarvoor verantwoordelik om Nujoma se derde termyn in 1999 deur die parlement goedgekeur te kry. Dit het as &rsquo;n verrassing vir politieke kenners gekom dat hy nou skielik weer goedkeuring in Nujoma se o&euml; gevind het. Geingob het verder noue bande met Brett Kebble en ander kontroversi&euml;le sakelui gehad.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tydens die SWAPO-kongres van 2004 het Nujoma homself met lyfwagte omring en met geweld gedreig indien die meer gematigde Hamutenya as sy opvolger aangewys sou word. Hamutenya en sy ondersteuners is steeds oortuig daarvan dat hy destyds oor genoeg stemme beskik het om Nujoma op te volg, maar dat diegene wat die stemme getel het, onder druk was om Pohamba te laat wen.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit wil dus voorkom of Sam Nujoma self vir die skeuring in sy party verantwoordelik is.<\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/perfekta.ru\/blog\">\u0441\u0443\u0445\u0438\u0435 \u0441\u043c\u0435\u0441\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/kharkov.vlast.ua\/prokuratura-nachala-rassledovat-rekonstruktsiyu-pamyatnika-arhitektury-v-tsentre-harkova\/\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Sam_Nujoma.jpg\" width=\"188\" height=\"250\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Minsame Nujoma<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Namibi&euml; se regerende SWAPO-party beplan om aan die einde van hierdie maand tydens &rsquo;n partykongres die pos van eerste minister in die land af te skaf en te vervang met di&eacute; van adjunk-president. Sodoende sal verseker word dat SWAPO sy houvas behou oor die regering, wat bekendstaan vir sy onbekwaamheid en korrupsie. Dit wil voorkom of hierdie besluit geneem is na aanleiding van die onlangse bedanking van die SWAPO-veteraan Hidipo Hamutenya. Hy het verlede week uit die parlement en uit die SWAPO-party bedank en verklaar dat hy nie langer deel kan wees van &rsquo;n party wat sy visie en rigting verloor het nie.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[21089,1059,182],"class_list":["post-1099","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-nuus","tag-spanning-binne-swapo","tag-streeksnuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1099","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1099"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1099\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1099"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1099"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1099"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}