{"id":1096,"date":"2007-11-18T18:15:12","date_gmt":"2007-11-18T18:15:12","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1096"},"modified":"2007-11-18T18:15:12","modified_gmt":"2007-11-18T18:15:12","slug":"die-begin-van-n-nuwe-tradisie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1096","title":{"rendered":"Die begin van ?n nuwe tradisie"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit was op 16 November 1855 dat die Volksraad van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) besluit het om &rsquo;n dorp te stig, en dat die nedersetting Pretoria sou heet. Lam&eacute; Ebers&ouml;hn, eienaar van Caf&eacute; Riche, historiese kuierplek op Kerkplein, wou vanjaar behoorlik makietie hou om die geskiedkundige datum te vier. Sy het met Kallie Kriel van AfriForum gaan praat en die idee van &rsquo;n Afrikaanse musiekfees het gestalte gekry.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Van vroegoggend Saterdag het opgewonde mense al kom nesskop op die grasperk rondom Paul Kruger se standbeeld. AfriForum se verhoog is skuins voor die manjifieke Paleis van Justisie opgerig. &rsquo;n Hele rits sangers vermaak die skare &#8211; sommige meer bekend as ander. Almal tree gratis op. Elkeen het &rsquo;n boodskap vir die verjaarsdagstad, selfs &rsquo;n liedjie wat spesiaal vir die okkasie geskryf is, of &rsquo;n boodskap teen die naamsverandering. <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Lianie May sing met oorgawe Sean Else en Johan Vorster se nuwe liedjie oor Pretoria. Die groep Hoofseun en die sangeres Jofranie kom ook aan die beurt met hulle liedjies oor die hoofstad.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die blonde Elizma Theron van <em>Lapaside<\/em>-faam, wat onlangs deelgeneem het aan AfriForum se konserttoer teen plaasmoorde, sing spesiaal vir diegene wat al iemand aan die dood moes afstaan.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Sean Else, Casanova van die Afrikaanse musiekbedryf, is die dinamiese seremoniemeester van die dag. Hy vertel brokkies oor Pretoria se geskiedenis en gooi kort-kort met bultende arms Jou Taal-hempies in die rigting van die opgewonde skare. Jou Taal het dan ook met die beste publisiteitsfoefie van die dag gekom: langbeen meisies met eina-kortbroekies en hempies wat lui <em>Afrikaans is nie so khaki<\/em> en <em>Ek luister nie na Britnie<\/em>.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, wys die feit dat duisende mense op Kerkplein opgedaag het dat mense sterk oor die stad se naam voel en dat hulle nie gediend is met pogings om die hoofstad se naam te verander nie.&nbsp; &ldquo;Die minister van kuns en kultuur, dr Pallo Jordan, en ander besluitnemers, moet kennis hiervan neem en toesien dat pogings om die stad se naam te verander, gestaak word,&rdquo; voeg Kriel by. Volgende jaar hou ons weer partytjie, belowe hy die skare. Hierdie gaan &rsquo;n jaarlikse instelling word.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">DJ Ossewa se manewales op die verhoog het die toeskouers in vervoering. Gee <em>my &lsquo;n stukkie van jou koeksister<\/em> sing almal lustig saam. <em>Hartbeeshuis<\/em> is ook <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&rsquo;n duidelike gunsteling. Twintig jaar gelede sou hierdie soort liedjies met hulle nasionalistiese inslag weinig inslag gevind het. Maar vandag is dit <em>in<\/em> om na Afrikaans te luister, om gaande te raak oor sangers wat nostalgies is oor hulle wortels, geskiedenis en landelike verlede.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Staalsnaar se <em>Taal van Staal<\/em> het vandag &rsquo;n vinnige dansinslag met &rsquo;n doef-doefritme :<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\"><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ek weet jou w&ecirc;reld is &lsquo;n &ldquo;merry-go-round&rdquo;<br \/> Ek weet jou hart l&ecirc; by die &ldquo;lost-and-found&rdquo;<br \/> Ek weet die spook van gister spook<br \/> By die drome wat jy oor m&ocirc;re droom<\/span><\/em><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\"><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ek weet nie hoe ons w&ecirc;reld sonder jou sou wees nie<br \/> Ek vrees nie &#8211; Jy&rsquo;s die taal van staal<\/span><\/em><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Bok van Blerk laat die skare lyf rondskud met <em>Die bok kan bl&ecirc;r<\/em> en later stadig wieg terwyl hy die onvermydelike <em>De la Rey<\/em> sing.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Al meer uitgeputte, rooigebrande mense besoek Caf&eacute; Riche vir &rsquo;n koele lafenis. Swerms duiwe fladder in die blou lug rond. Oom Paul se standbeeld is volgepak met seuntjies wat &rsquo;n beter uitsig op die verhoog probeer kry. <em>Afrika is nie vir sissies nie<\/em>, skreeu Sean Else. Vandag is die werklikheid egter ver. Vandag vier die Boere fees.<\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/venik-iz-mozhzhevelnika\/\">\u0437\u0430\u0433\u043e\u0442\u043e\u0432\u043a\u0430 \u0432\u0435\u043d\u0438\u043a\u043e\u0432 \u0438\u0437 \u043c\u043e\u0436\u0436\u0435\u0432\u0435\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kh.depo.ua\/rus\/kh\/2016\/03\/posadovci-kernesa-za-kopiyki-prodavali-primischennya-v-centri-harkova-20170220522685\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span class=\"small\">&nbsp;<\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: center; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Kerkplein2.JPG\" width=\"417\" height=\"313\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Duisende Afrikaners op Kerkplein<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit is warm op Kerkplein. Die kwik trek iewers in die dertigs. Daar is duisende mense, met koelhouers, opvoustoele en uitbundige blondekop kinders. &rsquo;n Basaaratmosfeer heers. Weet hierdie mense met hul rooigebrande velle dat hulle vandag eintlik weer &rsquo;n vergete tradisie begin? Hulle voorsate het immers in die negentiende eeu van ver gekom om op Kerkplein te kom kampeer en saam te kuier. Maar vandag word daar nie Nagmaal gehou nie; daar word feesgevier met musiek, spookasem en boerewors. Pretoria is 152 jaar oud.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[175,1057,21089],"class_list":["post-1096","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","tag-afrikaanse-nuus","tag-die-begin-van-n-nuwe-tradisie","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1096","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1096"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1096\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1096"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1096"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1096"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}