{"id":10946,"date":"2011-08-24T11:41:55","date_gmt":"2011-08-24T11:41:55","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10946"},"modified":"2011-08-24T11:41:55","modified_gmt":"2011-08-24T11:41:55","slug":"intreevlakoorlog","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10946","title":{"rendered":"Intreevlakoorlog!"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrikaners is baie lief vir luikrugmotortjies en daar was nog nooit vantevore so \u2018n groot verskeidenheid van juis di\u00e9 tipe rygoed soos tans nie. Ons het \u2018n paar van die klein motortjies onder hande geneem. Alhoewel die vier motortjies waarmee ons rondgerits het weliswaar nie direkte teenstaanders is nie, dink ons tog die publiek kyk met hulle beursie na wat beskikbaar is. Vervaardigerslojaliteit is ondergeskik aan die waarde en kwaliteit wat die publiek in \u2018n spesifieke motor kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons vier motors is die Toyota Yaris Zen 1 5-deur, Nissan Micra 1,5 Tekna, Suzuki Swift GLS en die Renault Sandero 1,6 Dynamique.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">{jathumbnail off}<img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Toyota Yaris Zen 1 5-deur\" alt=\"Toyota Yaris\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/08\/toyota%20yaris%20zen%201%205-deur.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Toyota Yaris Zen 1 5-deur<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die koms van nuwegenerasie- intreemotortjies, hoofsaaklik uit Korea en Sjina, moes die Japannese iets doen om die Yaris meer bekostigbaar te maak. Daar is natuurlik ook die VW Polo Vivo en Chevy Spark Lite, asook die Ford Figo wat almal vorigegenerasiemodelle is. Met die koms van Toyota se eie Aygo was daar ruimte om die bestaande Yaris=reeks goedkoper te maak, bietjie anders te verpak met \u2018n nuwe enjin en bakklere en siedaar, Toyota speel saam! Die Yaris Zen is beskikbaar in twee bakvorms, die luikrug en die 4-deursedanweergawe. Die luikrug is dan ook verder beskikbaar in \u00f3f \u2018n 3-deur- of \u2018n 5-deurmodel. Die Zen 1, wat as die intreemodel bemark word, is toegerus met 3 deure en \u2018n baie kranige 1000cc- 3-silinderenjin met 12 kleppe wat 51 Kw en 93 Nm se wringkrag ontwikkel. Daar is brandstofinspuiting en wat veiligheidskenmerke betref, is die Zen 1 met dubbele lugsakke en ABS-remme toegerus, tesame met elektroniese remverspreiding sodat die karretjie darem met al vier wiele gelyk ewe hard rem. Toerustingvlakke is maar aan die skaars kant: daar is wel \u2018n radio met vier luidsprekers, die kantruite word met \u2018n slinger opgedraai en die syspie\u00ebltjies met die hand verstel. Ons toetsmotor was met die opsionele lugversorger, asook silwer metaalverf toegerus. Die vellings is staal met moderne plastiekwieldoppe. Die Yaris is maar \u2018n klein motortjie. Hoewel daar plek is vir 5 insittendes, sal dit sal nie vir baie ver moet wees nie. Wat die rygerief aanbetref, was ons nie baie be\u00efndruk met die kraglewering nie. Die motor haal gemaklik enige wettige spoed wat binne dorpsgrense gery mag word. Selfs \u2018n togspoed van 120km\/u word gemaklik behaal wanneer daar slegs \u2018n bestuurder in die motor is. Dit is die manier hoe die motor op spoed kom of dan die gebrek daaraan wat baie ongemaklik is. Dan kom ons by die prys van R128 800 vir die Yaris 3-deur-Zen 1. Ons toetsmotor was die 5-deur-Zen 1 met lugversorging en radio. Toyota kon my nie \u2018n prys vir die spesifieke model gee nie, maar ons skat dit moet \u00earens tussen R128 800 en R140 000 wees waar die Zen 3 met sy 4-silinderenjin op die prysleer staan. Selfs teen R128 800 dink ons die Yaris is te duur vir wat jy in die motor kry. Die feit bly staan dat jy \u2018n VW Polo Vivo 1.4, 3-deur met radio en lugversorging kan aanskaf vir R104 000 of die 5-deur-Polo Vivo teen R116 000, asook die Ford Figo 1.4 Ambiente insgelyks met \u2018n radio en lugversorging en dit is reeds \u2018n 5-deur teen R117 500. Dit is bykans R11 000 goedkoper as die Yaris Zen 1. Ons gee die Yaris \u2018n 2-uit-5-telling.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Renault Sandero 1,6 Dynamique\" alt=\"Renault Sandero 1,6 Dynamique\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/08\/renault%20sandero%2016%20dynamique.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Renault Sandero 1,6 Dynamique<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Renault se Sandero-reeks is baie gewild, juis oor die waarde wat die voertuig bied. Die Sandero word ook plaaslik in Pretoria vervaardig. Die motor is \u2018n kompakte model, maar daar is heelwat meer spasie in die karretjie as in enige van die ander waarmee ons rondgery het. Bougehalte is goed en ek kon amper nie glo hoeveel waarde die motor bied nie. Die verskil tussen die Renault Sandero en die ander motors hier is so duidelik soos daglig. Renault het duidelik ook geprobeer om die prys so laag moontlik te hou deur onnodige toerusting weg te laat, maar dit verteenwoordig nog steeds ooglopend meer waarde vir geld as enige van die ander motors hier. Ons toetsmotor was toegerus met elektriese vensters voor, lugversorging en radio, sentrale sluiting vir die deure, 15-duimallooivellings en \u2018n veel moderner afwerkingsgevoel binne as die Yaris. Die Sandero het ook \u2018n 320-literbegasieruim wat letterlik drie keer so groot soos die Yaris s&#8217;n is. Daar is \u2018n aanboordritrekenaar wat jou inlig omtrent brandstofverbruik en buitetemperature, \u2018n USB-sok om jou geheuestokkie in te sit vir musiek, wegvoubare gesplete agterbank om die begasieruim te vergroot, kinderslotte agter en selfs \u2018n plekkie om jou Ipod&nbsp; by die radio in te skakel. Ons toetsmotor was ook toegerus met \u2018n 1,6-literenjin wat 64 Kw en 128 Nm se wringkrag lewer. Heelwat meer motor teen slegs R124 900. Rygerief is ook uitstekend en ek het nie eenkeer gevoel ek benodig meer krag om die motor tot op 60km\/u&nbsp; te kry nie. Die Renault Sandero 1,6 Dynamique is werklik goeie waarde vir geld met hope ruimte, in so mate dat dit as die gesin se enigste motor gebruik kan word. Ons gee die Sandero \u2018n 3-uit-5-telling.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Nissan Micra 1,5 Tekna\" alt=\"Nissan Micra 1,5 Tekna\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/08\/nissan%20micra%2015%20tekna.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Nissan Micra 1,5 Tekna<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nissan se splinternuwe Micra is baie meer konserwatief as sy voorganger. Die jongstegenerasie-Micra trek baie op die oorspronklike Micra van die laat negentigerjare. Die lelike ronde goggakarretjie het plek gemaak vir \u2018n baie meer volwasse konvensionele voorkoms. Die Micra is nou so konvensioneel dat hy sommer maklik misgekyk word in \u2018n parkade vol motors. Soos in die geval van al Nissan se klein motortjies het die Micra ook baie meer ruimte binne as wat dit van buite af lyk. Die binneruim is werklik ruim en gemaklik. &#8216;n Mens kan amper sien dat die Micra en die Sandero neefs is as dit by binneruimspasie kom. Die Micra is beskikbaar in vyf verskillende afwerkings, almal met dieselfde bakvorm, \u2018n 5-deurluikrug. Ons toetsmotor was die luuksste 1,5-petrol- Tekna-weergawe. Die motor bied elektriese ruite, spie\u00ebls en outomatiese lugversorger tesame met \u2018n radiokompakskyfspeler wat \u00f3or &#8216;n USB-sok beskik. Misligte voor en agter, asook re\u00ebnsensors vir die voorruit, bakkleurverf op die spie\u00ebls en buffers kan genoem word. Die prentjie word voltooi deur outomatiese hoofligte en \u2019n string veiligheidskenmerke, onder andere dubbele voorste lugsakke en kantluggordyn, tesame met ABS-remme met remverspreiding en remdrukbeheer, asook slim sitplekgordels wat jou stywer in die sitplek intrek milliesekondes voor \u2018n botsing plaasvind. Die Micra bestuur baie gemaklik en daar is oorgenoeg woema van die 1,5-literenjin wat 73 KW en 134 NM se wringkrag ontwikkel. Die motor is werklik gemaklik om te bestuur en die klein vyftienhonderdenjintjie loop stil en glad. Teen R143 400 is die Micra \u2018n baie goeie kopie veral gemeet aan sy mededingers in die segment: die VW Polo 1,4 Trendline verkoop teen R149 400 en bied 10Kw minder, geen radio, slegs elektriese ruite voor, staalvellings en swart kantspie\u00ebls; die Chevy Aveo 1,6 LS verkoop teen R149 800 en bied 4 Kw meer as die Micra en standaardtoerusting is dieselfde as die Micra. Peugeot se 207 Popart is die ander mededinger wat baie naby aan die Micra kom met \u2018n pryskaartjie van R142 900. Die klein leeutjie bied ook \u2018n volhuis van toerusting en \u2018n 1,4-literenjin wat 54 Kw en 118 Nm se wringkrag lewer. Ons gee die Nissan Micra 1,5 Tekna 4 uit 5.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Suzuki Swift GLS\" alt=\"Suzuki Swift GLS\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/08\/suzuki%20swift%20gls.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Suzuki Swift GLS<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al ooit gehoor van \u2018n groot motor in \u2018n klein bakwerk? Wel hierdie is seker die beste klein motortjie in Suid-Afrika. Die hele gevoel binne en buite die motor is prima. Kyk, Suzuki was nog nooit \u2018n primavervaardiger nie; hulle spesialiseer juis in klein bekostigbare, betroubare voertuie. Die Swift voel net strate beter en groter as enige iets anders onder R200 000. Ons wil selfs s\u00ea motors tot by R250 000 gaan sukkel om by di\u00e9 klein juweeltjie kers vas te hou. Die binneruim is klein, of sal ons s\u00ea kompak, ruim genoeg vir 5 insittendes, maar glad nie gebou vir lang ritte en baie begasie nie; hierdie is \u2018n stadsmotortjie. Ons moet bieg, die Suzuki Swift het homself oor baie lang afstande bewys; dit was nou in die hande van \u2018n kollega by \u2018n sekere motorprogram op die televisie toe hulle \u2018n hele 6000km in \u2018n Swift afgel\u00ea het om van Perth aan die weskus van Australi\u00eb tot by Cairns aan die ooskus te ry sonder enige probleme. Die verpakking van die motor is net eenvoudig ongelooflik. Die enjingeraas of sal ons s\u00ea, die gebrek aan enjingeraas, is baie opvallend; die manier hoe die deure oop en toe maak, die geluid waarmee die deure oop en toe maak, alles is uit die boonste rakke. Die Swift GLS is die middelste model in die Swift-reeks, daar is \u2018n GL-spesifikasie wat bietjie minder bied en dan die GLS outomaties wat met \u2018n outomatiese ratkas toegerus is. Teen R169 900 is die GLS nie goedkoop nie, maar gemeet teen mededingers soos die VW Polo 1,4 Comfortline teen R171 700 of die Peugeut 207 1,4 VTi teen R169 000, die Hyundai i20 GLS teen R169 900 en die Mazda 2 1,5 Dynamic teen R192 690 vaar die Swft besonders goed, veral as die bougehalte en toerustingvlakke in ag geneem word. Ons toetsmotor se 1, 4-literenjin ontwikkel 70 Kw en 136 Nm se wringkrag. Dit is egter die pakket in sy geheel wat so indrukwekkend is en ons glo iemand wat in die mark is vir \u2018n klein dog luukse ryding sal \u2018n groot fout begaan om by die Suzuki-handelaar verby te ry. Ons gee die Swift GLS 5 uit 5.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons plaas dus die motors soos volg:<\/p>\n<ol>\n<li>Suzuki Swift GLS<\/li>\n<li>Nissan Micra 1,5 Tekna<\/li>\n<li>Renault Sandero 1,6 Dynamique<\/li>\n<li>Toyota Yaris Zen 1 luikrug 5-deur<\/li>\n<\/ol>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/zdorov-e-i-ujut\/transport\/roliki\">\u0441\u043a\u0435\u0439\u0442 \u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0432 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62744-chto-delat-s-neraskrytymi-prestupleniyami-peredovoy-opyt-i-mneniya-ekspertov.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrikaners is baie lief vir luikrugmotortjies en daar was nog nooit vantevore so \u2018n groot verskeidenheid van juis di\u00e9 tipe rygoed soos tans nie. Ons het \u2018n paar van die klein motortjies onder hande geneem. Alhoewel die vier motortjies waarmee ons rondgerits het weliswaar nie direkte teenstaanders is nie, dink ons tog die publiek kyk [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":10942,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[101],"tags":[],"class_list":["post-10946","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c92-motornuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10946","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10946"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10946\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/10942"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10946"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10946"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10946"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}