{"id":10935,"date":"2011-08-23T09:15:49","date_gmt":"2011-08-23T09:15:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10935"},"modified":"2011-08-23T09:15:49","modified_gmt":"2011-08-23T09:15:49","slug":"maafa-21-wit-volksmoord-op-swartes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10935","title":{"rendered":"Maafa 21, wit volksmoord op swartes"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Regse godsdienstige groeperinge in die VSA probeer die afgelope paar jaar om die morele gesag van die swart burgerregtebeweging met toepaslike konserwatiewe multikulturele politiek te beantwoord. Dit is &#8216;n gewaagde strategie, gegewe dat Christelike konserwatisme in die wit Suide gesmee is as &#8216;n front teen rasse-integrasie in skole.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die beweging kan nie met veel suksesse spog nie, behalwe om swart kerke teen die gayregtebeweging op te steek. Die anti-aborsie beweging, egter, wat Afro-Amerikaners vertel dat aborsie as &#8216;n wit instrument van eugenika en volksmoord aangewend word, lyk asof dit mooi stoom opbou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die veldtog het reeds &#8216;n impak gemaak. Die New York Times berig dat die oorweldigende wit Georgia Right to Life meer as $20 000 spandeer het met die oprigting van 80 reklameborde in Atlanta wat uitroep: &#8220;Swart kinders &#8216;n bedreigde spesie!&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groep het &#8216;n webwerf het geskep, Too Many Aborted , met uitstekende besoekersgetalle, wat ontwerp is om wettige aborsie uit te beeld as &#8216;n wit komplot teen die swart gemeenskap. Intussen, volgens die Times, het die nuwe dokument\u00eare film, getiteld Maafa 21: Swart volksmoord in die 21ste eeu in Amerika, ongekende sukses onder swart gehore in die VSA.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 dokument\u00ear gee voor om &#8220;verbindings tussen slawerny, Nazi-styl eugenika, geboortebeperking en aborsies, na te spoor&#8221;. Markita Eddy, verbonde aan die historiese swart Morris Brown Kollege, en eers &#8216;n voorstander van aborsie, het teen aborsieregte gedraai nadat sy die film te siene gekry het, volgens die Times.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As propaganda, is Maafa 21 vernuftig, met net genoeg waarhede plek-plek om daaraan die nodige vernis van &#8220;navorsing&#8221; en &#8220;ingeligtheid&#8221; te gee. Die woord &#8220;Maafa&#8221; is &#8216;n Swahili-term om die tydperk van swart slawerny te beskryf. In die film, argumenteer verteller Markus Lloyd dat die Maafa &#8220;nie die einde bereik het toe die slawe vrygestel is nie&#8230; maar daar bestaan &#8216;n verborge rasse-agenda om die Maafa lewendig te hou in die 21ste eeu.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit klink heel opreg genoeg, al praat Lloyd nie oor die gewone litanie van swart armoede, of opvoedkundige ongelykhede, of die nalatenskap van Jim Crow nie. Trouens, nie &#8216;n woord van laasgenoemde nie: Hy praat oor gesinsbeplanning en aborsieregte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat volg, is &#8216;n hoogs selektiewe, verwronge geskiedenis van die geboortebeperkingbeweging. Maafa 21, wat deur die wit anti-aborsie aktivis Mark Crutcher uit Texas gemaak is, is &#8216;n uiters oneerlike propaganda-oefening, een wat daarop gemik is om Afro-Amerikaners te oortuig dat beide gesinsbeplanning en evolusion\u00eare teorie deel is van &#8216;n massiewe sameswering teen hulle.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beide ondersteuners en teenstanders van geboortebeheer gebruik dikwels eugenika in hul argumente, maar vir Crutcher is geboortebeperking deel van &#8216;n lang, fynbeplande wit komplot teen swartes. Natuurlik wys die film nie dat Hitler, gretig vir meer Duitse babas, vinnig teen wettige aborsie en geboortebeheerklinieke opgetree het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die vurigste ondersteuners van geboortebeheer was, ironies genoeg, Thabo Mbeki se held, W.E.B. Dubois, wat eugenika aanprys. Dubois veroordeel wat hy noem &#8220;die dwaling van getalle&#8221; en het die &#8220;kwaliteit van die swart ras as meer belangrik vir sy oorlewing geag&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Geboortebeperkingskliniek wat in 1930 Harlem oopgemaak het, is ondersteun deur die invloedryke plaaslike swart koerant, die Amsterdam News, en deur die bank deur swart politieke en godsdienstige leiers in Harlem verwelkom. Maar Maafa 21 is nie besorg oor die werklikheid nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maafa 21 beweeg van distorsie na blatante misleiding in die beskrywing van Gunnar Myrdal, &#8216;n Nobelprys-bekroonde ekonoom wat saam met sy vrou, Alva Myrdal, &#8216;n belangrike rol gespeel het in gesinsbeplanning in Swede en &#8216;n groot voorstander van multikulti was. Hy word trouens dikwels in die VSA beskryf as die vader van multikulti. Myrdal, het volgens &#8220;kenners&#8221; wat die vervaardiger van Maafa21 genader het, &#8220;geglo dat swartes nie hulself kan help nie, en dat niemand hulle kan help nie, en die enigste oplossing in sy o\u00eb was om ontslae te raak van hulle.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Myrdal is aanvanklik in opdrag om &#8216;n grootskaalse studie van ras in Amerika te onderneem deur die Carnegie Corporation genader, wat die vars blik van &#8216;n buitelander wou gehad het. Hy was geskok deur segregasie en het gemeen dat rassisme &#8216;n probleem in die hart van die Amerikaanse samelewing is. Een van Myrdal se medewerkers op die projek was Ralph Bunche, wat later nou saam met die Martin Luther King Jr. gewerk het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is natuurlik soms redes vir minderhede om agterdogtig te wees oor bevolkingsbeheer. Swart mense was al voorheen onderhewig aan onwillekeurige sterilisasie en reproduktiewe dwang. Maafa 21 herhaal die anti-voorbehoedingsargumente deur Swart Mag-leiers van die 1960&#8217;s en 1970&#8217;s. Inderdaad, Afro-Amerikaanse militante was agter &#8216;n paar van die vroegste gevalle van geweld teen aborsieklinieke. Soos Elaine Tyler May skryf in haar boek, Amerika en die die pil (Basic Books, April 27, 2010), is een Cleveland gesinsbeplanningsentrum afgebrand na beskuldigings van &#8220;swart volksmoord&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Crutcher, die regisseur van Maafa 21, wys tereg daarop dat swart vroue &#8216;n veel ho\u00ebr aborsiekoers het as wit vroue. Volgens aan die Instituut Guttmacher, is 69% van swangerskappe onder Afro-Amerikaanse vroue onbeplan, in vergelyking met 40% vir wit vroue.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat hy nie vra nie, is waar die die swart bevolking in Amerika sou gewees het sonder geboortebeperking.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/oborudovanie_dlya_gruzovogo_servisa\/\">\u0434\u043b\u044f \u0433\u0440\u0443\u0437\u043e\u0432\u043e\u0433\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/nahnews.org\/160337-kto-pomogaet-xarkovchanam-skryvatsya-ot-mobilizacii\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Regse godsdienstige groeperinge in die VSA probeer die afgelope paar jaar om die morele gesag van die swart burgerregtebeweging met toepaslike konserwatiewe multikulturele politiek te beantwoord. Dit is &#8216;n gewaagde strategie, gegewe dat Christelike konserwatisme in die wit Suide gesmee is as &#8216;n front teen rasse-integrasie in skole. Die beweging kan nie met veel suksesse [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[],"class_list":["post-10935","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10935","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10935"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10935\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10935"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10935"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10935"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}