{"id":10900,"date":"2011-08-15T05:39:11","date_gmt":"2011-08-15T05:39:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10900"},"modified":"2011-08-15T05:39:11","modified_gmt":"2011-08-15T05:39:11","slug":"zille-ontken-tenderbedrogaantygings","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10900","title":{"rendered":"Zille ontken tenderbedrogaantygings"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Wes-Kaapse Premier, Helen Zille, het aantygings deur &#8216;n Sondagkoerant ontken dat haar kantoor &#8216;n kommunikasie-tender ter waarde van R1 miljard aan &#8216;n reklame-agentskap toegeken het sonder om behoorlike prosedures te volg.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar is absoluut geen waarheid in die gerug dat iets in die toekenning van hierdie tender onbehoorlik of sonder voorskrif geskied het nie,&#8221; het sy in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Vrae moet gevra word waarom die Sunday Times verkies het om doelbewus nie ons weergawe van die feite te publiseer nie. Ons sal &#8216;n formele klagte by die Persombudsman l\u00ea.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Sunday Times het berig dat &#8216;n kontrak toegeken is aan TBWA Hunt Lascaris om tien staatsdepartemente in die provinsie se kommunikasie oor te neem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die verslag is die tender nooit behoorlik geadverteer of op die regering Tenderbulletin geplaas nie, soos deur die Tesourie-regulasies vereis word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Nie net het ons aan die joernalis ges\u00ea dat die tender geadverteer is in Die Burger en die Cape Argus nie, maar dit bevestig deur aan die joernalis &#8216;n skandering van die werklike advertensie wat in druk verskyn het te stuur,&#8221; het Zille ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Sunday Times het berig dat &#8216;n hersiening deur die Provinsiale Tesourie bevind het dat die aanstelling van TBWA &#8216;n &#8220;tekort aan beheermaatre\u00ebls openbaar en die beginsels van goeie bestuur oorskry&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het die tenderproses nietemin onderskryf , en bevind dat die foute &#8216;n &#8220;leer-ervaring&#8221; was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille het ges\u00ea die R1 miljard tender is &#8216;n &#8220;absolute versinsel&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit was duidelik gemaak aan die joernalis dat die geskatte totale kommunikasie van die provinsiale regering tussen R50 miljoen en R70 miljoen per jaar beloop.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Bodtoekenningskomitee, wat amptenare van regsdienste insluit, het geen klagtes van deelnemende bie\u00ebrs ontvang nie en daar was geen onre\u00eblmatighede nie, het Zille ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek is vol vertroue dat die tenderproses deursigtig, regverdig, billik, mededingend en koste-effektief was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die Wes-Kaapse regering het niks om weg te steek nie en sal die ouditeur volle toegang tot enige dokumentasie of amptenare wat nodig is vir sy ondersoek, gee,&#8221; het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille het ges\u00ea sy het die direkteur-generaal versoek om die Ouditeur-generaal te vra om &#8216;n tenderproses oudit te doen.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.masters19.ru\/dekor-iz-gipsa\/\">\u0433\u0438\u043f\u0441\u043e\u0432\u044b\u0435 \u0444\u0438\u0433\u0443\u0440\u044b \u043d\u0430 \u0441\u0442\u0435\u043d\u0443<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.obozrevatel.com\/crime\/90724-v-harkove-prokuratura-zavela-delo-o-krazhe-konfiskata-na-15-millionov.htm\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wes-Kaapse Premier, Helen Zille, het aantygings deur &#8216;n Sondagkoerant ontken dat haar kantoor &#8216;n kommunikasie-tender ter waarde van R1 miljard aan &#8216;n reklame-agentskap toegeken het sonder om behoorlike prosedures te volg. &#8220;Daar is absoluut geen waarheid in die gerug dat iets in die toekenning van hierdie tender onbehoorlik of sonder voorskrif geskied het nie,&#8221; het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-10900","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10900","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10900"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10900\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10900"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10900"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10900"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}