{"id":10895,"date":"2011-08-14T07:53:49","date_gmt":"2011-08-14T07:53:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10895"},"modified":"2011-08-14T07:53:49","modified_gmt":"2011-08-14T07:53:49","slug":"lexus-betree-die-premium-c-segment-met-die-nuwe-ct200h","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10895","title":{"rendered":"Lexus betree die Premium C-segment met die nuwe CT200h"},"content":{"rendered":"<p><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die Lexus CT200h van voor\" alt=\"Die Lexus CT200h van voor\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/08\/lexus3.jpg\" width=\"251\" \/>Met motors wat deesdae net soveel soos huise kos, is die splinternuwe Lexus CT200h baie meer groen as wat jy dink.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar  is ander vervaardigers wat groen motors bou, maar almal het dit eintlik  maar net afgekyk by Toyota. Die Toyota Prius is die oorspronklike groen  motor met sy spontane krag wat van sowel \u2018n klein elektriese motor as  \u2018n klein petrolenjin afkomstig is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lexus  is deel van Toyota en tegnologiese ontwikkeling word uiteraard met  Toyota gedeel. Die splinternuwe Lexus CT200h is \u2018n vars bries in die  premium-C-segment vir luikrugte. Dit is nou motors soos die Audi A3 en  BMW 1-reeks waarmee Lexus hoop om mee te ding. Daar is net een vangplek:  beide die Duitsers is gewone motors wat \u00f3f deur \u2018n hoogtegnologiese  &nbsp;petrolenjin \u00f3f \u2018n nog meer indrukwekkende dieselenjin aangedryf word.  Lexus het met die CT200h die skoner, sagter, gladder petrolweg,  gekombineer met \u2018n redelike sterk elektriese motor, gevolg. Hierdie is  \u2018n luikrug en dan ook die enigste premiumluikrug in die land wat van  hibriede krag gebruik maak. In egte Lexus-tradisie is die nuwe CT200h  baie goed aanmekaar gesit met gehaltestowwe wat oral in die binneruim  waarneembaar is. Al die paslyne is soos ons gewoond geraak het aan Lexus  so te s\u00ea volmaak. Daar is ook, soos dit van \u2018n motor in di\u00e9 klas verwag  word, byna alles wat elektronies oop en toe maak.<\/p>\n<h4>Modelle<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  nuwe CT200h is beskikbaar in twee weergawes, CT200h S en die CT200h  F-Sport. Beide modelle is toegerus met \u2018n outomatiese ratkas en word  deur die voorwiele aangedryf. Die enjins is ook identies met \u2018n  1,8-literpetroleenheid wat 73 Kw by 5200 omwentelinge ontwikkel plus dan  die fris elektriese motor wat sowat 60 Kw en 207 NM se wringkrag  byvoeg. Die gesamentlike totale kraglewering van die motor is 100Kw met  &nbsp;349 Nm se wringkrag. Die feit dat daar sowat 33 KW in die hele proses  van die sinergie tussen die petrol- en die elektriese motor verlore  gaan, is toe te skryf aan die verskillende komponente wat krag van beide  enjins af benodig om basiese funksies te behartig. Daar is \u2018n draaiknop  in die middelkonsole waarmee die bestuurder kan kies of hy in sport,  ekonomie of normaal wil ry. Daar kan ook met die druk van \u2018n ander knop  selfs net op elektriese krag met die CT200h gery word. Die hele stelsel  is heltemal ge\u00efntegreer en die motor sal jou toelaat om in druk verkeer  slegs met die elektriese motor te ry solank die spoed net onder 45km\/u  bly. Lexus gee dan ook die brandstofverbruik aan as 4,1 l\/100km in die  gekombineerde siklus. Die F-Sport-modelle het \u2018n paar klein kenmerke  anders as die gewone S-model. Daar is byvoorbeeld F-Sport-kentekens,  groter bande en ander sierwiele, groen bamboesluidsprekers en  -versterker. Die F-Sport se instrumentepaneel verander van \u2018n kragmeter  na \u2018n toereteller as hy in die sportmodus bestuur word. Die hele motor  hurk baie laag met \u2018n aggressiewe houding wat dit sommer baie sportief  laat vertoon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die Lexus CT200h van agter\" alt=\"Die Lexus CT200h van agter\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/08\/lexus1.jpg\" width=\"251\" \/><\/p>\n<h4>Ruimte<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir  \u2018n luikrug is die Lexus CT200h baie ruim al is hy slegs 4,3 meter lank.  Vyf volwassenes kan gemaklik in die die motor pas. Die bagasieruim word  aangegee as 375 liter wanneer die sitplekke regop is en 985 liter  wanneer die agterste sitplek plat gevou is.<\/p>\n<h4>Verrigting<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met  die sowat 100Kw se krag versnel die CT200h tot by 100km\/u in slegs 10,3  sekondes en word beperk tot \u2018n maksimum snelheid van 180km\/u.  Uitlaatgasse is slegs 94g\/km wat onder die 100 g\/km van die wet is. So  daar is in di\u00e9 geval geen belasting op uitlaatgasse betaalbaar nie.<\/p>\n<h4>Pryse<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lexus gee die pryse by die bekendstelling aan as R343 300 vir die intree-S-model en R398&nbsp;500 vir die F-Sportmodel.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/medicinskaya-spravka-095-u\">\u043e\u0431\u0440\u0430\u0437\u0435\u0446 \u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0438 \u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kh.depo.ua\/rus\/kh\/2016\/01\/prokuratura-rozsliduye-nezakonnu-rekonstrukciyu-pam-yatnika-arhitekturi-v-centri-harkova-20170504566196\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met motors wat deesdae net soveel soos huise kos, is die splinternuwe Lexus CT200h baie meer groen as wat jy dink. Daar is ander vervaardigers wat groen motors bou, maar almal het dit eintlik maar net afgekyk by Toyota. Die Toyota Prius is die oorspronklike groen motor met sy spontane krag wat van sowel \u2018n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":10893,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[101],"tags":[],"class_list":["post-10895","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c92-motornuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10895","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10895"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10895\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/10893"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10895"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10895"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10895"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}