{"id":10873,"date":"2011-08-10T08:48:59","date_gmt":"2011-08-10T08:48:59","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10873"},"modified":"2011-08-10T08:48:59","modified_gmt":"2011-08-10T08:48:59","slug":"opstande-of-betogings","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10873","title":{"rendered":"Opstande of betogings?"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die rasopstand in Londen het nou versprei na ander stede, met geweld wat aangemeld is in dele van Birmingham, Liverpool en Bristol.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Groot-Brittanje, soos ander dele van die w\u00eareld, ervaar tans onrus met w\u00eareldwye ekonomiese onsekerheid en markonbestendigheid wat heers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die afgelope paar dae se geweld in die Verenigde Koninkryk was nie net ekonomies gedrewe nie. Dit was &#8216;n klassieke rasse-opstand, soos &#8216;n Britse skrywer dit <a href=\"http:\/\/blogs.telegraph.co.uk\/news\/katharinebirbalsingh\/100099830\/these-riots-were-about-race-why-ignore-the-fact\/\">omonwonde stel<\/a>, en nie &#8216;n georganiseerde betoging nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag is nou dus of rasse-onluste gaan volg op ekonomiese onrus in lande wat hulself op &#8216;n koloniale verlede kan roem? Waar laat dit die VSA waar sogenaamde &#8220;flash mobs&#8221; &#8211; bendes van swart jeudiges &#8211; alreeds in stedelike gebiede teen wittes optree?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor die hele w\u00eareld heen het betogers die afgelope tyd georganiseerd betoog oor verswarende ekonomiese toestande. Sedert Junie is daar protesoptogte in Brittanje waaronder drie groot onderwysersvakbonde, doeane-en immigrasie-beamptes, en lugverkeerbeheerders se ontevredenheid oor pensioeninkortings gesorg het dat sowat 750,000 mense betoog het. D\u00edt het sonder voorval verloop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Londen se pers het egter ook berig dat ontevredenheid onder Brittanje se arm nie-blanke stedelike gebiede al jare lank prut, in buurte soos Tottenham, waar die mees onlangse onluste begin het n\u00e1 die dood van &#8216;n bruin rampokker.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar soos een man aan NBC News ges\u00ea het oor &#8216;n opstand twee maande gelede, &#8220;Daar was nie &#8216;n woord in die pers oor ons protes laasnag (Saterdag) nie.&#8221; En die opstand was beslis rasgedrewe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In reaksie op die <a href=\"http:\/\/www.youtube.com\/watch?v=WoFak7MRBJw&amp;feature=player_embedded\">rassegeweld<\/a> in Londen en elders, het die Britse Eerste Minister, David Cameron, ges\u00ea wet en orde sal heers en hy het die aantal polisiebeamptes drasties vermeerder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sowat 250,000 mense het die strate van Tel Aviv, Israel, Saterdag ingevaar oor die stygende lewenskoste. Betogings het eintlik verlede maand begin toe &#8216;n paar mense tente in &#8216;n duur deel van Tel Aviv staangemaak het om teen stygende eiendomspryse protes aan te teken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Netanyahu het aangekondig dat &#8216;n reeks hervormings sal volg oor grond vir konstruksie en belastingtoegewings. Maar die aankondigings het net groter woede in die strate veroorsaak. Onder die oppervlak prut weerstand teen Netanyahu se konserwatiewe teenkanting teen Palestynse onafhanklikheid en groter internasionale druk wat gemoedere in Israel ook op die spits dryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Spanje, Griekeland, Portugal, al drie van die Europese Unie,  het betogings gevolg in reaksie op di\u00e9 regerings se aankondigings dat maatskaplike programme ingekort sal word weens swak ekonomiese toestande.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die einde van Junie reeds het onluste uitgebreek in Athene en in ander dele van Griekeland toe die land se parlement gestem het om staatsbesteding drasties te besnoei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Spanje, het duisende mense laat in Mei, teen die land se 21 persent werkloosheidskoers opgeruk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Portugal het stakings en protes verlede Maart gevolg in reaksie op die regering se plan om uitgawes te sny. Ten minste 200,000 mense het in Lissabon opgeruk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Duisende werknemers het in Mei in die Fillipyne gestaak. Hulle het aangedring op beter lone in die lig van stygende inflasie en ho\u00ebr oliepryse.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In China het byna 1000 bestuurders in die ooste van China verkeer ontwrig uit protes teen die stygende brandstofkoste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Inflasie in China slaan hard, met voedselpryse wat onlangs met 12 persent toegeneem het. Baie Chinese amptenare vrees dat inflasie, tesame met die stygende prys van eiendom kan lei tot nog meer onrus.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dit sluit nie eens die hele rits lande in die Midde-Ooste waar politieke onrus uitgebreek het en steeds heers, in nie. Onrus wat eweneens uit ekonomiese beperkinge gebore is, teister Egipte, Tunisi\u00eb, Marokko, Libi\u00eb, Siri\u00eb en nog ander.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die Midde-Ooste het ekonomiese werklikhede die mededinging tussen moslemfaksies verskerp, en veral tussen pro-Amerikaanse en anti-Amerikaanse, lees anti-wit, faksies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat ekonomiese faktore uiteindelik kan bydra tot rassegeweld, lyk dus bykans onvermydelik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die algemene anti-blanke gevoel in die w\u00eareld het met die anti-apartheidsbeweging begin en daarna na die Moslemw\u00eareld oorgespoel in hul veldtog teen Israel. In Westerse hoofstede soos Parys of tans Londen, word geboue geplunder en afgebrand as &#8220;simbole van &#8216;n vyandelike beskawing&#8221;. Dis nie die geboue of die blanke beskawing wat &#8216;n probleem is nie, dis die rassebewussyn van die onlusmakers. Maar hoeveel Westerse ontleders of politici is vandag bereid om dit te erken?<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/oborud\/dlya-finskih-i-russkih-parnyih\/drovyanyie-pechi\/\">\u0434\u043b\u044f \u043f\u0435\u0447\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34470\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die rasopstand in Londen het nou versprei na ander stede, met geweld wat aangemeld is in dele van Birmingham, Liverpool en Bristol. Groot-Brittanje, soos ander dele van die w\u00eareld, ervaar tans onrus met w\u00eareldwye ekonomiese onsekerheid en markonbestendigheid wat heers. Maar die afgelope paar dae se geweld in die Verenigde Koninkryk was nie net ekonomies &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10873\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Opstande of betogings?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-10873","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10873","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10873"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10873\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10873"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10873"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10873"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}