{"id":1087,"date":"2007-11-15T10:50:36","date_gmt":"2007-11-15T10:50:36","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1087"},"modified":"2007-11-15T10:50:36","modified_gmt":"2007-11-15T10:50:36","slug":"146m-in-gauteng-teen-2014","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1087","title":{"rendered":"14,6m in Gauteng teen 2014"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Johannesburg beplan &#329; stad wat deur goed versorgde sypaadjies, ho&euml; woonstelgeboue, kantore, winkels en vermaakplekke oorheers sal word. Bre&euml; hoofwe&euml; sal &#329; reeks sakesentra met mekaar verbind. Vir Sandton word geboue van 40 verdiepings en ho&euml;r in die vooruitsig gestel terwyl 20 vloere en ho&euml;r die norm in Rosebank en Randburg sal wees.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ongeveer 330 km se snelbusroetes sal vanaf 2009 in die stad ontplooi word. Werk het reeds aan die eerste fase hiervan begin, &#329; roete wat van Soweto na Sandton via die middestad, Parktown en Rosebank sal loop. &#329; Groot deel van die aanvanklike belegging in snelbusroetes is veronderstel om besoekers aan die stad tydens die 2010-w&ecirc;reldbeker te bedien.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Daar word beplan dat di&eacute; stelsel teen 2020 binne 500 m van die meeste mense se voordeure sal wees, terwyl die meeste wooneenhede uit gehuurde of deeltitelwoonstelle sal bestaan. Teen daardie tyd sal Johannesburg na raming net so dig bevolk wees soos Londen met ongeveer 4 500 mense per vierkante km.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tans is Johannesburg se gemiddelde bevolkingsdigtheid slegs 2 500 inwoners per vierkante km. Die idee is om arm mense nader aan die werkplekke te bring en om motors met openbare vervoer te vervang. Die ANC wil ook ontwikkelaars dwing om wit en swart deurmekaar te laat woon deur &#329; vereiste te stel dat bekostigbare behuising in elke nuwe ontwikkelingsprojek ingesluit word. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Globale stadstreke&rdquo; het nasiestate verbygesteek as die belangrikste ekonomiese eenhede. Die grootste onder hulle is tans Boston-New York-Washington wat 55 miljoen mense huisves en gelykstaande is aan die vierde grootste ekonomie ter w&ecirc;reld. &#329; Amerikaanse stadskenner, Richard Florida, het onlangs geskryf dat &ldquo;Sjina as &#329; ekonomiese eenheid so te s&ecirc; sinloos is. Wat saak maak, is sy megastede: Sjanghai tot Nanking, met 50m mense; Hong Kong tot Sjenzen, met 40m; asook groter Beijing met 36m.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Gauteng gaan die 12de grootste van die 20 globale stadstreke wees, met 14,6m mense.&nbsp; Of Johannesburg egter van gedaante in &#329; Lagos of &#329; New York gaan verwissel, is nog nie seker nie. Mnr. Herman Pienaar van Johannesburg se stadsbeplanningsdepartement wil toesien dat ho&euml;r estetiese standaarde by nuwe geboue gehandhaaf word. Prof. Fran&ccedil;ois Viruly van die Witwatersrandse Universiteit is bekommerd dat daar geen beplanning vir nie-handelsinstellings soos skole, parke, biblioteke en klinieke is nie. &ldquo;As daar geen beplanning is om dienste in die vervoernodes te integreer nie, kan die gebiede in slums soos Hillbrow en Berea ontaard,&rdquo; meen hy.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Wat Johannesburg se grootste probleem, misdaad, aanbetref, kyk die munisipaliteit na die voorbeelde van Colombia en Brasili&euml; waar Bogota en Curitiba onderskeidelik veilig gestel is. &ldquo;Ons behoort dieselfde reg te kry,&rdquo; verseker Phil Harrison, &#329; voormalige Wits-professor en tans hoof van stadsbeplanning in Johannesburg.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoBodyText\">Die premier van Gauteng, Sam Shilowa, is ook vol vertroue dat alle regeringsvlakke saamwerk om van Johannesburg &#329; sukses te maak. &ldquo;&#329; Stadstreek wat doeltreffend in die globale ekonomie kan meeding verteenwoordig die sleutel tot Suid-Afrika se groei, asook ons vermo&euml; om armoede, werkloosheid en onderontwikkeling die hoof te bied,&rdquo; s&ecirc; hy.<\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/statii\/lego-frends-konstruktor-kotorii-sozdavalsya-specialno-dlya-devochek\">\u043a\u043e\u043d\u0441\u0442\u0440\u0443\u043a\u0442\u043e\u0440\u044b \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u0435\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/30\/190438.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: center; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Gautengbev.JPG\" width=\"416\" height=\"252\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\">Gauteng: bevolkingsgroei<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Die Gauteng-provinsie en veral Johannesburg kan verwag om &lsquo;n bevolkingsgroei van 8% per jaar te handhaaf soos wat mense van oor die hele Afrika daarheen stroom. Teen 2014 gaan daar 14,6 miljoen mense in die provinsie wees. Hierdie syfer neem waarskynlik nie die beoogde afskaffing van visumvereistes vir Zimbabwi&euml;rs in ag nie. <\/p>\n<div align=\"justify\" style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die bevolking van Gauteng bars uit sy nate, want in 2001 toe die laaste sensusopname plaasgevind het, was daar maar 8, 8 miljoen mense wat tot 9,6 miljoen tans toegeneem het. Die Johannesburgse munisipaliteit beplan om tussen 3 en 4 miljard rand per jaar aan &#329; nuwe vervoerstelsel vir die stad bestee in &#329; poging om die ongekende bevolkingsgroei te hanteer. Dit is benewens die R27 miljard van die Gautreinprojek.<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[1049,1050,21089,182],"class_list":["post-1087","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-1049","tag-6m-in-gauteng-teen-2014","tag-nuus","tag-streeksnuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1087","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1087"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1087\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1087"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1087"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1087"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}