{"id":10850,"date":"2011-08-06T07:34:13","date_gmt":"2011-08-06T07:34:13","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10850"},"modified":"2014-11-15T14:26:01","modified_gmt":"2014-11-15T12:26:01","slug":"is-die-globale-ryk-wenslik-n-kritiek-op-die-ryksgedagte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10850","title":{"rendered":"Is die globale Ryk wenslik?  &#8211; \u2018n kritiek op die Ryksgedagte"},"content":{"rendered":"<p>Dit was net \u2018n kwessie van tyd voordat globalisering in terme van \u2018n Ryk gesien sou word.\u00a0 Die Verenigde State van Amerika word toenemend as \u2018n nuwe Rome beskryf.\u00a0 Engels is die nuwe Latyn, en sodoende beleef ons een van daardie historiese herhalings wat vir filosowe en historici deur die eeue \u2018n sisteem aan die geskiedenis verleen het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2011\/08\/za-nl_roodt-dan.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-full wp-image-10849\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2011\/08\/za-nl_roodt-dan.jpg\" alt=\"za-nl_roodt-dan\" width=\"267\" height=\"360\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2011\/08\/za-nl_roodt-dan.jpg 267w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2011\/08\/za-nl_roodt-dan-222x300.jpg 222w\" sizes=\"auto, (max-width: 267px) 85vw, 267px\" \/><\/a>Enersyds, veral uit die geledere van ekonome, word globalisering verwelkom as verhoogde mededinging, en die vryelike sirkulering van goedere en dienste.\u00a0 Andersyds word dit egter gekritiseer as \u2018n oorheersing van die Noorde oor die Suide, van die nywerheidslande oor die Derde W\u00eareld.\u00a0 Met die einde van die Koue Oorlog is dit beswaarlik meer van pas om van \u2018n regs\/links-verdeling te praat, maar tipies sou ons kon s\u00ea dat globalisering van regs verwelkom word en van links afgewys word.\u00a0 Net om daardie rede is die werk van Hardt en Negri waarna ek gaan verwys, belangwekkend, want hulle sien in globalisering en \u2018n herrese Ryk \u2018n positiewe, selfs bevrydende ontwikkeling.\u00a0 En hulle is geen regse ekonome wat soos Milton Friedman die vrye keuse van die markekonomie bepleit nie, maar linkse intellektuele. \u00a0Trouens, Antonio Negri is so links dat hy ten tye van die skryf van Empire steeds besig was om \u2018n vonnis uit te dien as voormalige terroris van die Brigati Rossi, die Italiaanse Rooi Brigade.\u00a0 Ek kon hom seker \u2018n stedelike guerilla genoem het, maar gegewe die onlangse bomontploffings in Suid-Afrika, sou ek dalk kwalik geneem word indien ek enige sulke optrede sou wou goedpraat deur neutrale terme te gebruik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Empire<\/em> verteenwoordig daarom \u2018n linkse bevestiging van die Ryksgedagte.\u00a0 Die sleutel tot die hele boek word heel aan die einde verskaf, waar ons lees:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDaar is \u2018n ou legende wat sou kon dien om die toekoms van kommunistiese militansie te illustreer:\u00a0 di\u00e9 van Sint Fransiskus van Assisi.\u00a0 Dink aan sy werk.\u00a0 Om aandag te vestig op die armoede van die menigte, het hy die algemene toestand aangeneem en daar die ontologiese mag van \u2018n nuwe samelewing ontdek.\u00a0 Die kommunistiese stryder doen dieselfde, deur in die algemene toestand van die menigte hul enorme rykdom te ontdek.\u00a0 Fransiskus het in teenkanting teen die aanvang van kapitalisme nee ges\u00ea vir elke instrumentele dissipline, en in teenkanting teen die dood van die vlees (in armoede en die daargestelde orde) \u2018n vreugdevolle lewe gestel, wat alles in die syn en die natuur insluit, die arm en uitgebuite mense, almal saam teen die wil van mag en korrupsie.\u00a0 Weer eens in die postmoderne tyd bevind ons onsself in Fransiskus se posisie, en ons stel teen die ellende van mag die vreugde van syn.\u00a0 Dit is \u2018n revolusie wat geen mag gaan beheer nie \u2013 want biomag en kommunisme, samewerking en revolusie bly tesame, in liefde, eenvoud, en ook onskuld.\u00a0 Dit is die onoorkomelike ligtheid en vreugde daarvan om \u2018n kommunis te wees.\u201d<a name=\"_ftnref1\"><\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n sekere sin het ons hier die elisie van die hele Westerse projek van die afgelope 500 jaar.\u00a0 Die Renaissance, die Hervorming, die Verligting, die Moderne, selfs die Postmoderne word deur die gelukkige deus ex machina van globalisering en die Nuwe Ryk opgelos in \u2018n soort Hegeliaanse sintese van teenoorgesteldes, van die Christendom en die kommunisme, van die Middeleeue en die post-postmoderne.\u00a0 Uiteindelik, volgens Hardt en Negri, is Christelike altru\u00efsme, die leer van Sint Fransiskus van Assisi, die oplossing vir die mensdom se probleme.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is sekerlik \u2018n vereenvoudiging van hul tese, maar nie van hul gevolgtrekking nie.\u00a0 Miskien was Nietzsche reg toe hy die kommunisme beskryf het as die mees primitiewe maatskaplike stelsel, want hier word dit gereduseer tot die mees primitiewe mededeelsaamheid en menslike samesyn soos ons dit in sogenaamde premoderne of stamgebonde gemeenskappe aantref.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hardt en Negri steun swaar op die denke van die Paryse filosoof, Gilles Deleuze, veral die twee boeke wat hy saam met die psigoanalis F\u00e9lix Guattari geskryf het, die sogenaamde <em>Anti-Oedipus<\/em> en <em>Mille plateaux<\/em>, oftewel <em>\u2018n Duisend plato\u2019s<\/em>.\u00a0 Ek wil nie hier die volledige argument van Hardt en Negri weergee nie; daarvoor kan u die boek self gaan lees of die opsomming daarvan wat in Afrikaans aangebied is in die jongste uitgawe van Fragmente deur Bert Olivier<a name=\"_ftnref2\"><\/a>.\u00a0 Soos my titel aandui, stel ek meer belang in die kritiek van hul denke, asook van die Ryksgedagte in die algemeen.\u00a0 Ek wil graag aantoon hoe dit gebeur het dat die Ryksgedagte in die sin van imperiale denke, oor die afgelope paar dekades, en veral sedert die Tweede W\u00eareldoorlog, begin oorheers het in die Weste.\u00a0 Ook in Suid-Afrika beleef ons die afgang van etnisiteit en nasionaliteit en die opkoms, of dan die geprogrammeerde bevordering van ryksidees soos multikulturalisme, \u201ceenheid in diversiteit\u201d, ons nuwe leuse wat in \u2018n dooie taal op die nuwe landswapen pryk.\u00a0 In Afrikaans veral woed \u2018n debat oor die behoud van Afrikanerskap, \u2018n nasionale identiteit, teenoor \u2018n opgaan in die groter geheel, beide \u2018n verengelsde en veramerikaansde Suid-Afrika, maar ook die groter Afrika-Unie, die nuwe Empaaier wat in ons tyd tot stand moet kom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eerste stelling wat ek wil maak, en dit is hier waar my lesing waarskynlik as ietwat omstrede ervaar gaan word, is dat die hele beweging in die twintigste-eeuse filosofie, vanaf Heidegger se kritiek van metafisika, wat uiteindelik via die Franse strukturalisme en postmodernisme sou uitloop op \u2018n algemene relativisme, ook bekend onder name soos dekonstruksie, die kritiek van mag of fallogosentrisme, radikale feminisme, die filosofie van verskil en, les bes, Deleuze se begeerteproduksie, nomadiese denke en risomatiek, dit alles kan beskou word as \u2018n neiging tot Ryksdenke waarvan Hardt en Negri se Empire tegelyk die sintese en die kulminasie verteenwoordig.\u00a0 Fukuyama se bewering, n\u00e1 Koj\u00e8ve se lesing van Hegel, dat die geskiedenis aan sy einde gekom het, is van presies dieselfde orde.\u00a0 Die Ryk verteenwoordig, na alles, indien nie die be\u00ebindiging van geskiedenis en stryd nie, ten minste die opheffing daarvan, \u2018n soort skietstaking wat soos die Westerse Romeinse Ryk dalk vyfhonderd jaar mag duur.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eerste vraag is dus, hoe het ons hier uitgekom?\u00a0 Hoe het dit gekom dat vanuit die intellektuele sentrum van die Westerse beskawing, wat ons seker as die Europese metropole waarvan Parys die belangrikste voorbeeld is en die Amerikaanse universiteit kan sien, en waartoe Negri en Hardt onderskeidelik byna volmaak behoort, \u2018n argument na vore sou kom wat tegelykertyd \u2018n soort absolute Empaaier, \u2018n w\u00eareldryk, verwelkom en die doodsklok lui oor die nasiestaat, oor die Verligting, oor eurosentrisme en waarskynlik oor die Westerse beskawing soos ons dit oor die afgelope 500 jaar geken het?\u00a0 Die tema van Westerse dekadensie is, soortgelyk aan di\u00e9 van die Ryk, \u2018n gewilde; dit is ewer seer deel van ons tydsgees as die Ryksgedagte self<a name=\"_ftnref3\"><\/a>.\u00a0 My antwoord op hierdie vraag is eenvoudig, of liewer die metodiek om daarby uit te kom, is eenvoudig in die sin dat dit een van die oudste idees in die filosofie is dat die heersende politieke en ekonomiese omstandighede in \u2018n maatskappy ook die aard van sy denke bepaal.\u00a0 Dit is sekerlik Marxiaans, Hegeliaans, maar kan selfs teruggevind word in Plato.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op sy eenvoudigste gestel, het Westerse relativisme, die kritiek van die subjek, die aftakeling van hi\u00ebrargie en sogenaamde magsverhoudinge, om nou \u2018n Foucauldiaanse clich\u00e9 te gebruik, saamgeval met die skemering van Westerse oorheersing in die w\u00eareld, met die tydperk van dekolonisering wat veral n\u00e1 die Tweede W\u00eareldoorlog momentum verkry het.\u00a0 Daar is \u2018n passasie in Jacques Derrida, waarskynlik die bekendste en mees bedrewe eksponent van post-koloniale relativisme, om dit nou so te noem, wat vir ons hierdie aspek baie goed opsom.\u00a0 Dit is te vinde in een van sy beroemdste opstelle, indien nie di\u00e9 beroemdste nie, \u00ab\u00a0Struktuur, teken en spel in die diskoers van die menswetenskappe\u00a0\u00bb.\u00a0 Die tema van hierdie opstel is die sogenaamde \u00ab\u00a0desentrering\u00a0\u00bb van Westerse denke, wat dan sou uitloop op dekonstruksie, postmodernisme, relatiwisme, noem dit wat jy wil.\u00a0 Volgens Derrida is daar een van die menswetenskappe wat<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201c\u00a0\u00a0&#8230;\u2018n bevoorregte of gepriviligeerde posisie beklee, en dit is etnologie.\u00a0 Trouens \u2018n mens kan aanneem dat etnologie slegs as wetenskap kon ontstaan het op die oomblik wat \u2018n desentrering plaasgevind het:\u00a0 op die oomblik toe die Europese kultuur \u2013 en gevolglik, die geskiedenis van metafisika en die begrippe daarvan \u2013 ontwrig is, weggedryf is uit sy lokus, en gedwing is om op te hou om sigself meer as die verwysingskultuur te beskou.\u00a0 Hierdie oomblik is nie in die eerste instansie en bowenal \u2018n oomblik van filosofiese of wetenskaplike diskoers nie.\u00a0 Dit is ook \u2018n politieke, ekonomiese, tegniese oomblik, ensovoorts.\u00a0 \u2018n Mens kan heeltemal met veiligheid s\u00ea dat daar niks toevalligs is aangaandie die feit dat die kritiek van etnosentrisme \u2013 die bestaansvoorwaarde van etnologie \u2013 stelselmatig sou wees en histories sou saamval met die vernietiging van die geskiedenis van metafisika nie.\u00a0 Beide behoort tot dieselfde tydvak.\u201d<a name=\"_ftnref4\"><\/a><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met ander woorde, op die oomblik dat Frankryk die bloedige Algerynse en Indochinese oorlo\u00eb deurmaak, wat uitloop op die terugtrek van sy troepe, die haastige vertrek van \u2018n miljoen Franse Algeryne, bars die epistemiese relativisme binne die intellektuele en wetenskaplike stelsels los.\u00a0 Etnologie, of antropologie, beteken ook die ontmoeting van Westerse kultuur en denke met ander kulture, op \u2018n gelyke vlak.\u00a0 In my eie terme wil ek dit omskryf as die verlies aan hi\u00ebrargie, iets wat ook by Hardt\/Negri sterk aanwesig is.\u00a0 Die neteligheid van ander kulture, veral sogenaamde primitiewe kulture sonder \u2018n skriftelike tradisie, te verstaan, is die element wat aanvanklik vir Boas in die laat negetiende eeu, toe vir sy leerling Margaret Mead, en uiteindelik vir L\u00e9vi-Strauss sou verlei om elke opvatting van hi\u00ebrargie tussen kulture of beskawings as taboe te verklaar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook in Suid-Afrika kan \u2018n groot deel van die politieke en intellektuele rusies van die twintigste eeu, wat tot vandag toe duur, teruggevoer word na \u2018n vraagstuk oor die wenslikheid van hi\u00ebrargie tussen kulture, aldan nie, maar ook, en veel belangriker, na \u2018n geskil tussen twee antropologiese skole in Suid-Afrika, di\u00e9 van die Engelse <em>social anthropology<\/em> en die Afrikaanse volkekunde, wat uit die Duitse tradisie spruit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die koloniale ryke van Engeland, Frankryk, Portugal, Belgi\u00eb, Itali\u00eb en ander lande het hulle vanaf die negentiende eeu in kontak gestel met \u201cdie ander\u201d, met radikaal verskillende kulture en onversoenbare w\u00eareldbeskouings.\u00a0 Dit is allermins vreemd dat Derrida self, ten minste in sy aanvanklike periode, die begrip \u201cverkil\u201d of \u201cla diff\u00e9rance\u201d sou verhef tot een van sy sentrale ide\u00eb.\u00a0 Ook Deleuze publiseer \u2018n studie oor verskil, wat sou lei tot die benaming in Frankryk vir \u2018n hele filosofiese skool, bekend as \u201cLes philosophies de la diff\u00e9rence\u201d, die \u201cfilosofie\u00eb van verskil\u201d.\u00a0 Let op die meervoud, want uiteraard kan hier geen sprake wees van \u2018n enkele filosofie nie, dit gaan om meervoud, pluraliteit, heterogeniteit, alles begrippe waarvan hul geskrifte wemel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n sekere sin is die skandaal van apartheid in die w\u00eareld nie te wyte aan menseregteskendings waarvan daar nie eintlik veel was nie, ten minste nie op die skaal waarop sulke skendings gewoonlik in Afrika en elders plaasvind nie, maar vanwe\u00eb die handhawing van \u2018n hi\u00ebrargiese ordening tussen die Westerling en nie-Westerling, op \u2018n tydstip toe die Westerse denke reeds sy eie desentrering ten prooi geval het.\u00a0 Soos ons sal sien, heg Hardt en Negri besondere waarde aan die hele kwessie van rassisme, en beskou hulle Europese identiteite as synde gekonstrueer op die basis van rassisme, uitsluiting en die onderdrukking van die ander.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voordat ek egter stilstaan by die Hardt\/Negri-teorie van die Ryk, is dit nodig om \u2018n opmerking oor my eie metodiek te maak.\u00a0 In \u2018n sekere sin, en ek is geheel en al bewus van die teoretiese omstredenheid daarvan, is ek besig om \u2018n soort teenaanval te loods op die filosofie van verskil, postmodernisme en verwante denkvorme.\u00a0 Dit sou egter verkeerd wees om dit te sien as \u2018n gepoogde of gewaande herstel van die sentrum.\u00a0 Net soos wat Westerse relativisme na vore gekom het vanuit dekolonisering en die ontmoeting met nie-Westerse kultuur via die etnologie, so ontstaan die kritiek daarop vanuit \u2018n sosio-politieke projek wat ek as die anti-imperiale stryd sou kon tipeer.\u00a0 Dit is nou die stryd van die Boere of Afrikaners om oorlewing, eers teen die Britse Ryk, en tans teen die Afrikaryk van mnr. Mbeki.\u00a0 In \u2018n verrassende en haas ondenkbare ommekeer van sake, en gedeeltelik ook danksy dit wat Giliomee die \u201conoorwonne oorgawe\u201d van 1994 genoem het, bevind die Afrikaner hom vandag in die situasie van \u2018n volk wat n\u00e1 die Europese model gekonstrueer is &#8211; dit is, as \u2018n kultuurvolk met \u2018n talige indentiteit &#8211; wat oorheers word deur verteenwoordigers van \u2018n nie-Westerse Ryksgroepering wat hulself in wisselende mate as heterogeen, multikultureel, swart-nasionalisties, Afrikanisties, \u2018n \u201cnasie-in-wording\u201d, ens., tipeer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die w\u00eareld is geheel en daarvan onbewus dat hier besig is om \u2018n sonderlinge gebeurtenis in Suid-Afrika plaas te vind:\u00a0 \u2018n identit\u00eare, en selfs etniese nasie volgens die Westerse model word oorheers en geassimileer deur \u2018n nie-Westerse groepering.\u00a0 Dit verteenwoordig \u2018n volslae ommekeer van die geskiedenis van die afgelope 500 jaar, en is daarom \u2018n ongekende eksperiment in die w\u00eareldgeskiedenis.\u00a0 Tot dusver is kolonialisme en imperialisme gesien, en dit sou ook vir Hardt en Negri geld, ten minste in die meer moderne tydperk, as \u2018n uitsluitlik Westerse verskynsel.\u00a0 In Suid-Afrika het ons vandag \u2018n Afrika-kolonialisme-in-wording, \u2018n Afrika-imperiale projek.\u00a0 Om saam met Derrida te praat, is imperialisme self nou gedesentreer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar word ges\u00ea dat die groot koste van die Tweede Vryheidsoorlog vir die Britse Ryk die eerste kraak in die mondering van Westerse kolonialisme verteenwoordig het.\u00a0 Ook Lenin, wat een van die felste kritici van imperialisme was, en waarna Hardt en Negri insgelyks verwys, erken die rol wat die Boere gespeel het om die potensi\u00eble ho\u00eb prys van Ryksuitbreiding aan die Westerse moondhede duidelik te maak<a name=\"_ftnref5\"><\/a>.\u00a0 Afrikanernasionalisme, of die totstandkoming van \u2018n Afrikanernasie, was ten nouste verbind met hierdie anti-imperiale stryd.\u00a0 Terwyl Europese nasies ontstaan het uit die oorlo\u00eb wat op die Vasteland tussen mekaar gevoer is, sodat landsgrense spreekwoordelik met bloed getrek is, het die diverse groepe waaruit die Afrikanervolk ontstaan het, spesifiek verenig om die imperium britannicum die hoof te bied.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">My vraag is nou, indien die Westerse relativisme ontstaan het uit die skemering van Westerse koloniale ryke, watter soort denke sou kon ontstaan uit die konfrontasie tussen \u2018n kwasi-Westerse nasie soos die Afrikaners, en \u2018n Afrikaryk?\u00a0 Op sy minste is dit \u2018n eksentriese situasie, in elke moontlike sin van die woord.\u00a0 Dit speel hom af buite die gewone verband van \u2018n verhouding tussen die Westerse sentrum en die koloniale periferie.\u00a0 In \u2018n sekere sin kan die Afrikaryk van mnr. Mbeki, die praatjies van Afrika-renaissance, natuurlik gesien word as nabootsing van imperialisme van die Westerse tipe.\u00a0 Afrikadenke is dikwels nabootsend van aard, soos ook blyk uit die kunsgeskiedenis waar Afrika-kunswerke wat dikwels namaaksels verteenwoordig van alledaagse Westerse voorwerpe soos \u2018n stoel, \u2018n bed, of \u2018n motorkar.\u00a0 Die skrywer Naipaul praat in sy romans van hierdie behoefte om na te boots, iets wat hy die \u201cmimiekmense\u201d noem, hulle wat Westerlinge, hul eertydse koloniale en imperiale heersers, na-aap.\u00a0 In \u2018n opstel oor die Kongo, skryf Naipaul oor die behoefte van Afrika aan grandeur, aan grootsheid, soos veral verpersoonlik deur die eertydse president, Mobutu Sese Seko waar sekere idees uit die Weste geleen word om \u2018n glorieryke toekoms vir Afrika te voorspel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cSo word die geleende idees \u2013 oor kolonialisme en vervreemding, die verbruikersmaatskappy en die afgang van die Weste \u2013 gebruik om die Afrikultus van egtheid te dien; en die droom van \u2018n vergange verlede wat herstel is, word verbind aan \u2018n droom van \u2018n toekoms van magiese krag.\u00a0 Die verwarring is nie nuut nie, en is nie beperk tot Za\u00efre nie.\u201d<a name=\"_ftnref6\"><\/a><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die koerante in Kinshasa is daar in die vroe\u00eb Sewentigerjare geskryf dat die Weste op pad uit was, en dat die Kongo in die jaar 2000 \u2018n nywerheidsreus sou wees, alles gedagtes wat ons herken in die huidige diskoerse rondom Nepad en die Afrika-eeu, die Afrika-renaissance, waarvan ons elke dag lees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kanse is gering dat daar aan die einde van die een-en-twintigste eeu \u2018n Afrikaryk sou verrys het wat die w\u00eareld gaan oorheers soos die imperium americanum dit tans doen.\u00a0 Maar dit is nie te s\u00ea dat dit nie nagestreef gaan word nie, gegewe die modieusheid van die Ryksgedagte.\u00a0 Die Afrikanerdom, \u2018n klein nasie wat n\u00e1 die Westerse model van \u2018n <em>kultuurvolk<\/em> gekonstrueer is, bevind hom in die visier van die fiktiewe, toekomsgerigte Afrikaryk wat die grootsheid van \u2018n magiese verlede wil laat herleef in \u2018n briljante toekoms wat met Westerse hulp en beleggings tot stand moet kom.\u00a0 Uit hierdie eksentriese situasie, behoort eksentriese denke voort te kom, met ander woorde denke wat ontkom aan die heersende relativisme, maar wat ook krities sou omgaan met die Ryksgedagte self.\u00a0 In \u2018n sekere sin kan die w\u00eareldgeskiedenis omskryf word as \u2018n voortdurende spel tussen twee pole, di\u00e9 van die Ryk, en di\u00e9 van die nasiestaat of Republiek.\u00a0 In die Romeinse tyd was daar immers \u2018n republiek wat deur \u2018n Senaat regeer is voordat die Ryk van die Caesars gekom het.\u00a0 Die waardes van die Republiek was sto\u00efsisme, patriotisme en liter\u00eare uitnemendheid, dit wat ons met die kultuur van die patrisi\u00ebrs assosieer.\u00a0 Die Latynse letterkunde kon byvoorbeeld nooit weer tydens die Ryk die hoogtes ewenaar wat dit onder die Republiek behaal het nie.\u00a0 Gedurende die Ryk, is dit die waardes en kultuur van die plebs wat oorheers.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Umberto Eco, ook \u2018n bekende postmoderne denker, sien enige nostalgie oor patrisiese waardes as futiel.\u00a0 Hy stel dit onomwonde dat Europe\u00ebrs sal moet aanvaar dat hul bevolking geheel en al gaan verander oor die volgende paar eeue.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cWat Europa steeds probeer aanpak as immigrasie is eerder migrasie.\u00a0 Die Derde W\u00eareld klop aan ons deure, en gaan inkom selfs al stem ons nie daarmee saam nie.\u00a0 Die probleem is nie langer om te besluit (soos wat politici voorgee) of studente\u00a0 by \u2018n Paryse universiteit die tsjador mag dra of hoeveel moskees daar in Rome gebou moet word nie.\u00a0 Die probleem is dat Europa gedurende die volgende millennium (en siende dat ek nie \u2018n profeet is nie, kan ek nie s\u00ea presies wanneer nie) \u2018n veelrassige kontinent gaan word \u2013 of \u2018n \u201cgekleurde\u201d een as u dit so verkies.\u00a0 Dis hoe dit gaan wees, of u daarvan hou of nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie ontmoeting (of botsing) van kulture kan tot geweld lei, en ek glo dat dit in \u2018n mate gaan gebeur.\u00a0 So \u2018n uitwerking kan nie vermy word nie en dit gaan vir \u2018n lang tyd aanhou.\u00a0 Maar rassiste behoort (in teorie) \u2018n ras te wees wat op pad is na uitsterwing.\u00a0 Was daar \u2018n patrisiese klas in antieke Rome wat nie die idee kon verdra van Galli\u00ebrs, of Samaritane, of Jode soos Sint Paulus wat Romeinse burgers geword het, of van \u2018n Afrikaan wat die imperiale troon bestyg het, soos wat ten einde laas gebeur het nie?\u00a0 Die patrisi\u00ebrs is vergete, oorwin deur die geskiedenis.\u00a0 Die Romeinse beskawing was \u2018n hibriede kultuur.\u00a0 Rassiste sal s\u00ea dat dit die rede is waarom dit tot \u2018n val gekom het, maar daardie afgang het vyfhonderd jaar geneem \u2013 wat vir my lyk na genoeg tyd vir ons om toekomsplanne te beraam.\u201d<a name=\"_ftnref7\"><\/a><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beide Eco en Hardt\/Negri beskou die Ryk en die gepaardgaande opkoms van die plebejers as onvermydelik; meer nog, hulle verwelkom dit.\u00a0 Dit word selfs gesien as \u2018n proses van bevryding van dit wat Hardt\/Negri \u201cdie menigte\u201d noem.\u00a0 Een van die eerste definisies van die Ryk wat in Empire aangebied word, is dat dit oor geen grense beskik nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar om terug te keer na my idee van \u201ceksentriese denke\u201d.\u00a0 Dit sou ook in Nietzscheaanse terme as \u201contydgenootlike denke\u201d omskryf kon word.\u00a0 Om te midde van die globale ryk vandag die behoud van \u2018n nasionale identiteit, nasionale taal, nasionale kultuur, e.d.m. te bepleit, is inderdaad vreemd, byna bisar, ontydgenootlik of, meer pejoratief, outyds en anachronisties, selfs \u201cregs\u201d.\u00a0 Ek is egter daarvan oortuig dat Nietzsche se filosofie die sleutel verskaf vir die soort respons wat ons behoort te h\u00ea teenoor die oorheersing van die Ryk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kortliks kom dit daarop neer dat die kritiek van relatiwistiese ryksdenke soos di\u00e9 van Hard\/Negri, maar ook die hele sogenaamde postmoderne beweging, nie moet behels die herstel van waarheid of transendente of selfs absolute denke nie, maar die herstel van hi\u00ebrargie.\u00a0 In \u2018n sekere sin was Nietzsche die vader van relatiwisme met sy stelling dat \u201cdaar geen waarheid is nie, maar slegs interpretasies\u201d.\u00a0 Antropologies beskou, verteenwoordig elkeen van die menigte kulture ter w\u00eareld een interpretasie van die werklikheid, en multikulturalisme moedig die versmelting van kulture aan.\u00a0 Dit geld nie net kultuur nie, maar ook etiek, wetenskap en w\u00eareldbeskouing.\u00a0 In Suid-Afrika vind ons die gelykstelling van eurosentriese wetenskap en afrosentriese geloof onder die naam \u201cinheemse kennisstelsels\u201d.\u00a0 Binnekort sal \u2018n mens in Suid-Afrika onder jou mediese skema, \u2018n eurosentriese uitvinding, kan eis vir besoeke aan die sangoma, wat sy pasi\u00ebnt behandel deur middel van \u2018n app\u00e8l op voorvaderlike ingryping.\u00a0 In \u2018n sekere sin is \u2018n sangoma \u2018n geloofsgeneser, en terwyl ons nog geskok word deur die gedagte dat \u2018n geloofsgeneser en \u2018n dokter tot dieselfde orde van wetenskapsbeoefening behoort, sou mens jou die beskuldiging van rassisme op die hals haal indien jy beswaar maak teen die tipering van \u2018n sangoma as \u2018n geneeskundige.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir Nietzsche behels die uitweg uit die dilemma van kulturele relativisme \u2018n wilsbesluit, die waagmoed om ho\u00ebr waardes na te streef, om te beweer dat jou eie wetenskap in \u2018n superieure verhouding staan teenoor di\u00e9 van die plebejiese aanspraakmaker, die populistiese kwaksalwer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kwessie van nie-rassisme, nie in die biologiese sin nie, maar in die kulturele sin van \u2018n gelykstelling van alle kulture en alle interpretasies, en wat daarom die verlies aan hi\u00ebrargie impliseer, is \u2018n sentrale probleem as dit kom by enige kritiek op die Ryksgedagte.\u00a0 Die Ryk, en veral die multikulturele Amerikaanse Ryk, kan ter wille van sy eie samehang en harmonie, nie bekostig dat daar enige etniese verdelings binne homself, en veral rondom ras, ontstaan nie.\u00a0 Een rede vir die geweldige internasionale kritiek op apartheid sou wees dat die konsep apartheid die interne harmonie van elke ontwikkelde land, en veral van die VSA, fundamenteel bedreig omdat dit verdelend en nie samevoegend is nie.\u00a0 Hardt en Negri gaan nog verder en beweer dat die Westerse nasionale identiteite wat tydens die Verligting ontstaan het gegrond is op die uitsluiting van die gekoloniseerde Ander.\u00a0 Volgens hulle,<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cPresies omdat die verskil van die Ander absoluut is, kan dit tydens \u2018n tweede oomblik omgekeer word as die fundering van die Self.\u00a0 Met ander woorde, die boosheid, barbaarsheid, en losbandigheid van die gekoloniseerde Ander is wat die goedhartigheid, beskaafdheid, en goedgemanierdheid van die Europese Self moontlik maak.\u201d<a name=\"_ftnref8\"><\/a><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elders argumenteer hulle dat hierdie \u201cklassieke rassisme\u201d van die koloniale orde tydens vandag se Ryk oorgegaan het in \u2018n kulturele, toevallige rassisme.\u00a0 Die soort verskille tussen mense wat deesdae ontstaan, is die resultaat van \u2018n \u201cstelsel van beheer\u201d.\u00a0 Hulle noem dit \u201cimperiale rassisme\u201d of \u201cdifferensi\u00eble rassisme\u201d.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hardt\/Negri se argument staan of val by hul begrip van die ongedifferensieerde menigte, hierdie globale menslikheid wat met behulp van moderne kommunikasietegnologie vryelik oor die aardbol vloei.\u00a0 Die menigte is die nuwe proletariaat van hul utopiese Christelike kommunisme.\u00a0 Terseldertyd is dit ook ontleen aan die toepassing van Nietzsche se \u201cwil tot mag\u201d deur Deleuze wat in die neiging tot die ongedifferensieerde, die chaotiese, die unit\u00eare teenoor die bin\u00eare, \u2018n insgelyks revolusion\u00eare krag sien.\u00a0 In die <em>Anti-Oedipus<a name=\"_ftnref9\"><\/a><\/em> was die naam daarvan \u201cbegeerte-produksie\u201d wat veronderstel was om die mens tydens die skiso-revolusie te bevry van sy subjektiwiteit, en onderskeid tussen normaliteit en skisofrenie op te hef.\u00a0 Hardt\/Negri se teorie van rassisme is eksplisiet ontleen aan die tweede deel van die Anti-Oedipus, <em>\u2018n Duisend plato\u2019s<a name=\"_ftnref10\"><\/a> <\/em>waarin die \u201cgrade van afwyking van die witmensgesig\u201d aangehaal word as \u2018n element by die ge\u00efntegreerde vorm van imperiale rassisme.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deleuze se vertekening van Nietzsche is reeds gekritiseer deur Vincent Descombes<a name=\"_ftnref11\"><\/a>.\u00a0 Om te s\u00ea dat alles gelyk aan alles is, dat daar geen onderskeid gemaak kan word tussen interpretasies, waardestelsels of kulture nie, verteenwoordig natuurlik \u2018n vorm van nihilisme.\u00a0 Deleuze neem Nietzsche se aangebode oplossing aan, naamlik om die edele waarde of interpretasie te wil. \u00a0Maar nou ontstaan die vraag:\u00a0 wie wil?\u00a0 Hy wat wil moet uiteraard sy identiteit bevestig, aangesien die ongedifferensieerde, die wese van verskil of \u2018n versameling verskille, kwalik in staat is om \u2018n wil uit te oefen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos Descombes op baie skerpsinnige wyse aantoon, word ons daarmee teruggevoer na Hegel se meester-slaafdialektiek, met di\u00e9 verskil dat alles wat by Hegel deurgaan vir \u201cvooruitgang\u201d by Deleuze in die teken staan van agteruitgang<a name=\"_ftnref12\"><\/a>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die onvermo\u00eb van die postmodernis om sy identiteit te bevestig, veroorsaak dus dat sy hele projek om te dekonstrueer, om verskille en nie identiteite nie as grondslag te poneer, asook om die globaliserende, internasionaliserende utopie van die nuwe ryk na te jaag, skipbreuk ly op die onvermo\u00eb om te wil.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nietzsche het natuurlik geen sulke inhibisies gehad nie.\u00a0 Vir hom moes die wil die hi\u00ebrargie tussen interpretasies en beskawingsvorme in stand hou.\u00a0 Sy hele filosofie is hi\u00ebrargies ingestel, tussen die \u201cho\u00ebr mens\u201d, die vrydenker, en die \u201claer mens\u00a0\u00bb, die na-aper, die lid van die trop.\u00a0 Trouens, \u2018n mens sou kon argumenteer dat die ho\u00ebr mens die mees ge\u00efndividualiseerde mens is, die subjek van die Verligting, maar dan ontdaan van sy idealistiese, transendente mondering.\u00a0 Ek is byna seker dat indien Nietzsche vandag sou geleef het, hy eerder \u2018n Duitser as \u2018n w\u00eareldburger sou wou gewees het, eerder \u2018n Afrikaner as \u2018n multikulturele Suid-Afrikaner.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die staatsleer staan die nasiestaat teenoor die Ryk soos wat die subjek staan teenoor ongedifferensieerde begeerte in die sielkunde.\u00a0 Trouens, die hele begrip van selfbeskikking vir volke soos wat Herder dit geformuleer het, is ontleen aan Kant se idee van selfbeskikking vir die individu.\u00a0 Die selfstandige mens is die goeie mens, hy wat vryelik oor sy lot beskik en ook self besluit watter bande hy homself opl\u00ea.\u00a0 Die nasie of volk is die kollektiewe subjek, die super-ego waarvan Freud gepraat het.\u00a0 Terwyl die subjek sonder ego in skisofrenie verval soos wat die ongediffensieerde drifte van sy id oorneem, so sien ons vandag in Suid-Afrika hoe die nuwe Ryksonderdaan, die Afrikaburger en w\u00eareldburger, nie meer in staat is om enige maatskaplike norm te eerbiedig nie. Hy oortree wette en re\u00ebls na willekeur, en om sy gedrag te kritiseer word tegelyk as reaksion\u00ear en rassisties gesien. Toenemend, en veral binne Hardt\/Negri se konsepsie, word die nasiestaat as konserwatief, behoudend, wetmatig beskou. Die Ryk daarteenoor is libertyns, links, skiso-revolusion\u00ear en vrysinnig. In Suid-Afrika lei ons eintlik die w\u00eareld in die instelling van die Nuwe Ryk, die multikulturele Ryk van die een-en-twintigste eeu wat geen nywerheidsreuse gaan skep soos di\u00e9 waarvan die Kongolese koerante gedroom het in die Sewentigerjare nie, maar \u2018n uitgebreide stelsel van herverdeling van rykdom tot stand gaan laat kom waar die grense tussen produksie en konsumpsie vervaag, en waar Westerse vorms ingevul word met Afrika-inhoude, iets wat in elke bankadvertensie in Suid-Afrika gebeur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl Hardt\/Negri die Ryk as bevrydend sien omdat dit die ou internasionalistiese ideaal van die kommunisme sou volvoer, waar werkers in Marx en Engels se formulering nie meer vaderlande het nie, moet ons dit sien as vernietigend ten opsigte van nasionale identiteite, tale, kulture, selfs die outonome subjek van die Verligting wat self oor sy lot wil beskik, en dit nie wil abdikeer aan die anonieme magte van globalisme nie.\u00a0 Vir Kant was vryheid sinomiem met stryd, en in vandag se w\u00eareld sou dit beteken om nee te s\u00ea vir tropwording, om op te gaan in die menigte waarvan Hardt en Negri praat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikaner is in sy wese die resultaat van anti-imperiale stryd, en die blote bestaan van Suid-Afrika as soewereine en onafhanklike land is te wyte aan sy drang na selfbeskikking. Net soos wat Lenin die avant-garde rol van die Boere \u2018n eeu gelede gesalueer het tydens ons eerste stryd teen die imperiale mag van weleer, so is dit moontlik dat die w\u00eareld weer eens erkenning sal verleen aan ons tweede stryd teen \u2018n veel groter imperium, die virtuele en globale ryk van ons tyd.\u00a0 Dit is \u2018n politieke projek, maar ook \u2018n filosofiese en kulturele.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die filosofiese kritiek op relativisme kan op die volgende maniere gevoer word:<\/p>\n<ol>\n<li>soos reeds hier gedoen is, deur die gebrek aan enige fundering vir relativisme aan te toon;<\/li>\n<li>deur dit te behandel as \u2018n doodgewone skepsis waarteen Hume, Kant en vele ander filosowe reeds afdoende argumente verskaf het\u00a0;<\/li>\n<li>\u00a0deur te wys op die sosiopolitieke determinante van relativisme in die vorm van die Nuwe Ryk;<\/li>\n<li>deur weer eens \u2018n hi\u00ebrargie van waardes en van denke in te stel en postmoderne nivellering teen te werk\u00a0;<\/li>\n<li>deur die legendariese nugterheid van die Verligting te herontdek, want uiteindelik verteenwoordig Ryksdenke, postmoderne denke, \u2018n re\u00efnkarnasie van die dogmatiese Rede waarvan Kant gepraat het.<\/li>\n<\/ol>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tans raak ons al verder en verder verwyder van die Rede, en word redelike argumente vervang met \u2018n aandrang op geloof en op emosie. Foucault se kritiek op die kliniek en die kliniese, die koue blik van die eksamen of die ondersoek, is maar een deel hiervan. In Suid-Afrika ervaar ons die afgang van die Rede elke dag, op soveel terreine.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl Suid-Afrika, ook omdat ons \u2018n koloniale en imperiale geskiedenis het, op die voorpunt verkeer van Rykswording, om dit nou so te stel, is daar n\u00earens op aarde waar mens kan ontsnap aan die proses nie. Dit toon Hardt en Negri ook baie goed aan. Sommige lande is net agter ander in soverre as wat die migrasie van die menigte hulle nog nie getref het nie, of in die mate waarin hul nasionale tale steeds weerstand bied teen die sogenaamde \u201ckiller language\u201d, Engels.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Ryk is rondom en binne-in ons. Die vraag is of ons steeds die wil het om onsself as subjekte te herstel, om onsself te normeer volgens die model van die Verligting, en of ons gaan toelaat dat die Ryk eenvoudig oor ons spoel met al die destruktiewe en nihilistiese krag van \u2018n keiserlike tydperk, twee millennia n\u00e1 Rome.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Umberto Eco se gevolgtrekkings lyk vir my optimisties, selfs ligsinnig. Enigeen wat Edward Gibbon se <a href=\"http:\/\/www.ccel.org\/g\/gibbon\/decline\/home.html\" target=\"_blank\"><em>Decline and fall of the Roman Empire<\/em><\/a> gelees het, weet dat die ondergang van die Ryk uiteindelik op rampspoed uitloop, dat dit gepaard gaan met toenemende geweld, verval en uiteindelik \u2018n geweldige verlies aan beskawing wat die mensdom weer in \u2018n donker tyd indompel. Die Ryk is een soort oplossing vir die probleem van globalisering. \u2018n Ander sou \u2018n heraangepaste vorm van die nasiestaat wees. Gegewe die verskrikkinge van die Ryk wat ons reeds in ons eie land ervaar, dink ek nie daar is \u2018n ander keuse as om die nasiestaat met al sy konsekwensies van uitsluiting en die skepping van patriotiese subjekte te aanvaar nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Ander probleem, wat miskien in \u2018n volgende lesing aangepak kan word, is of die gedagte van Rykskultuur hoegenaamd moontlik is, en of alle menslike kultuur en skepping nie grotendeels beperk is tot die nasionale periodes in die geskiedenis nie. Dit was sekerlik die geval in Rome en in die Griekeland van Perikles. Die Afrikanerkultuur in Suid-Afrika het sy hoogtepunt bereik tydens die Sestigerjare net n\u00e1 Republiekwording toe \u2018n radikale vorm van etniese ordening in nasionale state bekend as apartheid gegeld het. Daar is ewe seer blyke daarvan dat die hoogtepunt van die Westerse kultuur tydens sy nasionale fase in die negentiende eeu reeds agter die rug is.\u00a0 Vanaf 1886 en die Berlynse Konferensie het ons eintlik maar net afgang gesien, wat in die intense nihilisme van sekere eietydse kunsvorme sy apoteose gevind het. Maar dit is \u2018n meer estetiese en kunshistoriese onderwerp, wat by Spengler begin en eindig by dit wat Baudrillard \u201cdie nulliteit van eietydse kuns\u201d genoem het, asook Andy Warhol se definisie, \u201cArt is what you can get away with\u201d<a name=\"_ftnref13\"><\/a>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie verval van denke en van kultuur wat die regstreekse gevolg is van filosofiese relativisme is reeds deur Alain Finkelkraut gekritiseer.\u00a0 In \u2018n werk wat andersins krities staan teenoor die Duitse tradisie van Volksgeist soos dit n\u00e1 Herder ontstaan het, La d\u00e9faite de la pens\u00e9e<a name=\"_ftnref14\"><\/a> (Die neerlaag van die denk) beweer hy dat daar \u2018n \u201cadolessentmaak\u201d van die maatskappy plaasgevind het, juis as gevolg van ons relativisme. Ironies genoeg word \u2018n rigiede en byna fascistiese opvatting van identiteit aangehang deur swart nasionaliste en denkers uit die Derde W\u00eareld, soos dit toenemend ook by ons die geval is. Terwyl enige verdediger van kulturele Afrikanerskap in die media verguis word as \u2018n \u201cregse\u201d, word transendente opvattings van \u2018n swart of Afrika-indentiteit slaafs nagepraat en klakkeloos opgehemel. Hierdie toestand lei volgens Finkelkraut tot die &#8220;fanatikus en die zombie se onderlinge begluring&#8221;.\u00a0 Aan die einde van sy boek kom hy tot die volgende gevolgtrekking, waarmee ek self ook sal volstaan:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cBarbaarsheid het dus daarin geslaag om kultuur te oorwin. In die skadu van hierdie groot woord, groei onverdraagsaamheid, tesame met infantilisme. As dit nie kulturele identiteit is wat die individu toesluit in sy behorendheid daartoe, en wat, op die gevaar af van hoogverraad, hom toegang tot die twyfel, die ironie, die rede, onts\u00ea nie &#8211;\u00a0 alles wat hom kon verwyder van die kollektiwistiese matrys &#8211; is dit die vermaaklikheidsbedryf, daardie skepping van die tegniese tydvak wat die werkinge van die gees tot die staat van gemors reduseer (of, soos hulle in Amerika s\u00ea, tot <em>entertainment<\/em>). En die lewe tesame met die denk staan gaandeweg sy plek af aan die fanatikus en die zombie se verskriklike en honende onderlinge begluring.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Notas<\/h4>\n<div style=\"mso-element: footnote-list;\">\n<hr \/>\n<div id=\"ftn1\" style=\"mso-element: footnote;\">\n<p class=\"MsoFootnoteText\"><a name=\"_ftn1\"><\/a><span lang=\"AF\"> Hardt, Michael en Negri, Antonio.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span><em>Empire<\/em>.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>Cambridge, Mass.:<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>Harvard Univ. Press, 2000, bl. 413.<\/span><\/p>\n<\/div>\n<div id=\"ftn2\" style=\"mso-element: footnote;\">\n<p class=\"MsoFootnoteText\"><a name=\"_ftn2\"><\/a><span lang=\"AF\"> Olivier, Bert.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>\u201cImperium:<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>die nuwe soewereiniteit\u201d in <em>Fragmente<\/em> nr. 9.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>Pretoria:<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>Fragmente-uitgewers, 2002.<\/span><\/p>\n<\/div>\n<div id=\"ftn3\" style=\"mso-element: footnote;\">\n<p class=\"MsoFootnoteText\"><a name=\"_ftn3\"><\/a><span lang=\"AF\"> Sien Barzun, Jacques.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span><em>From dawn to decadence<\/em>.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>Londen:<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>HarperCollins, 2001.<\/span><\/p>\n<\/div>\n<div id=\"ftn4\" style=\"mso-element: footnote;\">\n<p class=\"MsoFootnoteText\"><a name=\"_ftn4\"><\/a><span lang=\"AF\"> Derrida, Jacques.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>\u201cSructure, sign and play in the discourse of the human sciences\u201d, vert. in <em>Writing and Difference<\/em>.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>Londen:<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>Routledge, 1978, bl. 282.<\/span><\/p>\n<\/div>\n<div id=\"ftn5\" style=\"mso-element: footnote;\">\n<p class=\"MsoFootnoteText\"><a name=\"_ftn5\"><\/a><span lang=\"AF\"> Lenin, Vladimir Illich.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>\u201cImperialism, the highest stage of capitalism\u201d in <em>Selected Works<\/em>, band 1.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>Moskou:<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>Progress Publishers, 1977.<\/span><\/p>\n<\/div>\n<div id=\"ftn6\" style=\"mso-element: footnote;\">\n<p class=\"MsoFootnoteText\"><a name=\"_ftn6\"><\/a><span lang=\"AF\"> Naipaul, V.S.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span><em>The writer and the world \u2013essays<\/em>.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>Londen:<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>Picador, 2002, bl. 224.<\/span><\/p>\n<\/div>\n<div id=\"ftn7\" style=\"mso-element: footnote;\">\n<p class=\"MsoFootnoteText\"><a name=\"_ftn7\"><\/a><span lang=\"AF\"> Eco, Umberto.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>\u201cMigration, tolerance and the intolerable\u201d in <em>Five moral pieces<\/em>.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>Londen:<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>Secker &amp; Warburg, 2001, bll. 95-96.<\/span><\/p>\n<\/div>\n<div id=\"ftn8\" style=\"mso-element: footnote;\">\n<p class=\"MsoFootnoteText\"><a name=\"_ftn8\"><\/a><span lang=\"AF\"> <em>Empire<\/em>, bl. 127.<\/span><\/p>\n<\/div>\n<div id=\"ftn9\" style=\"mso-element: footnote;\">\n<p class=\"MsoFootnoteText\"><a name=\"_ftn9\"><\/a><span lang=\"AF\"> Deleuze, Gilles en Guattari, F\u00e9lix.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span><em>L\u2019anti-\u0153dipe<\/em>.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>Parys, Minuit, 1972.<\/span><\/p>\n<\/div>\n<div id=\"ftn10\" style=\"mso-element: footnote;\">\n<p class=\"MsoFootnoteText\"><a name=\"_ftn10\"><\/a><span lang=\"AF\"> Deleuze, Gilles en Guattar\u00ed, F\u00e9lix.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span><em>Mille plateaux<\/em>.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>Parys, Minuit, 1980.<\/span><\/p>\n<\/div>\n<div id=\"ftn11\" style=\"mso-element: footnote;\">\n<p class=\"MsoFootnoteText\"><a name=\"_ftn11\"><\/a><span lang=\"AF\"> Descombes, Vincent. <em>Le m\u00eame et l\u2019autre<\/em>.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>Parys:<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>Minuit, 1979, bll. 193-195.<\/span><\/p>\n<\/div>\n<div id=\"ftn12\" style=\"mso-element: footnote;\">\n<p class=\"MsoFootnoteText\"><a name=\"_ftn12\"><\/a><span lang=\"AF\"> ibid., bl. 194.<\/span><\/p>\n<\/div>\n<div id=\"ftn13\" style=\"mso-element: footnote;\">\n<p class=\"MsoFootnoteText\"><a name=\"_ftn13\"><\/a><span lang=\"AF\"> Aangehaal in Barzun, op.cit., bl. 791.<\/span><\/p>\n<\/div>\n<div id=\"ftn14\" style=\"mso-element: footnote;\">\n<p class=\"MsoFootnoteText\"><a name=\"_ftn14\"><\/a><span lang=\"AF\"> Finkelkraut, Alain.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span><em>La d\u00e9faite de la pens\u00e9e<\/em>.<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>Parys:<span style=\"mso-spacerun: yes;\">\u00a0 <\/span>Gallimard, 1987.<\/span><\/p>\n<\/div>\n<\/div>\n<p>&nbsp;<!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/\">\u0434\u043b\u044f \u0430\u0432\u0442\u043e\u0441\u0435\u0440\u0432\u0438\u0441\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/aeextr.com.ua\/object\/biografiya-rukovoditelya-prokuraturi-xarkova-aleksandra-vasilevicha-filchakova\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was net \u2018n kwessie van tyd voordat globalisering in terme van \u2018n Ryk gesien sou word.\u00a0 Die Verenigde State van Amerika word toenemend as \u2018n nuwe Rome beskryf.\u00a0 Engels is die nuwe Latyn, en sodoende beleef ons een van daardie historiese herhalings wat vir filosowe en historici deur die eeue \u2018n sisteem aan die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10850\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Is die globale Ryk wenslik?  &#8211; \u2018n kritiek op die Ryksgedagte&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[97],"tags":[],"class_list":["post-10850","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c88-opstelle"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10850","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10850"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10850\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10850"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10850"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10850"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}