{"id":10844,"date":"2011-08-05T05:29:42","date_gmt":"2011-08-05T05:29:42","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10844"},"modified":"2011-08-05T05:29:42","modified_gmt":"2011-08-05T05:29:42","slug":"wat-sit-agter-naspers-se-spel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10844","title":{"rendered":"Wat sit agter Naspers se spel?"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Geagte dr. Scholtz,<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat weet u van die APK behalwe dat hulle nie bereid was om deur die nuwe SA geassimileer te word nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat daar &#8220;regses&#8221; in die APK is, is &#8216;n feit maar kop vir kop is daar seker tien maal soveel regses in die NGK wat steeds meer as 900 000 lidmate tel. Van die APK-lidmate skep soms ook verleenthede maar om hul lidmaatskap van die APK te gebruik en juis dit (veral so &#8220;onskuldig&#8221; en subtiel) as &#8216;n meewerkende rede vir hulle optrede aan te bied, is nogal skokkend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek weet dat u broer &#8216;n NGK predikant was en u is seker ook nog &#8216;n &#8220;gaatjie ponner&#8221;, die historiese NGK bynaam, net soos doppers en stoepsitters vir die GKSA en die NHK gebruik word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As die APK &#8220;regs&#8221; is, is die NGK natuurlik &#8220;links&#8221;, &#8216;n skeldnaam wat Naspers natuurlik nooit enige NG-lidmaat sal toevoeg nie, want hulle pas tans goed in die prentjie van hoe Naspers besig is om &#8216;n nuwe geslag Afrikaners te kloon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Het u al die APK se Skriflig op Kerk en Volk gelees? Waarskynlik nie. Dit is net &#8216;n deegliker beredeneerde standpunt as wat die NGK 330 jaar lank gehuldig het en waarskynlik nog steeds heimlik deur die meeste van hulle lidmate onderskryf word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die NG Kerkleiding is natuurlik nie meer gereformeerd nie en &#8216;n aardse multi-kulti-geloofsgemeenskap is volgens hulle &#8216;n sine qua non waarsonder &#8216;n Bybelse geloof onmoontlik is. &#8220;For the sake of the Gospel you will have to lose your culture and your language&#8221;, soos &#8216;n gereformeerde Britse Amerikaner nou die dag na &#8216;n lesing aan my ges\u00ea het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die Afrikanervolk loop &#8216;n goue lyn deur sy kerkgeskiedenis en vandag is dit meer as ooit sigbaar. Na die landing van Jan van Riebeek het die Hervormde Kerk van Nederland tot 1842 bekend gestaan as die Kaapse kerk. Toe verander die Nederlandse Hervormde Kerk in Nederland sy naam na die Nederlandse Gereformeerde Kerk. Die Kaapse Kerk doen toe presies dieselfde hier. Na &#8216;n verdere 10 jaar het die Nederlanders egter hul naam terug verander maar die NGK naam het hier behoue gebly. Hierdie kerk se predikante se salarisse is vir dekades deur die staat betaal. Dit was inderdaad &#8216;n staatskerk waarop die staat ook sitting gehad het tydens sy sinodes. Die gewraakte sinodebesluit om die Voortrekkers te verdoem in 18 37 bevestig net weer di\u00e9 kerk se staatsheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe die NHK in 1852 in Transvaal gestig is omdat hulle nie &#8216;n predikant wou beroep uit di\u00e9 kerk wat hulle in die steek gelaat het, het nog &#8216;n ander kerk tot stand gekom en het die NGK die bestaande kerkgeskiedenis ge\u00ebrf. Die NH Kerk het hulle spesifiek &#8216;n volkskerk genoem om hulle van die staatsgesindheid van die NGK te onderskei. Later het die staatskerk verander in &#8216;n staatsgesinde kerk (NGK) en die NHK na &#8216;n volksgesinde kerk (NHK)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die NGK was sedertdien bykans altyd staatsgesind, m.a.w. regeringsgesind. Tydens die NP jare toe die regering volksgesind was met oa Hertzog, dr. Malan en Verwoerd het dit skynbaar gelyk of die NGK volksgesind was, in werklikheid het hulle maar net weer by die staat gestaan wat toevallig volksgesind was!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die APK het gekies vir &#8216;n volkseie kerk en ortodokse gereformeerdheid. Hulle het ook nie die vrou in die amp nie, kinders moet eers katkiseer voor hulle nagmaal gebruik, hulle dink die beoefening van homoseksualiteit is verkeerd volgens die Bybel en gebruik die Dordtse Kerkorde. Hulle dink ook nie Christene moet siendero\u00eb toelaat dat &#8216;n klein volkie deur miljoene ander geassimileer word en verdwyn nie, selfs ook nie in sy eie gemeentes en samelewing nie. Hulle sal ook sendingwerk doen as die mense aanvaar dat dit net oor die verkondiging van die evangelie gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ander Afrikaanse kerke en Naspers hou nie van hulle nie en indien iemand uit hierdie kerkie oortree sal hulle via die vermeende oortreders die kerk in die naam van  &#8220;geregtigheid&#8221; en &#8220;ware&#8221; geloof swartsmeer en verketter. Dit is presies wat julle gedoen het. U en Naspers weet immers watter magtige instrumente julle in die land van die blindes is!<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">pro100casino<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/blagoustroistvo-slobodskogo-raiona-harkova-prodoljaetsya\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Geagte dr. Scholtz, Wat weet u van die APK behalwe dat hulle nie bereid was om deur die nuwe SA geassimileer te word nie? Dat daar &#8220;regses&#8221; in die APK is, is &#8216;n feit maar kop vir kop is daar seker tien maal soveel regses in die NGK wat steeds meer as 900 000 lidmate &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10844\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wat sit agter Naspers se spel?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-10844","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10844","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10844"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10844\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10844"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10844"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10844"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}