{"id":10840,"date":"2011-08-04T13:33:45","date_gmt":"2011-08-04T13:33:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10840"},"modified":"2011-08-04T13:33:45","modified_gmt":"2011-08-04T13:33:45","slug":"links-radikales-bedreig-spraakvryheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10840","title":{"rendered":"Links-radikales bedreig spraakvryheid"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" \/>Sowel Leopold Scholtz as Amanda Gouws het onlangs in Die Burger &#8216;n pleidooi vir groter  verdraagsaamheid en meer genuanseerde debat gelewer sodat ons nie sonder meer as  hetsy &#8220;fasciste&#8221;, hetsy &#8220;bose wittes&#8221; uitgeskel word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Scholtz meen dat onverdraagsaamheid &#8220;van regs&#8221; kom, maar die meeste  regses in di\u00e9 land lees die oorwegend linkse koerante en stuur hul  kinders na &#8220;voorheen Afrikaanse universiteite&#8221; wat vandag ewe links as  hul eweknie\u00eb in Wes-Europa of die VSA is. Volgens meningsopnames stem  86% van alle Amerikaanse akademici vir die Demokratiese Party terwyl  meer as 80% van Franse onderwysers en dosente die Sosialistiese Party  ondersteun. Daarom is &#8216;n kursus in die geesteswetenskappe vandag iets  tussen &#8216;n Marxistiese heropvoedingskamp en katkisasie in die  multikulturele evangelie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien daar enige twyfel bestaan het dat Suid-Afrika in die greep  van &#8216;n links-radikale revolusie verkeer, het mnr. Julius Malema dit  onlangs uit die weg geruim. Gematigde of behoudende standpunte word  kwalik verdra en die blote term &#8220;regse&#8221; het in ons land &#8216;n skelwoord  geword, op die vlak van &#8220;rassis&#8221;, &#8220;fascis&#8221; en baie ander. &#8216;n Voorstander  van die vryemarkstelsel, die gesin met twee heterosekuele ouers of  Standaardafrikaans, kan verwag om een of ander tyd in &#8216;n muur van linkse  verguising vas te loop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die internet het die hegemonie van Links verbreek. Die gevaar  bestaan egter dat die Breivik-geval in Noorwe\u00eb tot groter beheer en  sensuur gaan lei. Want, soos die Amerikaanse rubriekskryfster Anne  Coulter dit stel: &#8220;Enige misdaad deur &#8216;n blanke is &#8216;n regse komplot,  enige misdaad deur &#8216;n nie-blanke is die regering wat iemand se  burgerregte skend.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Myns insiens bestaan gesonde dialoog en verdraagsaamheid tussen  Afrikaners van allerlei oortuigings reeds. Onlangs het ek &#8216;n beskaafde  gesprek van Afrikaanse organisasies bygewoon wat almal van dr. Lets  Pretorius, &#8216;n aangeklaagde in die Boeremagsaak, tot die voorsitter van  die Afrikanerbond ingesluit het. Sedert 2003 beywer ek my vir &#8216;n  permanente Afrikanerforum of -volksraad waar politieke en kulturele  debat sonder venyn gevoer kan word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Hierteenoor moet die media en die universiteite aan ons bewys dat  hulle bereid is om nie-linkse standpunte te verdra. In die ou  Suid-Afrika het ek byvoorbeeld as student na Winnie Mandela op die kamus  van Wits kon luister, selfs toe sy &#8216;n ingeperkte persoon was. Sedert  2005 word ek egter op die kampus van Stellenbosch verbied, bloot omdat  ek in artikels verwys het na die ho\u00eb voorkoms van geweldsmisdaad onder  jong swart mans, wat &#8216;n onbetwisbare feit is.<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie net verdraagsaamheid nie, maar ook die waarheid loop gevaar om  te sneuwel. Daarom moet ons aanhou om die hegemonie van Links uit te  daag, in die voetspore van Solsjenitsin en die Franse &#8220;nuwe filosowe&#8221;.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/24-osveshchenie-lestnitsy-v-dome\">\u043e\u0441\u0432\u0435\u0449\u0435\u043d\u0438\u0435 \u043b\u0435\u0441\u0442\u043d\u0438\u0446\u044b \u0432 \u0434\u0435\u0440\u0435\u0432\u044f\u043d\u043d\u043e\u043c \u0434\u043e\u043c\u0435 \u0444\u043e\u0442\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/test.sq.com.ua\/rus\/news\/vlast\/13.09.2010\/a_filchakov_naznachen_prokurorom_dergachevskogo_rajona\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sowel Leopold Scholtz as Amanda Gouws het onlangs in Die Burger &#8216;n pleidooi vir groter verdraagsaamheid en meer genuanseerde debat gelewer sodat ons nie sonder meer as hetsy &#8220;fasciste&#8221;, hetsy &#8220;bose wittes&#8221; uitgeskel word nie. Scholtz meen dat onverdraagsaamheid &#8220;van regs&#8221; kom, maar die meeste regses in di\u00e9 land lees die oorwegend linkse koerante en &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10840\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Links-radikales bedreig spraakvryheid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-10840","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10840","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10840"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10840\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10840"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10840"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10840"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}