{"id":10808,"date":"2011-07-31T16:30:11","date_gmt":"2011-07-31T16:30:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10808"},"modified":"2011-07-31T16:30:11","modified_gmt":"2011-07-31T16:30:11","slug":"n-politieke-oorsig-sedert-1910-van-gedifferensieerde-ontwikkeling-tot-klassesisteem","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10808","title":{"rendered":"\u2018n Politieke Oorsig sedert 1910 &#8211; van gedifferensieerde ontwikkeling tot klassesisteem"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories2\/landman_christo.jpg\" \/>Daar is \u2018n wisselwerking tussen menswees en die omgewing waarbinne die mens leef. Derhalwe moet daar ook \u2018n wisselwerking wees tussen menswees en die politieke orde. Hierdie verskynsel is n\u00earens beter waarneembaar as in Oos-Duitsland (die sg. Duitse Demokratiese Republiek voor die afbraak van die muur) en Wes-Duitsland (die Bondsrepubliek) nie. Die Duitsers het \u2018n gemeenskaplike geskiedenis van meer as \u2018n duisend jaar gehad en toe kom die oorlog. Veertig jaar van skeiding tussen Oos en Wes, deur die skandmuur, het twee verskillende Duitsers laat ontstaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groot vraag is hoe die sosiaal-maatskaplike orde sedert 1652 daar uitgesien het, hoe dit van 1910 tot 1993 gelyk het en weer n\u00e1 1993 verander het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 1652 het die Nederlandse private handelsmaatskappy, die sg. Here Sewentien, \u2018n staatlose Kaap die Goeie Hoop aangedoen, om \u2018n handelsvesting daar te stig. In terme van die internasionale reg van daardie tyd het die Kaap aan niemand behoort nie. Derhalwe kon die Hollanders gewoon die Kaap as \u2018n gebied sonder eienaar vir hulleself neem. Sedert 1652 was die Kaap dus Hollands, totdat die Britse eerste en tweede besetting eers n\u00e1 1795 plaasgevind het. Daar was wel van tyd tot tyd nomadiese Koi- en Sanmense met wie die Hollanders handel gedryf het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vryburgerboere het permanensie aan die Kaapse tydelike teenwoordigheid gegee deur hulleself in die binneland te vestig. Eers toe was daar by die Keirivier kontak en ook konflik met die Xhosas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kultureel was die Kaapse bewoners dus Hollanders totdat die Engelse \u2018n tweede wit beskawing daar gevestig het. Verskillende swart volkere (bv. die Nguni\u2019s en die Sotho\u2019s) het in verskillende gebiede gewoon, maar was ook in onderlinge bloedige konflik met mekaar en met ander betrokke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aggressiewe teenwoordigheid van imperiale Brittanje met hulle verengelsingsbeleid het direk aanleiding gegee tot die Groot Trek en uiteindelik tot die volgende vrye Republieke, onder meer: die Vrystaat en Transvaal. Sosiaal-kultureel was die Kaap dus Hollands en Engels maar die Boererepublieke Afrikaans. In die Boererepublieke was daar wel konflik met omliggende swart volkere. Die Vrystaatse Republiek het las van die Sotho&#8217;s (nou Lesotho) ervaar en die Transvaalse Republiek met Nguni-groeperinge.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kortom, die Afrikaners van vandag beskik oor \u2018n eerste okkupasiereg in die Kaap en in die Vrystaatse en Transvaalse Republieke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Twee oorlo\u00eb van Brittanje met die Boererepublieke het \u2018n einde aan die onafhanklikheid van die Boererepublieke gemaak. Hierdie ingreep van buite het die sosiaal-kulturele orde in die Boererepublieke ingrypend verander.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uniewording in 1910 het \u2018n nuwe dimensie na vore gebring. Daar was \u2018n toevloei van buitelanders (oorwegend Engelse) na die goud- en diamantvelde, maar ook \u2018n toe- en instroming van swartes uit hulle tradisionele tuistes na die Boererepublieke. Wat Britse imperialisme aan SA gedoen het, is om \u2018n aantal swart en wit gemeenskappe, elk met sy eie kultuur en tradisies, kunsmatig saam in een land te snoer, die Unie van Suid-Afrika. SA het \u2018n roereier geword. Tog het die Britte \u2018n aantal etniese gemeenskappe, bekend as die LBS-lande, binne die geografiese gebied wat bekend is as Suider-Afrika buite die Unie te hou. Hulle is Lesotho, Botswana en Swaziland.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tussen 1910 en 1948 het die beleid as segregasie bekendgestaan. Die negatiewe konnotasie van segregasie is dat dit \u2018n skeidingsbeleid tussen wit en swart was. In 1913 is grondverdeling tussen wit en swart vasgel\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die jaar I948 was \u2018n waterskeidingsdatum toe die Nasionale Party aan die bewind gekom het. Aan Afrikanerkant is die Republikeinse ideaal, in weerwil van die Britse gemenebes van nasies, as grondwetlike strewe voorgehou. Dit is eers in 1961 dat hierdie ideaal verwesenlik is. Sedert 1948 het opeenvolgende regerings in SA probeer om \u2018n ontstrengelingsbeleid deur te voer. Dit was om die TBVC-state op die pad van toenemende selfbestuur te plaas, ten einde hierdie gebiede, soos die geval met die LBS-lande, tot onafhanklikheid te lei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder die leiding van Hendrik Verwoerd is aanvaar dat die begrip &#8220;apartheid&#8221; nie die essensie van sy beleid omskryf nie. Derhalwe is besluit dat dit \u2018n beleid van afsonderlike maar gelyke ontwikkeling sou wees. Drie Berlynse eerstegenerasiesendelingseuns sou inhoud aan hierdie beleid gee:<\/p>\n<ul>\n<li> Dr. Hendrik Frensch Verwoerd het eers die Departement van Bantoe-administrasie en ontwikkeling bedryf en toe later eerste minister geword.<\/li>\n<li> Prof. Eiselen word beskou as die vader van Bantoe-onderwys.<\/li>\n<li> Prof. Tomlinson het met sy omvattende Tomlinsonverslag die geografiese grense van die afsonderlike etniese swart state van die vier \u201cblanke\u201d provinsies afgegrens. <\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Bantoe-beleggingskorporasie is gestig om die ekonomiese ontwikkeling van die tuislande te onderneem Grensnywerheidsontwikkeling was daarop ingestel om die nywerhede na die grense van die tuislande te neem. Nywerheidsontwikkeling in die tuislande is op \u2018n agentskapsbasis bedryf. Dit het beteken dat \u2018n blanke entrepreneur \u2018n projek binne \u2018n tuisland kon begin, maar dat \u2018n swartman die projek stelselmatig oorgeneem het sodra die kundigheid gevestig was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bekende konflik tussen Verwoerd en Anton Rupert verdien vermelding. Rupert het met Verwoerd oor die ekonomiese opheffing van die tuislande verskil. Rupert het geredeneer dat as blankes nie toegelaat word om tot die ekonomie in die tuislande toe te tree nie, die ekonomie\u00eb aldaar nie van die grond af sou kom nie. Na bewering van wyle staatspresident Swart het Rupert aan Verwoerd ges\u00ea: \u201cJy ken nie \u2018n k&#8230;. soos ek hom ken nie. Jy moet alles met \u2018n lepel in sy mond prop.\u201d Hierop sou Verwoerd verklaar het dat hy nie sal toelaat dat blankes die swart tuislande ekonomies oorheers en uitbuit nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As sosioloog het Verwoerd geglo dat as die regte voorwaardes bestaan en die speelveld gelyk gemaak word, swartes gelyk aan blankes polities en ekonomies sou presteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat dit voorgekom het asof die swartes in die vier \u201cblank\u201d-gedomineerde provinsies nie na die tuislande wou uitwyk nie, is tussentyds op korttermyn- diskriminerende sg. \u201ckleinapartheids\u201dmaatre\u00ebls besluit. Die bedoeling daarvan was om die swart intellektuele elite en vakmense te oorreed om eerder hulle heil tussen hulle eie mense in hulle eie tuislande te soek. Volgens die historikus Hermann Giliomee, is Suid-Afrika hierin ook deur die VSA se &#8220;afsonderlik maar gelyk&#8221;-beleid be\u00efnvloed. Dit het ingesluit aspekte soos:<\/p>\n<ul>\n<li> Gesegregeerde openbare geriewe en fasiliteite (restaurante, woonbuurtes, toonbanke, ens.).<\/li>\n<li> Instromingsbeheer.<\/li>\n<li> \u201cAffirmative action\u201d of beroepsbeskerming van blankes in die vier provinsies en van \u2018n bepaalde etniese groep se mense (bv. Xhosas in die Transkei) in hulle tuislande.<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is sedert die sestigerjare \u2018n lewendige debat in Afrikanergeledere gevoer oor die etiese grondslae van \u2018n beleid van afsonderlike maar gelyke ontwikkeling in eie nasiestate.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groot fout wat eerste minister Hendrik Verwoerd egter gemaak het, was om te aanvaar:<\/p>\n<ul>\n<li> dat die swart etniese gemeenskappe, soortgelyk aan die Afrikaner, die inherente trots en behoefte het, om hulleself te regeer;<\/li>\n<li> dat die swart etniese volkere die wil het om hulle lande ekonomies selfversorgend te maak; en<\/li>\n<li> dat die geskoolde swartes in die vier \u201cwit provinsies\u201d na hulle heimatte sou terug gaan, om die leiding op hulle te neem.<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was klaarblyklik nie die geval nie. Desondanks het sekere lande uit die TBVC-gebiede wel tot staatkundige wasdom ontwikkel, soos: die Republieke van Bophuthatswana, van die Transkei en Ciskei en ander tot interne selfregerende status gevorder. Hardnekkig was hoofman Gatsha Buthelezi wat n\u00e1 die ANC-oorname desondanks gemarginaliseer is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ingeligte bronne verklaar dat eerste minister Verwoerd die dag van sy dood in die parlement op die punt was om \u2018n konfederale bedeling af te kondig, met die volgende elemente:<\/p>\n<ul>\n<li>Inbinding van die vier provinsies en reeds onafhanklike TBVC-state asook die LBS-lande in \u2018n Suider-Afrikaanse Konfederale Staat.<\/li>\n<li>Roterende staatshoof in die konfederasie.<\/li>\n<li>Ekonomiese handelsgemeenskap.<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie mooi ideaal van \u2018n Konfederasie van Suider-Afrikaanse state is deur die volgende faktore verydel:<\/p>\n<ul>\n<li>Die moord en sterwe van dr. Verwoerd.<\/li>\n<li> Die suksesvolle internasionalisering van sg. apartheid as \u2018n misdaad teen die mensdom deur die ANC, met die hulp van die USSR en lamlendige Westerse state.<\/li>\n<li> Die ondermynende rol van oorwegend die Engelse geldmag en multinasionale maatskappye.<\/li>\n<li> Onbehoorlike en onkeerbare toestroming van swartes uit die nasionale state. <\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die periode n\u00e1 Verwoerd was die regerende Nasionale Party moreel en beleidsmatig bankrot. Parano\u00efa is deur minister van buitelandse sake Pik Botha in die kabinet gesaai dat Suid-Afrika totaal ge\u00efsoleer kon word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die val van die Berlynse muur het by president F.W. de Klerk die persepsie laat ontstaan &#8211; wat \u2018n stereotipe in sy denke geword het &#8211; dat die ineenstorting van die USSR die internasionale steunbasis van die ANC dermate ondermyn dat dit die regte klimaat vir \u2018n politieke skikking geskep het. De Klerk het vir hom verdere internasionale steun verwerf deur die kernkragvermo\u00eb van die RSA af te takel, atoombomme te vernietig, die Weermag te demoraliseer en die Staatsveiligheidsbestuurstelsel tot niet te maak. Hy het die formele onderhandelinge aangeknoop met wat hy as \u2018n redelike stel voorstelle beskou het. Met die gevolg dat hy te veel moes toegee om die ANC van hulle ekstreme standpunte te laat afsien \u2013 ekstreme standpunte wat weliswaar sedert 2011 stelselmatig weer op die politieke verhoog ingesmokkel is. Dit sluit in:<\/p>\n<ul>\n<li>Die deurvoer van ekonomiese strafmaatre\u00ebls teen blankes,<\/li>\n<li> Oordadige belastings.<\/li>\n<li> Die vestiging van \u2018n morele skuldgevoel by blankes.<\/li>\n<li> Dreigende grondonteiening teen staatsbepaalde pryse.<\/li>\n<li> Nasionalisering van myne.<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kortom: De Klerk sal onthou word vir sy kapitulasie en die algemene afkeer van die voormalige staatshoof het so intens onder Afrikaners geraak dat hy &#8216;n koe\u00eblvaste voertuig moes verkry om hom teen sy eie mense te beskerm.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die formeel staatkundige terrein is op 33 grondwetlike beginsels besluit wat rigtinggewend vir die skryf van \u2018n tussentydse grondwet sou wees. Insgelyks is \u2018n akkoord in sake die reg op selfbeskikking vir die Afrikaner op 23 April 1994 deur die Vryheidsfront, die Nasionale Party en die ANC onderteken. Die tussentydse grondwet van 1993 het etlike \u201cniksseggende\u201d artikels bevat om die Afrikaner mee te troos:<\/p>\n<ul>\n<li> Die insluiting van artikel 235 oor selfbeskikking buite die raamwerk van afdwingbare hoofstuk 2. Die sg. Menseregte-akte is afdwingbaar op beide die organe van die staat asook op regspersone, maar artikel 235 nie en is hoogstens \u2018n artikel wat onderhandeling in die vooruitsig stel.<\/li>\n<li> Die daarstelling van \u2018n Volkstaatsraad, welke Raad honderde duisende rande bestee het aan studie en uiteindelik \u2018n finale verslag, wat nooit deur die regerings n\u00e1 1994 ter tafel geneem is nie.<\/li>\n<li> Die insluiting van \u2018n \u201cnon-diminution\u201d-klousule, wat die reeds verworwe status van Afrikaans sou beskerm \u2013 klousule wat in die 1996-grondwet om onverstaanbare redes weggelaat is.<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die 1996-grondwet is uiteindelik deur die Grondwetlike Hof aan die hand van die 33 beginsels as korrek gesertifiseer. In die sertifiseringsuitspraak het hoofregter Chaskelson egter beslis dat die 33 grondwetlike beginsels van onderlinge ooreenkoms nooit weer hierna deur die Grondwetlike Hof as normatief vir grondwetlike wysiginge geag sal word nie. Ander negatiewe aspekte verbonde aan die 1996-grondwet sluit in:<\/p>\n<ul>\n<li> Die weglating van die \u201cnon-diminution\u201d-klousule.<\/li>\n<li> Die insluiting van \u2018n beperking-van-regte-klousule (artikel 36) wat dit gewoon moontlik maak dat enige party \u2013 vanaf die linkse Kommunistiese Party tot die regse nasionalistiese Herstigde Nasionale Party \u2013 artikel 36 kan aanwend om bepalinge van Hoofstuk 2 te herinterpreteer om so \u2018n party se ideologiese raamwerk te pas as so \u2018n party ingestem sou word.<\/li>\n<li> Die voorsiening van artikel 185 in die 1996-grondwet &#8211; vir die bevordering en beskerming van die reg op taal, godsdiens en kultuur &#8211; maar wat eers by wyse van Wet 19 van 2002 met \u2018n ANC-voorsitter ge\u00efmplementeer is \u2013 \u2018n Kommissie, moet bygevoeg word, wat deur Kadar Asmal se ad hoc-verslag aan die Parlement (2009) as totaal ondoeltreffend en ontoereikend getipeer is.<\/li>\n<li> Die herinterpretasie van die algemene plig in artikel 9 om voorrang aan sg. agtergeblewe gemeenskappe te gee, welke bepaling deur die ANC-regering as &#8216;n eksklusiewe verwysing na swartes gesien word.<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert 1999 is SA op die pad van \u2018n mislukkende piesangrepubliek geplaas. Hoe langer, hoe meer is openbare fasiliteite &#8211; soos \u2018n ouerwordende piesang &#8211; verswart. Trap jy op die skil van \u2018n piesang, gly jy die afgrond af. Kenmerke van die mislukkende SA staat sluit in:<\/p>\n<ul>\n<li> Verswakking van openbare dienslewering \u2013 veral op die derde vlak van regering.<\/li>\n<li> Stelselmatige verhoging van \u2018n belastingplig op die net 2,8 miljoen belastingbetalers in \u2018n land van 49 miljoen.<\/li>\n<li> Meer as 133 munisipaliteite uit 250 wat bankrotskap in die o\u00eb staar.<\/li>\n<li> Skrikwekkende onvermo\u00eb van oorbetaalde amptenare om doeltreffende dienslewering te verseker.<\/li>\n<li> Die stelselmatige verengelsing van openbare kommunikasiepraktyke.<\/li>\n<li> Die ineenstorting van vervoerstelsels op sekond\u00eare paaie en algemene verval in padnetwerke.<\/li>\n<li> Die massale invloei van swartes uit ander Afrikalande wat bereid is om te werk en deur blankes verkies word, vanwe\u00eb hul groter betroubaarheid en kundigheid.<\/li>\n<li> Vloeibare grense wat SA reeds \u2018n land van verenigde nasies maak.<\/li>\n<li> Skokkende moorde op blanke boere en diefstal van hul eiendom.<\/li>\n<li> Meer as 15 miljoen werklose swartes wat volledig van staatsfondse vir oorlewing afhanklik is.<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kortom: ANC-regerings sedert 1994 het daarin geslaag om \u2018n voorheen etniese federasie te omskep in \u2018n klassieke klassesisteem, ingevolge waarvan:<\/p>\n<ul>\n<li> \u2018n Klein minderheid swart elite-kapitaliste saam met die tradisionele klein hoeveelheid ryk witmense die bourgeoisie van die nuwe SA vorm.<\/li>\n<li> \u2018n Swaartrekkende middelklas wat ook \u2018n groot deel van die 2,8 miljoen belastingbetalers in \u2018n land van 49 miljoen uitmaak.<\/li>\n<li> \u2018n Eksponensieel groeiende swart en wit werklose komponent wat die proletariaat van SA vorm.<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het die buitelandse beleid van SA sigbaar in \u2018n pro-Palestynse en pro-Chinese rigting teen Israel en Westerse belange gedraai wat \u2013 as \u2018n internasionale krisis soos \u2018n Derde W\u00eareldoorlog sou aanbreek \u2013 daartoe kan lei dat die strategiese minerale van SA nie tot die beskikking van die Weste nie, maar ten bate van Westerse vyande gestel sal word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die gesondheidsterrein word bereken dat die MIV\/VIGS-krisis wat sowat 26% van die bevolking raak die hoogste ter w\u00eareld is en die swart elite teen \u2018n skrikwekkende tempo afmaai. Wat oorbly, is nie goed vir ordelike en doeltreffende regering nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die krisis van die nuwe SA is dat \u2018n etniese federasie-in-wording voor 1994 omvorm is in \u2018n stereotipe klassesisteem wat &#8211; as die fondse van die staat opraak &#8211; tot \u2018n bloedige rewolusie en sosiale anargie kan lei. \u2018n Voorwaarde vir die ANC om weer en weer verkies te kan word, is dat miljarde by wyse van skenkings en sosiale welsynsdienste aan die proletariaat uitgedeel sal word. Ekonome is dit egter eens dat 2,8 miljoen belastingbetalers nie \u2018n bevolking van bykans 50 miljoen op die duur kan dra nie. Demografiese tendense dui daarop dat die bevolking van SA in 2050 tot soveel as 150 miljoen kan styg. Die implikasie hiervan vir die beperkte voedsel- en waterbronne is katastrofaal. Die politieke vooruitsig vir ordelike regering is ewe negatief.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/29-podvesnye-svetil-niki\">\u043f\u043e\u0434\u0432\u0435\u0441\u043d\u043e\u0439 \u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a \u0430\u0440\u043c\u0441\u0442\u0440\u043e\u043d\u0433<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/lb.ua\/society\/2015\/02\/23\/296529_prokuror_harkova_uvolilsya_tri_dnya.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is \u2018n wisselwerking tussen menswees en die omgewing waarbinne die mens leef. Derhalwe moet daar ook \u2018n wisselwerking wees tussen menswees en die politieke orde. Hierdie verskynsel is n\u00earens beter waarneembaar as in Oos-Duitsland (die sg. Duitse Demokratiese Republiek voor die afbraak van die muur) en Wes-Duitsland (die Bondsrepubliek) nie. Die Duitsers het \u2018n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10808\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;\u2018n Politieke Oorsig sedert 1910 &#8211; van gedifferensieerde ontwikkeling tot klassesisteem&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[97],"tags":[],"class_list":["post-10808","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c88-opstelle"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10808","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10808"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10808\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10808"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10808"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10808"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}