{"id":10800,"date":"2011-07-29T07:36:46","date_gmt":"2011-07-29T07:36:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10800"},"modified":"2011-07-29T07:36:46","modified_gmt":"2011-07-29T07:36:46","slug":"waar-sal-ons-volkstaat-wees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10800","title":{"rendered":"Waar sal ons volkstaat wees?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die gedagte aan \u2018n volkstaat is een wat al vir bykans twee dekades en meer lank rondswerf. Die VF+ en sy voorgangers het by Kodesa daarvoor gesorg dat dit nie vanuit \u2018n grondwetlike oogpunt onmoontlik is nie. In baie ander lande is afstigting \u2018n gevaarlike misdaad vir diegene wat wil afstig en dra dit swaar strawwe. Die groot vraag is natuurlik: Waar moet \u2018n volkstaat wees, en hoe groot moet sy gebied wees? Die voor-die-hand-liggende antwoord is natuurlik dat \u2018n volkstaat moet wees waar die Afrikaners die meerderheid in \u2018n gebied is. Dit is immers die grondslag waarop lande soos Montenegro en Suid-Soedan onafhanklik geword het \u2013 hulle was in gebiede waar \u2018n bepaalde etniese groep in die meerderheid was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een persoon het anderdag, in kommentaar op \u2018n rubriek van my op die Praagwerf, nie van besetting gehou nie, en voorgestel dat die besit (in teenstelling met die huidige besetting) van grond die deurslag moet gee, in welke geval ons \u2018n lekker groot volkstaat sou kon opeis, want afhangende van wie jy glo, besit blankes iets tussen 87% en 70% van die grond in Suid-Afrika. Ongelukkig dink ek nie die internasionale gemeenskap of die meerderheid in Suid-Afrika sou hierdie voorstel ooit aanvaar nie, want dit sou in effek \u2018n blote terugkeer na die ou Suid-Afrika beteken.&nbsp; Dit sou ook ongetwyfeld tot \u2018n burgeroorlog lei. Alhoewel dit lekker sou wees om so \u2018n groot gebied te kan besit, moet mens dit dus helaas as onwerkbaar afskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is ook historiese presedente wat tot \u2018n onafhanklike staat kan lei. Israel is \u2018n voorbeeld van \u2018n staat wat tot stand gekom het omdat dit voorheen die Jode se land was. Mens moet egter spesifiek met Israel in gedagte hou dat die w\u00eareld van 1948 \u2018n baie ander plek was as die w\u00eareld van 2011. Van die histeriese politieke korrektheid wat vandag al die kenmerke van \u2018n religie het, was daar destyds nie juis sprake nie.&nbsp; Dit is onwaarskynlik dat \u2018n Israel vandag tot stand sou kon kom as dit sou beteken dat \u2018n groot aantal mense soos die Palestyne destyds ontwortel en verskuif moet word. In Suid-Afrika se geval sou ons moontlike historiese aansprake die ou Boererepublieke asook die Weskaap kon insluit. Die probleem hiermee is uiteraard die onmoontlikheid om miljoene mense te wil verskuif. Die ou regering, met die magtigste weermag in Afrika, het al teen omstreeks die 1970s tou opgegooi met verskuiwings. Niks het gehelp nie, nie geweld of ekonomiese lokaas soos nywerhede in die ou tuislande nie. Selfs die ou regering, met al die bronne tot sy beskikking, kon dus nie die geweldige toestroming en aanwastempo van anderskleuriges stuit nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tussen 1990 en vandag was daar gevolglik heelwat pogings om \u2018n volkstaat se gebied te identifiseer. Dit het begin met die Volkstaatraad se poging. Daar was&nbsp;<a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.vf.co.za\/a\/index.asp\">hierdie kaart<\/a> wat deur die VF+ voortgebring is, wat \u2018n gebied in die Noordkaap ge\u00efdentifiseer het. Die AWB het gemeen die ou Boererepublieke is die plek vir \u2018n volkstaat. Ek het self, in my heel eerste rubriek vir Praag, gemeen dat die gebied rondom Pretoria die aangewese plek sou wees. Vandag is daar opnuut \u2018n oplewing in die belangstelling in \u2018n volkstaat, met onder andere die Volksraadverkiesingskommissie en die OASE-beweging wat hulself beide beywer vir \u2018n volkstaat. OASE het nog nie sy gekose gebied openbaar gemaak nie, en die VVK se kandidate het elkeen sy eie mening oor waar presies \u2018n volkstaat sou wees.<span style=\"text-decoration: underline;\"><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat daar \u2018n oplewing in belangstelling was, het ek \u2018n nuwerige Statistiek Suid-Afrika-sensusdatastel bekom en \u2018n bietjie begin rondspeel met moontlike gebiede vir \u2018n volkstaat. My eerste oefening was om plekke te identifiseer waar blankes \u2018n meerderheid is. Let op dis blankes, nie Afrikaners nie, en hou in gedagte Afrikaners is iets soos 60% van die blankes. Helaas is die prentjie maar duister in terme van huidige demografie en meerderhede in gebiede. Mens kan kwalik die plekke waar blankes \u2018n meerderheid vorm, op die onderstaande kaart eien. Dis meestal kolletjies in die Weskaap, blertse teen die Kaapse suidkus, en dan \u2018n groterige kolletjie in Gauteng. Dit is egter bykans onmoontlik om \u2018n sinvolle, aaneenlopende blanke meerderheidsgebied hieruit te kan bou. &nbsp;Ek het die kaart doelbewus nie met provinsiale grense laat teken nie, ten einde die volle impak van presies hoe ylverspreid blankes is, oor te kan dra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/07\/sa_blankeverspreiding.jpg\" width=\"550\" alt=\"Verspreiding van blankes in SA\" title=\"Verspreiding van blankes in SA\" class=\"caption\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My tweede poging, en ek sal erken ek het nou nie vreeslik moeite gedoen deur die grense erg noukeurig te trek nie, was om \u2018n korridor wat min of meer gestrek het van Potchefstroom in die weste, deur Gauteng, Mpumalanga en die Natalse noordkus te skets as \u2018n denkbeeldige volkstaat, en die vraag te vra hoe lyk die demografie in daardie gebied. Dit is die pienkerige gebied in die beeld hieronder. Sover ek weet, is dit rofweg (en weer eens: my kaart is nie so goed gedefinieer as wat ander pogings moontlik is nie) wat sekeres voorstaan as \u2018n volkstaat.&nbsp; Die prentjie in terme van demografie is egter letterlik en figuurlik donker in hierdie gebied. Daar is iets soos 4 maal meer swartes in hierdie gebied as wat daar blankes in totaal is, laat staan nog Afrikaners. Die getalle is ongeveer 8 miljoen ander teenoor 1.8 miljoen blankes. Hoe jy ses miljoen mense gaan verskuif uit daardie gebied, weet g\u2019n mens nie. Wat sekerlik moontlik is, sal ek erken, is om die lokasiegebiede uit my kaart te sny, maar dan het jy weer die situasie dat die gebied nie aaneenlopend is nie, en waarskynlik soos ogiesdraad sal moet lyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">{jathumbnail off} <img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/07\/image006.jpg\" width=\"550\" alt=\"Moontlike volkstaat\" title=\"Moontlike volkstaatgebied (in pienk)\" class=\"caption\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bostaande is egter heel moontlik net ek wat die verkeerde gebied gekies het. Ek wil dus diegene wat belangstel en reken hulle volkstaatgebiede is lewensvatbaar, uitnooi om hulle kaarte vir my stuur, al is dit net met \u2018n potlood op \u2018n papierkaart geteken en geskandeer. Ek is heeltemal bereid om my GIS-sagteware en die sensusdata te gebruik om vir hulle \u2018n antwoord te verskaf in terme van die huidige demografie van hulle gebiede.&nbsp; My epos is&nbsp;<a style=\"color: #114170;\" target=\"_blank\" href=\"mailto:anton_barnard@yahoo.co.uk\">anton_barnard@yahoo.co.uk<\/a> Ek het net een versoek: Moenie die boodskapper skiet nie!<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-90\/demisezonnaja-odezhda\/zhakety-kardigany\">\u043a\u0430\u0440\u0434\u0438\u0433\u0430\u043d \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u043a\u0438 8 \u043b\u0435\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.malibuclub.info\/object\/mezhdunarodnaja-dostavka-topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die gedagte aan \u2018n volkstaat is een wat al vir bykans twee dekades en meer lank rondswerf. Die VF+ en sy voorgangers het by Kodesa daarvoor gesorg dat dit nie vanuit \u2018n grondwetlike oogpunt onmoontlik is nie. In baie ander lande is afstigting \u2018n gevaarlike misdaad vir diegene wat wil afstig en dra dit swaar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":10798,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[148],"tags":[],"class_list":["post-10800","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c158-volkstaatnuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10800","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10800"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10800\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/10798"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10800"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10800"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10800"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}