{"id":108,"date":"2007-02-08T20:06:20","date_gmt":"2007-02-08T20:06:20","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=108"},"modified":"2014-12-01T12:58:29","modified_gmt":"2014-12-01T10:58:29","slug":"hy-het-dooierus-op-my-kind-gevat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=108","title":{"rendered":"&#8216;Hy het dooierus op my kind gevat&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Hierna het een van hulle \u2018n pistool uitgepluk en, soos Anel Esterhuizen dit teenoor my gestel het tydens ons gesprek na afloop van die betoging: \u201c\u2026voor ons kom sit en dooierus op my kind geneem. Die gat agter in haar kop waar die koe\u00ebl uitgegaan het, was so groot\u2026\u201d Sy wys met albei hande omtrent \u2018n gaping van 5 cm in deursnee.<\/p>\n<p>Ek wil nog later breedvoerig oor die hele insident skryf as ek al die feite van di\u00e9 koelbloedige kindermoord tot my beskikking het. Intussen enkele indrukke oor vandag.<\/p>\n<p>As iemand wat self die vader van drie klein kinders is, kan ek my nie die smart en woede van Diederick en Anel Esterhuizen voorstel nie. Hoe reageer mens as jou kind voor jou o\u00eb deur \u2018n maniak doodgeskiet word? Maar as ek die moordenaar \u2018n maniak noem, se\u00ebn ek hom eintlik met die onderskeiding van \u2018n sielkundige afwyking. Die probleem is dat hierdie tipe bloedbeluste individu heeltemal normaal is. In die geweldskultuur wat onder die ANC-bewind posgevat word en gestimuleer word deur sy toeskietlike houding teenoor die moordbendes wat die land teister, het doodmaak \u2018n soort tydverdryf geword vir \u2018n groot deel van die bevolking.<\/p>\n<figure id=\"attachment_28618\" aria-describedby=\"caption-attachment-28618\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2007\/02\/Randfonteinstopsw.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-28618\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2007\/02\/Randfonteinstopsw-300x225.jpg\" alt=\"Geen re\u00ebnboognasie hier nie...\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2007\/02\/Randfonteinstopsw-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2007\/02\/Randfonteinstopsw-160x120.jpg 160w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2007\/02\/Randfonteinstopsw-148x111.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2007\/02\/Randfonteinstopsw-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2007\/02\/Randfonteinstopsw-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2007\/02\/Randfonteinstopsw-287x215.jpg 287w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2007\/02\/Randfonteinstopsw.jpg 480w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-28618\" class=\"wp-caption-text\">Geen re\u00ebnboognasie hier nie&#8230;<\/figcaption><\/figure>\n<p>Tydens die paar woorde wat ek met die skare mense buite die hof gepraat het, bewus van die intense pyn wat die Esterhuizen-gesin moet ervaar en die onmag van woorde om die tragedie van klein Danielle se dood te beskryf, het ek ges\u00ea dat di\u00e9 soort wandaad geensins verskil van die gruweldade wat elders in Afrika in die Ituri-provinsie van die Kongo of die Darfoer-streek in die Soedan gepleeg word nie.<\/p>\n<p>Eintlik sou mens meer betogers verwag het as die honderd of tweehonderd wat opgedaag het. Hulle was meesal Afrikaners, blankes dus. Mense wat omgee, vir die vermoorde dogtertjie en haar ouers, sekerlik, maar ook vir die stel re\u00ebls wat beskawing heet. Wet en orde. Die eenvoudige, landelike plesier om iewers langs \u2018n dam te mag visvang sonder dat daar op jou kind geskiet sal word.<\/p>\n<p>Tydens die vingerete wat \u2018n vriend van die gesin vir ons by sy firma nie ver van die hof af nie gere\u00ebl het, noem Diederick wat swaar dra aan \u2018n skuldgevoel oor sy dogter se dood, dat hy nooit weer aan \u2018n visstok wil raak nie.<\/p>\n<figure id=\"attachment_28619\" aria-describedby=\"caption-attachment-28619\" style=\"width: 60px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2007\/02\/danielle.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-28619\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2007\/02\/danielle.jpg\" alt=\"Danielle\" width=\"60\" height=\"60\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2007\/02\/danielle.jpg 60w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2007\/02\/danielle-31x31.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2007\/02\/danielle-38x38.jpg 38w\" sizes=\"auto, (max-width: 60px) 85vw, 60px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-28619\" class=\"wp-caption-text\">Danielle<\/figcaption><\/figure>\n<p>Watter kranksinnige samelewing het die sogenaamde nuwe Suid-Afrika nie geword waar vaders bang is om aan visstokke te vat weens die aaklige herinnering wat dit oproep en waar moeders oor die koe\u00eblgate in hul vyfjariges se koppe moet praat nie! Geruime tyd reeds spook die vraag by my: is \u2018n politieke stelsel soos \u201cdemokrasie\u201d wat by ons tot \u2018n morele beginsel verhef is \u2013 moontlik ons enigste morele beginsel \u2013 die ho\u00eb prys werd wat ons tans betaal?<\/p>\n<p>Een van die vrouebetogers voor die hof se plakkaat lui:<\/p>\n<p><strong>DANIELLE SE<br \/>\nWREDE DOOD<br \/>\nL\u00ca EK VOOR<br \/>\nDIE REGERING<\/strong><\/p>\n<p>En natuurlik is die sentiment wat sy verwoord honderd persent korrek. Die omstandighede, die klimaat, die verval in die strafregstelsel en veral die transformasie van die polisie, kan alles net so voor die deur van die ANC-bewind gel\u00ea word.<\/p>\n<p>Nog \u2018n lid van die publiek s\u00ea voor \u2018n kamera: \u201cOns is kwaad. En ek is kwaad omdat ons so lou hierso is, met wat hier gebeur het. Ek dink dis tyd dat Mbeki ons nou \u2018n antwoord gee: waarnatoe gaan ons nou met hierdie misdaad? Hy kan nie net apaties bly staan nie. Ons wil nou waaragtig weet wat hy nou gaan doen omtrent hierdie saak.\u201d<\/p>\n<p>En ek verstaan sy frustrasie. Want ek het ook die indruk gekry mense \u00eds \u201clou\u201d. \u2018n Kind is gruwelik vermoor en ons praat amper daaroor soos ons span wat \u2018n rugbywedstryd verloor het. Meer nog: die polities korrekte diskoers wat ons inhok en ontman en van nugtere denke ontneem verhoed ons om selfs na die mees basiese feite rondom \u2018n moord soos di\u00e9 te verwys. Totdat ek persoonlik met Anel Esterhuizen gepraat het, sou ek in geen koerant gelees het dat die moordenaar tot reg voor haar en Danielle geloop het en \u201cdooierus op haar kind gevat het\u201d nie. Die media dis \u2018n afgewaterde weergawe aan ons op, juis sodat ons emosieloos en apaties en \u201clou\u201d moet bly want die groot maatskappye, waaronder die mediagroepe, het vrede gemaak met die idee van \u2018n eenpartystaat, selfs \u2018n eenpartystaat waarin kinders uitgewis word.<\/p>\n<p>Nietemin glo ek dat die golf van misnoe\u00eb en woede rondom geweldsmisdaad, wat in baie gevalle niks minder as etniese suiwering is nie, besig is om te styg en binnekort breekpunt gaan bereik. Maar soos ek ook vandag tydens my spreukbeurt geargumenteer het, moet ons beheer neem oor ons eie veiligheid.<\/p>\n<p>Ons het geen ander keuse nie, want ons kan nie meer op die polisie of die staat vertrou om ons te beskerm nie. Hoeveel moorde, ook van onskuldige kinders, moet plaasvind alvorens ons gaan begin saamstaan?<!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/spravka-086-u-vrachebnoe-zaklyuchenie\">\u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nikmedia.com.ua\/news\/view\/8982\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vanm\u00f4re was ek, Steve Hofmeyr en Joost van der Westhuizen by die Randfonteinse landdroshof om teen misdaad te betoog, veral na aanleiding van die grusame en koelbloedige moord op Danielle Esterhuizen. Op 20 Desember 2006 het twee swart mans verby haar geloop waar sy op haar ma se skoot langs &lsquo;n dam gesit het. Haar pa en &#8216;n vriend was besig om vis te vang.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[256,154,258,257,218,21092],"class_list":["post-108","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-hy-het-dooierus-op-my-kind-gevat","tag-dan-roodt","tag-danielle-esterhuizen","tag-kindermoord","tag-misdaad","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/108","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=108"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/108\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=108"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=108"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=108"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}