{"id":10792,"date":"2011-07-29T04:53:59","date_gmt":"2011-07-29T04:53:59","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10792"},"modified":"2011-07-29T04:53:59","modified_gmt":"2011-07-29T04:53:59","slug":"kosovo-smeul","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10792","title":{"rendered":"Kosovo smeul"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Serwiese polisie en NAVO-troepe beman tans kontrolepunte aan beide kante van die Kosovo-grens om verdere etniese geweld te voorkom nadat &#8216;n grenspos afgebrand en &#8216;n polisieman doodgemaak is.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons wil ekstremiste van Serwi\u00eb wat Kosovo  wil bereik keer, en ons sal aan internasionale vredesmagte daar hulp verleen op enige manier wat ons kan,&#8221; het die Serwiese polisiehoof Milorad Veljovic aan verslaggewers ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die grens was Donderdag stil n\u00e1 twee dae van geweld in Kosovo se Serwies-bevolkte noorde waarin een etnies Albanese polisieman dood is en &#8216;n grenskruising deur sogenaamde Serwiese nasionaliste aan die brand gesteek is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Europese Unie het ook druk op Kosovo en Serwi\u00eb geplaas om hulleself te weerhou van geweld en met bilaterale gesprekke voort te gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons is ernstig bekommerd oor die onlangse uitbraak van geweld op die grens tussen Serwi\u00eb en Kosovo,&#8221; het die Britse minister van buitelandse sake William Hague en die Duitse minister van buitelandse sake Guido Westerwelle in &#8216;n gesamentlike verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het in die verlede ges\u00ea en ons herhaal nou dat die manier waarop die grenskwessies hanteer word, &#8216;n belangrike maatstaf is binne die EU-perspektief,&#8221; het hulle voortgegaan. &#8220;Tasbare vordering op al hierdie gebiede sal &#8216;n rol speel in die EU se besprekings komende herfs.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die probleme in Kosovo, wat &#8216;n 90 persent etnies Albanese meerderheid het, het begin nadat Pristina spesiale polisie-eenhede Maandag gestuur het om beheer van noordelike grensposte te neem en &#8216;n verbod op invoere van Serwi\u00eb uit weerwraak na &#8216;n geskil oor doeane-regulasies af te dwing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisie het teruggeval n\u00e1 die geweld, maar Kosovo se premier Hashim Tha\u00e7i het Donderdag ges\u00ea hy gaan hulle na alle grensoorgange terugstuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Wederkerigheidsmaatre\u00ebls [in handel] met Serwi\u00eb sal toegepas word by alle grensoorgange &#8230; en dit sal voortgaan tot Serwi\u00eb sy posisie verander,&#8221; het Tha\u00e7i in die parlement ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kosovo het in 2008 eensydig onafhanklikheid&nbsp;verklaar maar di\u00e9 stap word nie erken deur Serwi\u00eb en die 60 000 Serwi\u00ebrs wat in die noorde van Kosovo woon nie. Hulle beskou nog steeds Belgrado as hulle hul hoofstad. Nog 40 000 Serwi\u00ebrs leef in enklawes in die res van Kosovo. Ongeveer 76 lidlande van die Verenigde Nasies erken egter die onafhanklikheid van Kosovo, asook die Internasionale Geregshof in Den Haag wat op 22 Julie 2010 uitspraak ten gunste van Kosovo gegee het in die geskil tussen Serwi\u00eb en Kosovo.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Serwi\u00ebrs koester Kosovo as die historiese hartland van die Ortodokse Christendom en die meeste is bitter oor sy onafhanklikheid. Die VSA het egter Kosovo se onafhanklikheid erken omdat hulle die Russiese invloedsfeer in die Balkan wou verbreek en &#8216;n politieke voordeel daarin gesien het om Albanese Moslemgelowiges te bevoordeel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Donderdag was die Jarinje-grenskruising kalm met Amerikaanse troepe van NAVO se vredesensing in Kosovo wat beheer uitoefen. Hulle het voertuie vir wapens deursoek, het &#8216;n Reuters-korrespondent ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Duitse generaal Erhard Buehler, bevelvoerder van die NAVO-troepe in Kosovo, het ges\u00ea die geboue by die grenskruising, 20km noord van die stad van Mitrovica, is erg beskadig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Om veiligheidsredes is daar vir mense &#8216;n ho\u00eb risiko. Klein privaatmotors kan die grens op hul eie risiko oorsteek,&#8221; het Buehler in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vredesmagte, wat nou nog Kosovo patrolleer meer as &#8216;n dekade nadat die oorlog tussen etniese Albanese en Serwiese veiligheidsmagte in 1998-1999 uitgebreek het, is ook in beheer van &#8216;n ander sleutelgrenskontrolepunt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Buehler het ges\u00ea KFOR sal voortgaan om troepe te ontplooi om die hele noorde van Kosovo se veiligheid en vryheid van beweging te beskerm.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jean-Francois Fitou, Frankryk se ambassadeur in Pristina, het aan Reuters ges\u00ea &#8220;uit die oogpunt van veiligheid, is die situasie nie buite beheer nie, maar dit is nie goed nie&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Woensdag se aanval op die Jarinjegrenspos, het die Serwi\u00ebrs petrolbomme op lede van NAVO se KFOR-vredesmag gegooi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Woensdag het Tha\u00e7i Belgrado daarvan beskuldig dat hulle die geweld aanblaas, maar president Boris Tadic het ges\u00ea die aanvalle is uitgevoer deur geharde Serwiese nasionaliste wat teen Serwi\u00eb se poging om bande met sy voormalige suidelike provinsie te herstel, gekant is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Vir ons, is dialoog die enigste manier om probleme op te los in Kosovo en historiese versoening tussen Serwi\u00ebrs en Albani\u00ebrs te bereik,&#8221; het &#8216;n Serwiese regeringswoordvoerder Milivoje Mihajlovic aan verslaggewers ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Belgrado wil by die EU aansluit, maar moet sy bande met Kosovo herstel om die toetredingsproses te bespoedig. Belgrado en Pristina het begin met EU-bemiddelde gesprekke oor handel, die beweging van mense en kwessies soos om die energievoorsiening te verbeter, maar onderhandelinge vorder stadig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het Woensdag &#8216;n Serwiese versoek om dringende samesprekinge agter geslote deure oor Kosovo aanvaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Serwi\u00eb het beheer van Kosovo in 1999 verloor, toe NAVO &#8216;n swaar bombardement van 78 dae lank teen Slobodan Milosevic se onderdrukking van etnies Albanese rebelle gevoer het om sy veldtog van etniese reiniging te stuit.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/statii\/igrushki-na-godik\">\u0438\u0433\u0440\u0443\u0448\u043a\u0438 \u043d\u0430 \u0433\u043e\u0434\u0438\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/pochemu-v-harkove-doveryayut-mestnoi-vlasti-i-gordyatsya-svoim-gorodom\/\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Serwiese polisie en NAVO-troepe beman tans kontrolepunte aan beide kante van die Kosovo-grens om verdere etniese geweld te voorkom nadat &#8216;n grenspos afgebrand en &#8216;n polisieman doodgemaak is. &#8220;Ons wil ekstremiste van Serwi\u00eb wat Kosovo wil bereik keer, en ons sal aan internasionale vredesmagte daar hulp verleen op enige manier wat ons kan,&#8221; het die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10792\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kosovo smeul&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-10792","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10792","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10792"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10792\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10792"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10792"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10792"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}