{"id":10767,"date":"2011-07-24T05:55:16","date_gmt":"2011-07-24T05:55:16","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10767"},"modified":"2011-07-24T05:55:16","modified_gmt":"2011-07-24T05:55:16","slug":"nuwe-volkstaat-so-groot-soos-suid-korea-portugal-of-oostenryk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10767","title":{"rendered":"Nuwe volkstaat so groot soos Suid-Korea, Portugal of Oostenryk"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dit is reeds geruime tyd bekend dat &#8216;n Afrikanermeerderheidsgebied in Suid-Afrika bestaan. Dit beslaan dele van die ou Boererepublieke en Noord-Natal. Deur &#8220;grensdorpe&#8221; so te verdeel dat Afrikanerbuurte van nie-Afrikanerbuurte geskei word, word &#8216;n internasionaal aanvaarbare meerderheidsgebied geskep wat tussen 70 000 en 100 000 vierkante kilometer groot is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie tradisionele Afrikanergebied wat aan al die internasionale regsvereistes vir selfbeskikking voldoen, is ongeveer 70 000 tot 100 000 vierkante kilometer groot. Ander lande wat in grootte met die nuwe Afrikaanse Republiek vergelyk, is:<\/p>\n<ul>\n<li>Ysland (103 000 vk km)&nbsp;&nbsp; &nbsp;<\/li>\n<li>Suid-Korea (99 828 vk km)<\/li>\n<li>Hongarye (93 028 vk km)<\/li>\n<li>Portugal (92 090 vk km)<\/li>\n<li>Jordani\u00eb (89 342 vk km)<\/li>\n<li>Serwi\u00eb (88 361 vk km)<\/li>\n<li>Azerbaidjan (86 600 vk km)<\/li>\n<li>Oostenryk (83 871 vk km)<\/li>\n<li>Verenigde Arabiese Emirate (83 600 vk km)&nbsp;&nbsp; &nbsp;<\/li>\n<li>Tsjeggiese republiek (78 865 vk km)&nbsp;&nbsp; &nbsp;<\/li>\n<li>Panama (75 417 vk km)<\/li>\n<li>Sierra Leone (71 740 vk km)&nbsp;&nbsp; &nbsp;<\/li>\n<li>Ierland (70,273 vk km)<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die rede waarom die presiese grootte van die Afrikaanse Republiek nog nie bepaal kan word is nie, is omdat die finale kartografie nog nie gedoen is nie. Daar is ook onsekerheid oor tans &#8220;Suid-Afrikaanse&#8221; gebiede rondom Lesotho wat reeds in ho\u00eb mate deur burgers van daardie land beset word, asook die ou tuisland Qua-qua wat in- of uitgesluit kan word. Een van die eerste diplomatieke take vir Afrikaners in aanloop tot onafhanklikheid gaan wees om tot &#8216;n vergelyk met Lesotho oor die grensgebiede te kom. Indien Qua-qua in die AR ingsluit word, kan di\u00e9 gebied minderheidsregte of beperkte outonomie ontvang. Sodoende sou die AR kon demonstreer in welke mate hy bereid is om die selfbeskikking wat hy vir homself opeis ook aan ander toe te staan. Omdat Cope in die Sotho-sprekende Quaqua groot steun geniet, sou Afrikaners ook direk met daardie party oor die status van die gebied kon onderhandel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat Suid-Afrika oor &#8216;n groot grondgebied van 1,2 miljoen vierkante kilometer beskik, verteenwoordig die beoogde Afrikanervolkstaat slegs tussen 7 en 10 persent van die huidige landoppervlak, wat min of meer in ooreenstemming is met die Afrikaner se demografiese verteenwoordiging binne die huidige veelvolkige staat. Hoewel grense getrek sal word om soveel moontlik etniese Afrikaners binne die nuwe staat in te sluit, word dit egter gedoen om die minimum ekonomiese en verkeersontwrigting te veroorsaak. Vele grensdorpe sal nietemin verdeel word om die Afrikanergebied van die nie-Afrikanergebied te skei. Sodanige skeiding van dorpe druis geensins teen internasionale praktyk in nie en in Europa en elders bestaan daar vele stede en dorpe wat aan weerskante van nasionale grense val.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tot tyd en wyl die finale kaart van die Afrikanergrondeis teenoor Suid-Afrika gepubliseer word, sal mense sekerlik gis of hulle wonings of plase in- of uitgesluit word. Voorlopig kan egter met sekerheid ges\u00ea word dat die aaneenlopende grondgebied strek vanaf Potchefstroom in die Weste, verby Pretoria met groot dele van die Oos-Transvaal, Oos-Vrystaat en dele van Noord-Natal wat ingesluit word. Belangrike stede wat deel van die AR sal uitmaak, is:<\/p>\n<ul>\n<li>Pretoria<\/li>\n<li>Bloemfontein<\/li>\n<li>Pothefstroom<\/li>\n<li>Secunda met sy SASOL-aanleg<\/li>\n<li>Richardsbaai met sy hawe<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel die Suid-Kaap soos op die vorige volkstaatkaart wat deur PRAAG vrygestel is, ingesluit sou kon word, verteenwoordig dit nie tradisionele Afrikanergebied nie en word dit insgelyks bewoon deur &#8216;n groot aantal nie-Afrikaners wat wel Afrikaans praat maar die etniese en kulturele samehang van die nuwe staat sou versteur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gevoel is ook dat die AR in die toekoms sou kon uibrei, maar dat probleme met die inlywing van nuwe gebiede soos die Suid-Kaap eers behoorlik bestudeer en verreken moet word. Die blote najaag van grondgebied met die insluiting van bevolkings wat nie geredelik by Afrikaners kan integreer nie, word nie as wenslik beskou nie. Ook is die aanspraak van Afrikaners op &#8216;n eie staat gegrond op &#8216;n tuiste vir etno-kulturele Afrikaners en daarom kan die insluiting van groot getalle nie-Afikaners geensins teenoor die internasionale gemeenskap geregverdig word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Gerwel-verslag in September 2001 het aanbeveel dat daar twee Afrikaanse universiteite behoort te wees. Met die totstandkoming van die Afrikaanse Republiek sal sowel die Universiteit van Pretoria as die Universiteit van Potchefstroom binne die nuwe staat val en binne &#8216;n kort tyd weer na onderrig uitsluitlik in Afrikaans oorskakel om sodoende die toekoms van Afrikaans as tersi\u00eare taal te verseker.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die belangrikste volkeregtelike gronde waarom Afrikaners van Suid-Afrika mag afstig, is juis vanwe\u00eb die diskriminasie teen die Afrikaanse taal en kultuur. Die taalstryd wat PRAAG reeds elf jaar lank teen die Suid-Afrikaanse owerheid se verengelsingsbeleid voer, het in &#8216;n groot mate die grondslag vir die eis om Afrikanerselfbeskikking gel\u00ea. Die optrede van oud-minister Kader Asmal om Afrikaanse universiteite met Engelstalige instellings saam te smelt om Afrikaans en Afrikaners te benadeel, het die aanspraak op selfbeskikking om kulturele en taalredes verder versterk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In sy kommentaar het dr. Dan Roodt van PRAAG ges\u00ea: &#8220;Moontlik sal ons &#8216;n standbeeld vir Kader Asmal en alle ANC-amptenare wat teen Afrikaans gediskrimineer het, moet oprig want daardeur het hulle ons volksvryheid wat binnekort gaan aanbreek, verseker.&#8221;<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/nasosnoe-oborudovanie\">\u043d\u0430\u0441\u043e\u0441\u043d\u043e\u0435 \u043e\u0431\u043e\u0440\u0443\u0434\u043e\u0432\u0430\u043d\u0438\u0435 \u0432 \u043c\u043e\u0441\u043a\u0432\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/31.08.2017\/harkovskiy_produktovyy_riteyl_raduyuschaya_dinamika_razvitiya\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is reeds geruime tyd bekend dat &#8216;n Afrikanermeerderheidsgebied in Suid-Afrika bestaan. Dit beslaan dele van die ou Boererepublieke en Noord-Natal. Deur &#8220;grensdorpe&#8221; so te verdeel dat Afrikanerbuurte van nie-Afrikanerbuurte geskei word, word &#8216;n internasionaal aanvaarbare meerderheidsgebied geskep wat tussen 70 000 en 100 000 vierkante kilometer groot is. Hierdie tradisionele Afrikanergebied wat aan al &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10767\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Nuwe volkstaat so groot soos Suid-Korea, Portugal of Oostenryk&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[148],"tags":[],"class_list":["post-10767","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c158-volkstaatnuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10767","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10767"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10767\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10767"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10767"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10767"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}