{"id":10763,"date":"2011-07-22T05:59:27","date_gmt":"2011-07-22T05:59:27","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10763"},"modified":"2011-07-22T05:59:27","modified_gmt":"2011-07-22T05:59:27","slug":"kwellinge-oor-klimaat-vervaag-soos-politieke-temperatuur-styg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10763","title":{"rendered":"Kwellinge oor klimaat vervaag soos politieke temperatuur styg"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Spesiale vergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad is bel\u00ea waartydens besluit sal word of vredesoperasies uitgebrei sal word om klimaatsverandering in te reken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is selfs sprake van die oprigting van &#8216;n nuwe omgewingsvredesmag wat groen helms ipv die gebruiklike blou VN-helms sal dra en wat sal ingryp in konflikte wat veroorsaak word deur krimpende hulpbronne.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Ban Ki-Moon, sal na verwagting die vergadering di\u00e9 week toespreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar Duitsland, wat die vergadering aangevra het, het gewaarsku dat dit te vroeg is om te verwag dat die Raad die sprong moet neem om groen vrede te bewaar of selfs klimaatsverandering as een van die sleutelareas van fokus te beskou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is te vroeg om ernstig te dink oor die optrede van die Raad op die gebied van klimaatsverandering. Dit is duidelik nie op die agenda nie,&#8221; het Duitsland se ambassadeur by die VN, Peter Wittig, volgens die Huffington Post ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;&#8216;n Goeie eerste stap sou wees om die werklikheid van klimaatsverandering en die inherente implikasies vir internasionale vrede en veiligheid te erken,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het nie kommentaar gelewer oor talle skeptici se bewerings dat die vrees vir klimaatsverandering minder met werklike weerstoestande te make het as met sekere politieke inisiatiewe nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Pentagon en ander milit\u00eare komplekse is al lank bewus dat klimaatsverandering &#8216;n &#8220;bedreigingsvermenigvuldiger&#8221; is met die potensiaal om bestaande konflikte te eskaleer, en nuwe geskille te skep soos wat kos, water, en bewerkbare grond toenemend skaarser word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wittig stem saam daarmee, en wys daarop dat VN-vredesmagte al geruime tyd reeds ingryp in gebiede buite tradisionele konflikte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Om blou helms met groen oor te verf kan &#8216;n sterk sein uitstuur dat die VN te doene het met die gevolge van klimaatsverandering &#8211; s\u00ea maar in kwesbare gebiede &#8211; maar verskil dit regtig baie van die take wat die blou helms reeds vandag uitvoer?&#8221;&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In &#8216;n amptelike nota voor die vergadering, het Duitsland ges\u00ea die Veiligheidsraad behoort scenario&#8217;s vir die hantering van die uitwerking van uiterste temperature en stygende seewater saam te stel. Hoe sou konflikte in daardie dele van Afrika en Asi\u00eb wat voedseltekorte in die gesig staar, beperk kan word en wat gemaak met kilmaatsvlugtelinge?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is grondliggende verskille in die Veiligheidsraad oor die aangeleentheid en sommige lidlande weier selfs om klimaatsverandering as &#8216;n veiligheidskwessie te omskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">China argumenteer dat die Veiligheidsraad klimaatsverandering moet laat vaar en sulke kwessies liewer aan kenners toevertrou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die Veiligheidsraad moet die Algemene Vergadering se besluit om klimaatsverandering as &#8216;n bedreiging vir internasionale vrede en veiligheid te beskou, eerbiedig. Dit is &#8216;n bedreiging so groot soos die verspreiding van kernwapens of globale terrorisme,&#8221; het Marcus Stephen, in die New York Times ges\u00ea. Stephen is die president van Nauru, een van die Suidsee-eilande wat kan verdwyn indien seewatervlakke styg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Tweedens, moet &#8216;n spesiale verteenwoordiger oor die klimaat en sekuriteit aangestel word. Derdens, ons moet bepaal of die Verenigde Nasies-stelsel in staat is om te reageer op &#8216;n krisis van hierdie omvang.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit bly &#8216;n ope vraag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 week se vergadering kom op &#8216;n tyd van toenemende twyfel oor of die VN toegerus is om klimaatsverandering te hanteer. Verlede maand se klimaatgesprekke in Bonn het min vordering in sleutel-areas getoon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het Ban ook sy aandag herfokus van klimaatsverandering na volhoubare ontwikkeling.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/uslugi-poligraf.com\/blog\/obmanut-detektor-lzhi\">\u0432\u043e\u0437\u043c\u043e\u0436\u043d\u043e \u043b\u0438 \u043e\u0431\u043c\u0430\u043d\u0443\u0442\u044c \u043f\u043e\u043b\u0438\u0433\u0440\u0430\u0444<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62776-interesnye-fakty-o-yurii-danilchenko.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Spesiale vergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad is bel\u00ea waartydens besluit sal word of vredesoperasies uitgebrei sal word om klimaatsverandering in te reken. Daar is selfs sprake van die oprigting van &#8216;n nuwe omgewingsvredesmag wat groen helms ipv die gebruiklike blou VN-helms sal dra en wat sal ingryp in konflikte wat veroorsaak word &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10763\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kwellinge oor klimaat vervaag soos politieke temperatuur styg&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-10763","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10763","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10763"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10763\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10763"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10763"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10763"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}