{"id":10734,"date":"2011-07-18T06:40:39","date_gmt":"2011-07-18T06:40:39","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10734"},"modified":"2011-07-18T06:40:39","modified_gmt":"2011-07-18T06:40:39","slug":"mandela-en-jou-67-minute-van-verraad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10734","title":{"rendered":"Mandela en jou 67 minute van verraad"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika of Sadis-Afrika soos die land herdoop behoort te word, beleef tans &#8216;n tydvak wat met die &#8220;terreur&#8221; van die Franse revolusie, Stalin se massamoorde van die 1930s of Mao se &#8220;kulturele revolusie&#8221; vergelyk kan word. Die tipies kommunistiese persoonlikheidskultus rondom Nelson Mandela wat vandag in hierdie hopelose staat in &#8216;n stuiptrekking van beangste onderdanigheid ook deur Afrikaners nagevolg word, is soortgelyk aan die reusepropaganda-aksies wat rondom Wladimir Lenin, Josef Stalin, Mao Zedong, Fidel Castro en ander in twintigste eeu gevoer is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die twintigste eeu is die mens dikwels verdwerg voor die reuse van die revolusie, wat met kolossale baniere en brondstandbeelde vergestalt is. Met Stalinistiese gigantisme is die mens tot &#8216;n nietigheid gereduseer wat met wreedheid verdruk en verontmenslik kon word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarom is die keersy van hierdie &#8220;patriotiese&#8221; aanbiddings van &#8220;groot leiers&#8221;, is gewoonlik &#8216;n goelag of strafkamp waarheen dissidente verban word, grootskaalse vervolgings, intellektuele onverdraagsaamheid en selfs volksmoord. Sedert die halfgod Mandela se magsoorname in 1994, het Suid-Afrika volledig in patologie verval. Mandela se eerste &#8220;weldaad&#8221; in 1994 was om 9 000 geharde geweldsmisdadigers kwyt te skeld &#8211; die voorhoede van die &#8220;vryheidsvegters&#8221; wat die land met naakte geweld van sy apartheidsverlede moes begin reinig. Sedertdien word groteske gruweldade daagliks in ons land gepleeg sodat die tipering van die &#8220;Nuwe Suid-Afrika&#8221; as &#8216;n reusegestig vol psigopatologiese maniakke glad nie vergesog is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net soos tydens die Britse inval van 1899-1902 word die ergste gruweldade egter deur die owerheid en die media verdoesel. Die volle omvang van die geweld en onreg wat in die land heers, word weggesteek, nes die Sowjet-goelag in die duister gehul was totdat Solsjenitsin en ander Russiese dissidente vanuit hul strafkampselle begin het om die buitew\u00eareld oor die onmenslike toestande onder kommunisme in te lig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikaner beskik oor &#8216;n trotse geskiedenis. Die vele helde wat ons volk in sy strewe na vryheid en onafhanklikheid opgelewer het, vergelyk met soortgelyke glansryke figure elders in die Westerse geskiedenis. Die hensoppers en verraaiers van die tweede vryheidsoorlog verteenwoordig egter &#8216;n skandvlek op ons geskiedenis wat nog nie na behore verreken is nie. Vandag terwyl die hele land in die ban van hul Madiba-godsdiens soos aanbiddende Moslems na Qunu buig, prewel &#8216;n nuwe geslag Afrikanerverraaiers en -hensoppers voor in die koor. Die veragtelikheid waarmee hulle hul slaafse onderwerping aan die ANC en die SAKP betuig, verteenwoordig nogmaals &#8216;n skandelike oomblik van verraad in ons geskiedenis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Moet asseblief nie vandag skande oor uself, u gesin en u naam bring deur op u knie\u00eb voor &#8220;Madiba&#8221; te val nie. Nie net mag God u daarvoor straf dat u &#8216;n menslike afgod aanbid nie, maar u kinders en kleinkinders mag eendag gebuk gaan onder die bevlekking wat u klakkelose en lafhartige deelname aan die Mandela-persoonlikheidskultus sal meebring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Neem vandag 67 minute om Hertzog, Malan, Verwoerd, Van Wyk Louw, Totius, CM van den Heever of enige van die groot leiers en skrywers uit ons verlede te lees. Of besoek &#8216;n Afrikanerwebwerf wat nie onder die geestesbeheer van die staat staan nie en raak daarvan bewus dat die waarheid, soos honderdduisende vroue en kinders in hierdie land, verkrag mag word maar nie heeltemal uitgewis raak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Versprei ook hierdie boodskap sover u kan aan elke ware Afrikaner, dog veral aan diegene wat afgedwaal het en as meelopers aan ons verdrukking en ondergang meewerk. Selfs in die uur van verraad, kan sommiges nog gered word alvorens hulle vir altyd met die banvloek van &#8220;verraaier!&#8221; en &#8220;hensopper!&#8221; getref word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek buig nie voor Madiba nie. Wat van u?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan Roodt, 18 Julie 2011<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\/dlja-malen-kih-detej\/pogremushki-gryzuny\">\u043f\u043e\u0433\u0440\u0435\u043c\u0443\u0448\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/lawyersunion.org.ua\/vidbulysya-urochysti-zbory-z-nagody-dnya-konstytutsiyi\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrika of Sadis-Afrika soos die land herdoop behoort te word, beleef tans &#8216;n tydvak wat met die &#8220;terreur&#8221; van die Franse revolusie, Stalin se massamoorde van die 1930s of Mao se &#8220;kulturele revolusie&#8221; vergelyk kan word. Die tipies kommunistiese persoonlikheidskultus rondom Nelson Mandela wat vandag in hierdie hopelose staat in &#8216;n stuiptrekking van beangste onderdanigheid &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10734\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Mandela en jou 67 minute van verraad&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-10734","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10734","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10734"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10734\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10734"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10734"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10734"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}