{"id":10733,"date":"2011-07-18T05:56:03","date_gmt":"2011-07-18T05:56:03","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10733"},"modified":"2011-07-18T05:56:03","modified_gmt":"2011-07-18T05:56:03","slug":"vsa-ondersteun-nie-tibetaanse-onafhanklikheid-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10733","title":{"rendered":"VSA ondersteun nie Tibetaanse onafhanklikheid nie"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">China het Amerika Sondag gekritiseer oor pres. Barack Obama se ontmoeting met die Dalai Lama en ges\u00ea dit kom neer op inmenging in China se binnelandse sake. Dit het glo die verhouding tussen China en Amerika belemmer.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 skerp bewoorde verklaring van China se minister van buitelandse sake is uitgereik slegs ure nadat die Tibettaanse geestelike leier en wenner van die Nobel-vredesprys \u2013 wat vir &#8216;n 11 dae lange Boeddhistiese ritueel in Washington was \u2013 Obama ontmoet het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Withuis het ges\u00ea met Saterdag se ontmoeting het Obama benadruk hoe belangrik dit is om die menseregte van die Tibettane in China te beskerm. Hy het herhaal dat Amerika nie Tibettaanse onafhanklikheid voorstaan nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">China het vooraf &#8216;n beroep op Amerika gedoen om nie met die ontmoeting eergister voort te gaan nie. N\u00e1 die ontmoeting van 45 minute in die Withuis het China ges\u00ea die ministerie van buitelandse sake en die Chinese ambassade het by Amerikaanse verteenwoordigers in Beijing en Washington beswaar aangeteken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hierdie optrede is ernstige inmenging in China se binnelandse sake, maak die gevoelens van die Chinese volk seer en skaad Chinees-Amerikaanse betrekkinge,&#8221; het mnr. Ma Zhaoxu, woordvoerder van China se ministerie van buitelandse sake, in &#8216;n verklaring ges\u00ea. China beskou die Dalai Lama as &#8216;n separatis wat daarop uit is om di\u00e9 land se heerskappy oor Tibet te be\u00ebindig. Die Nobelpryswenner s\u00ea hy soek slegs groter outonomie vir Tibet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ontmoeting met Obama kom minder as tien dae voor &#8216;n besoek van die Amerikaanse minister van buitelandse sake, me. Hillary Rodham Clinton, aan die stad Shenzhen in die suide van China, waar sy raadslid Dai Bingguo, Beijing se top-amptenaar belas met buitelandse beleid, sal ontmoet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is op die oomblik moeilik om te s\u00ea of di\u00e9 vergadering hierdeur geraak gaan word,&#8221; het Jin Canrong, &#8216;n kundige op die gebied van internasionale sake by die Renmin-universiteit, ges\u00ea. &#8220;Maar di\u00e9 ontmoeting is taamlik belangrik, en of dit plaasvind of gekanselleer word, sal ons &#8216;n aanduiding gee van wat die verdere impak sal wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Adj.pres. Joseph Biden gaan China ook vanjaar besoek, gevolg deur &#8216;n besoek van sy Chinese eweknie, Xi Jinping, aan Wa\u00adshington.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/maslo-kompressornoe-f10663003\/\">\u043c\u0430\u0441\u043b\u043e \u0434\u043b\u044f \u043f\u043e\u0440\u0448\u043d\u0435\u0432\u044b\u0445 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u0435\u0441\u0441\u043e\u0440\u043e\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/pressrelizi\/nid\/1143\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>China het Amerika Sondag gekritiseer oor pres. Barack Obama se ontmoeting met die Dalai Lama en ges\u00ea dit kom neer op inmenging in China se binnelandse sake. Dit het glo die verhouding tussen China en Amerika belemmer. Di\u00e9 skerp bewoorde verklaring van China se minister van buitelandse sake is uitgereik slegs ure nadat die Tibettaanse &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10733\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;VSA ondersteun nie Tibetaanse onafhanklikheid nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-10733","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10733","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10733"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10733\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10733"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10733"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10733"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}