{"id":10712,"date":"2011-07-14T07:45:37","date_gmt":"2011-07-14T07:45:37","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10712"},"modified":"2011-07-14T07:45:37","modified_gmt":"2011-07-14T07:45:37","slug":"solidariteit-staak-saam","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10712","title":{"rendered":"Solidariteit staak saam"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Solidariteit-verteenwoordigers van regoor Suid-Afrika het Woensdag tydens \u0149 spesiale bedryfsraadvergadering in die metaal- en ingenieursbedryf die 7%-loonaanbod van die Bedingingsraad vir die werkgewers in die Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf (MEIBC) verwerp. Indien die werkgewers nie tydens Vrydag se geskilvergadering \u0149 beter loonaanbod maak nie, sal Solidariteit kennis gee van \u0149 staking.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, het die vakbond lank besin voor hy op di\u00e9 stap besluit het, aangesien dit \u0149 groot impak op die bedryf sal h\u00ea indien Solidariteit se lede, meestal geskoolde werknemers en ambagslui met skaars vaardighede, sou staak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Loononderhandelinge is ook aan die basiese ekonomiese beginsel van die wisselwerking tussen vraag en aanbod onderwerp,&#8221; verduidelik Hermann. &#8220;Daar is tans \u0149 reuse-vaardigheidstekort in Suid-Afrika ten opsigte van geskoolde werknemers en ambagslui. Indien die vraag na \u0149 produk styg, styg die prys daarvan en dieselfde beginsel behoort te geld vir die vergoeding van werknemers met skaars vaardighede,&#8221; volgens Hermann.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het Solidariteit beklemtoon dat sy lede nie die werk van stakende werknemers sal doen nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Solidariteit verteenwoordig nagenoeg 27 000 werknemers in die metaal- en ingenieursbedryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vakbond het egter Woensdag n\u00e1 die vierde rondte van loononderhandelinge in die goudsektor van die Kamer van Mynwese, \u0149 loongeskil verklaar. AngloGold Ashanti en Goldfields het vandag \u0149 algemene loonaanbod van 5,5% vir kategorie 3-werknemers en \u0149 loonverhoging van 5% vir kategorie 4- tot 8-werknemers, asook ambagsmanne, myners en amptenare, aangebied. Harmony en Rand Uranium het \u0149 loonverhoging van 5,3% vir kategorie 3-werknemers en 4,8% vir kategorie 4- tot 8-werknemers en ambagsmanne, myners en amptenare aangebied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Louis Pretorius, woordvoerder van Solidariteit, beteken die werkgewers se verbeterde loonaanbod niks. Werkgewers het in die derde rondte \u0149 loonaanbod van \u0149 algemene loonverhoging van 5% vir kategorie 3-werknemers en 4,5% vir die kategorie 4- tot 8-werknemers asook ambagsmanne, myners en amptenare gemaak. &#8220;Vandag se aanbod, van skaars \u0149 halwe persentasiepunt meer, is niks anders as klatergoud nie,&#8221; meen Pretorius. &#8220;Teen die pas wat loononderhandelinge nou vorder, is \u0149 loonooreenkoms beslis nog nie naastenby in sig nie,&#8221; voeg hy by.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen is die aanbod vir die uitleeftoelaag steeds nie verbeter nie en werkgewers bied steeds slegs \u0149 R50-verhoging aan. Daar is ook nog nie aan Solidariteit se eis, dat die aftreeouderdom van bogrondse werkers na 63 jaar verhoog word, gehoor gegee nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die geskilrondte vir die steenkoolsektor is vir 20 Julie geskeduleer.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/97-svetil-niki-dlya-detskoj\">\u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0435 \u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62744-chto-delat-s-neraskrytymi-prestupleniyami-peredovoy-opyt-i-mneniya-ekspertov.html\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Solidariteit-verteenwoordigers van regoor Suid-Afrika het Woensdag tydens \u0149 spesiale bedryfsraadvergadering in die metaal- en ingenieursbedryf die 7%-loonaanbod van die Bedingingsraad vir die werkgewers in die Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf (MEIBC) verwerp. Indien die werkgewers nie tydens Vrydag se geskilvergadering \u0149 beter loonaanbod maak nie, sal Solidariteit kennis gee van \u0149 staking. Volgens Dirk &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10712\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Solidariteit staak saam&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[85],"tags":[],"class_list":["post-10712","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c76-sake"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10712","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10712"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10712\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10712"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10712"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10712"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}