{"id":1071,"date":"2007-11-11T16:11:49","date_gmt":"2007-11-11T16:11:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1071"},"modified":"2007-11-11T16:11:49","modified_gmt":"2007-11-11T16:11:49","slug":"itali-het-nou-genoeg-gehad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1071","title":{"rendered":"Itali? het nou genoeg gehad"},"content":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ingevolge die regering se nuwe noodwetgewing het verskeie stede die afgelope week reeds uitsettingsbevele ten opsigte van immigrante (meesal van Roemeni&euml; afkomstig) geteken. &ldquo;Ons sal so iets (die aanval op Reggiani) nooit weer toelaat nie,&rdquo; was die woorde van Prodi toe die noodwetgewing aanvaar is. Die Europese Kommissie (EU) het n&aacute; aanvanklike kritiek besluit om die Italiaanse wetgewing te steun, op voorwaarde dat net individue &#8211; en nie groepe nie &#8211; gedeporteer word.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Roemeni&euml; het aan die begin van die jaar &rsquo;n lidstaat van die EU geword en sy burgers beskik dus oor die reg om nou in enige EU-land rond te reis. Daar is tans meer as &rsquo;n halfmiljoen Roemeni&euml;rs in Itali&euml; woonagtig, wat van hulle die grootste immigrantegroep in die land maak. Op 7 November het die Roemeense premier Calin Tariceanu en Romano Prodi in Rome ontmoet en besluit op nuwe stappe wat die plasing van meer Roemeense polisiemanne in Itali&euml;, beter grensbeheer en planne om Roemeni&euml;rs beter te integreer, insluit. Volgens Tariceanu is hy bekommerd oor die toename in &ldquo;vreemdelingehaat&rdquo; in Itali&euml;, wat spesifiek teen sy burgers gerig is. Daar was dan ook inderdaad &rsquo;n aantal aanvalle op Roemeense immigrante in Itali&euml; n&aacute; die dood van mev Reggiani op 2 November.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Volgens Rome se sentristies-linkse burgemeester, Walter Veltroni, is driekwart van die misdadigers wat in die hoofstad gearresteer word, van Roemeni&euml; afkomstig. &ldquo;Voor Januarie 2007 was Rome die veiligste groot stad ter w&ecirc;reld. In die eerste sewe maande van hierdie jaar is 75% van diegene wat weens moord, verkragting en diefstal gearresteer is, Roemeni&euml;rs gewees.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die regse Italiaanse opposisieparty, die Nasionale Alliansie, het op hulle beurt verklaar dat dit onmoontlik is vir die Roemeense sigeuners om in die Italiaanse gemeenskap in te pas.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Intussen is die Britse ministerie van binnelandse sake besig om die nuwe Italiaanse wetgewing te bestudeer. Minister Jacqui Smith wil insgelyks immigrante laat deporteer wat moontlik &rsquo;n gevaar vir Brittanje kan inhou. Tans hou Brittanje streng by Europese regulasies wat bepaal dat regerings nie burgers van ander EU-lande mag deporteer nie tensy hulle &rsquo;n gevaar vir nasionale veiligheid inhou. In Brittanje geld deportasies dus net vir terroriste. Verlede jaar is slegs 250 deportasies uitgevoer. Openbare woede is egter besig om op te bou oor die geweldige toename in immigrante. Sowat 1 500 nuwe immigrante arriveer daagliks in Brittanje. Smith wil graag h&ecirc; dat al die EU-ministers van binnelandse sake in hierdie verband moet saamwerk.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vroe&euml;r vandeesmaand het die Britse Ho&euml;rhof besluit dat die Italiaanse moordenaar van &rsquo;n Britse skoolhoof nie gedeporteer mag word nie, aangesien &ldquo;hy nie tans &rsquo;n gevaar inhou nie.&rdquo; Die verkragter, Mohammed Kendeh, wat onlangs die voorblaaie van Engelse koerante gehaal het, is op sy beurt toegelaat om in Brittanje aan te bly aangesien deportasie na Sierra Leone &ldquo;sou neerkom op inbraak op sy menseregte.&rdquo; Dit is hierdie absurde situasie wat Jacqui Smith graag wil verander.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&nbsp;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&nbsp;<\/span><\/p>\n<p> <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/peskostruynoe-oborudovanie-f6342574\/\">\u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u0435\u0441\u0441\u043e\u0440 \u0434\u043b\u044f \u043f\u0435\u0441\u043a\u043e\u0441\u0442\u0440\u0443\u0439\u043d\u043e\u0433\u043e \u0430\u043f\u043f\u0430\u0440\u0430\u0442\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/11\/08\/191249.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/prodi.JPG\" width=\"274\" height=\"190\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Romano Prodi<\/div>\n<\/div>\n<p>Premier Romano Prodi se regering het enkele dae gelede noodwetgewing goedgekeur wat die deportasie van potensieel gevaarlike immigrante sonder enige verhoor sal moontlik maak. Hierdie stap het gevolg op nasionale woede nadat &rsquo;n Italiaanse vrou van Perugia onlangs deur &rsquo;n immigrant verkrag en vermoor is. Die 47-jarige Giovanna Reggiani, vrou van &rsquo;n vlootoffisier, is wreedaardig deur &rsquo;n jong Romeense sigeuner aangeval en is dood nadat sy twee dae in &rsquo;n koma verkeer het. Haar gesig was onherkenbaar vermink. Dit is maar een insident in &rsquo;n onlangse vlaag van geweld en misdaad waarvoor sigeunerimmigrante van Roemeni&euml; verantwoordelik is.<\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,1035,21089],"class_list":["post-1071","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-itali-het-nou-genoeg-gehad","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1071","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1071"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1071\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1071"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1071"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1071"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}