{"id":10687,"date":"2011-07-10T08:00:22","date_gmt":"2011-07-10T08:00:22","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10687"},"modified":"2011-07-10T08:00:22","modified_gmt":"2011-07-10T08:00:22","slug":"kan-afrikaners-sonder-selfbeskikking-ekonomies-oorleef","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10687","title":{"rendered":"Kan Afrikaners sonder selfbeskikking ekonomies oorleef?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories2\/wingard_johann.jpg\" \/>Nou die aand bespreek dr Christo Landman en ek die kwessie van ons Afrikaners se ekonomiese oorlewing.  Aan die einde van ons gesprek kom ons tot \u2018n gevolgtrekking wat ek sedertdien as aksiomaties beskou:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Die behoud van die Afrikaner binne die huidige sosiaal-politieke konteks is afhanklik van sy vermo\u00eb om \u2018n eie ekonomie vir homself in te rig en te bedryf.  Daardie ekonomie kan deel vorm van die landsekonomie, maar moet \u2018n sektor wees wat deur Afrikaners self beheer word.  Daarsonder het hulle geen toekoms in Suid-Afrika nie. <\/em><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Werkreservering sonder \u2018n tydsraamwerk en wat as \u201caffirmative action\u201d bekendstaan, diskrimineer teen blankes en bevoordeel swartes. Afrikaners ervaar dit as \u2018n strafmaatre\u00ebl wat hulle permanent gaan benadeel.  Hul fisieke en ekonomiese oorlewing verg dus \u2018n vars benadering.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regerende ANC kan net aan die bewind bly in die mate waartoe daardie party in staat is om die demografies dominante en armlastige\/werklose&nbsp;swart bevolking met sosiale welsynsdienste \u201ctevrede\u201d te stel. Sou hy daarin faal, sal hy deur \u2018n interne rewolusie verdwyn.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die Afrikadenkmodel van die heersers beteken derdevlakregering nie dienslewering nie, maar sosiale welsynsprogramme vir sy kiesers, gekoppel aan verryking vir sy magsugtige kaders.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hiervoor word die werkende middelklas finansieel gemelk, deurdat die middelklas progressief met oormatige persoonlike en besitsregbelasting uitgesuig en verarm word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die resultaat hiervan is dat \u2018n groeiende getal witmense in \u2018n bodemlose put van armoede in Afrikanerkrotbuurtes gedompel word. Sodoende verloor Afrikaners hulle identiteit, individualiteit en samehorigheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Armoedeprobleem van ongekende omvang, die ergste sedert die Anglo-Boereoorlog en w\u00earelddepressie, het nou ontstaaan. Eienaardig genoeg word daardie feit egter deur die oorgrote meederheid Afrikaners op \u2018n roekelose, selfsugtige en onverskillige wyse ge\u00efgnoreer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die resultaat van die ANC se ekonomiese politiek sedert 1993 is die totstandkoming van \u2018n klein ryk elite\/bourgeoisie van wittes en swartes.  Daardie twee groepe voer \u2018n parallelle bestaan.  Daarbenewens bestaan daar ook \u2018n groeiende proletariaat  van swart en wit massas.  \u2018n Proletariaat besit niks anders as net hul kinders nie  \u2013 die klassieke teelaarde vir \u2018n maatskaplike en ekonomiese rewolusie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gaan werklose en armsalige Afrikaners naderhand ook deel uitmaak van die klipgooiende en plunderende swart massas wat elke dag gevaarliker word?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waarskynlik nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die huidige politiek-ekonomiese stelsel is dus besig om in \u2018n klassestryd te ontwikkel wat die etniese differensiasie van 1910-1993 met \u2018n klassesisteem vervang en word die kiem van sosiale rewolusie teen vrye ondernemerskap reeds gesaai.  Dit moet en sal noodwendig op \u2018n bloedige rewolusie uitloop.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In hierdie klassestryd word honderde duisende Afrikaners vanwe\u00eb hul velkleur  kunsmatig op groot skaal op die sosiale hi\u00ebrargie van middelklas tot proletariaatstatus verlaag.  Hul inherente mededingendheid op ekonomiese terrein word deur wetgewing en ANC-beleid van hulle ontneem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om hulself van ondergang te red bestaan daar vir Afrikaners die volgende toekomsbeelde:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<ul>\n<li>\n<p>Ekonomiese, \tmaatskaplike en fisieke ondergang met die gepaardgaande \tvernietiging van hul menswaardigheid sou die status quo veel langer \tgehandhaaf word.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>Grootskaalse \temigrasie na oorsese lande asook elders in Afrika.<\/p>\n<\/li>\n<li>\n<p>\u2018n \tStelselmatige volksverskuiwing na die platteland, waar nuwe \tekonomiese modelle geskep sal moet word en wat op hul eie oorlewing \tingestel is.<\/p>\n<\/li>\n<li>\u2018n \tDroom van \u2018n eie vrye land wat oor dekades lewend gehou sal word.<\/li>\n<\/ul>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir oorlewing moet Afrikaners hulself uit hierdie klassieke klassesisteem onttrek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hul oorlewing as Westerlinge l\u00ea dus nie in die stede nie, maar in die buiteland of in die land se plattelandse dorpe waar hulle die plaaslike ekonomie kan stimuleer en oorheers.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afgesien van die klein Afrikaner-elite wat superryk of supergekwalifiseerd is, het Afrikaners dus geen bestaansmoontlikheid in Suid-Afrika sonder fisieke beheer oor sy onmiddelike ekonomie nie.  Hul genetiese en kulturele oorlewing is direk afhanklik van ekonomiese selfbeskikking om hulself uit \u2018n sosiale moeras uit te lig.  Die genoemde supermense is ook die mees mobiele en kan binne enkele dae die land verlaat as die nood sou druk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die proletariaat is aan sy lot oorgelaat.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bywonerkultuur van ouds moet byvoorbeeld weer om die dorpe hervestig word en derduisende le\u00eb plaaswonings kan weer beset word. Hiermee kan die georganiseerde landbou meehelp om wittes op plase te hervestig en waar plaasskole weer tot stand gebring kan word.  Natuurlik verg dit ook \u2018n doeltreffende buurtwagstelsel.  As plaasmoordenaars en plaasbesetters nie in diens geneem word nie sal die beveiliging noodwendig doeltreffender kan funksioneer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die platteland sal die Afrikaner weer leer om benewens sy eie voedsel, ook mikronywerhede soos kos- en koeldrankverwerking, hout-, leer\u2013 klei- en staalprodukte, kleinboerdery en elektroniese produkte deur selfwerksaamheid te produseer. Daarbenewens bestaan daar ook baie plattelandse geleenthede vir eiendoms- en nywerheidsontwikkeling, toerisme, ens.  Die oorkonsentrasie van kapitaal in die stede moet algaande na die platteland verskuif soos wat Afrikaners die ekonomie van plattelandse dorpe deur hul kundigheid stimuleer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek wil beweer dat ekonomiese oorlewing hand aan hand gaan met politieke selfbeskikking, hetsy op dorpsraadvlak, provinsiale vlak of op staatsvlak.  Sonder politieke selfbeskikking staan die Afrikaner geen kans op oorlewing teen \u2018n politiek-ekonomiese stelsel wat inherent daarop ingesteld is om hom \u201c<em>in die nasionale belang<\/em>\u201d van sy bates te vervreem nie. Politieke selfbeskikking wat de facto deur plaaslike belastingbetalers opge\u00ebis word, is onteenseglik die sleutel tot ekonomiese selfbeskikking en vooruitgang.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met \u2018n groeiende ekonomie sal die uitvoerende magte vir die inwoners ook groei.  Dit is absoluut onaanvaarbaar dat byna 50% van die belastinggeld wat vir \u2018n dorp se dienste bedoel is, aan salarisse van swak gekwalifiseerde amptenare sonder ervaring afgestaan word.  Of dat R700 000 belastinggeld vir \u2018n inhuldigingspartytjie van \u2018n burgemeester bestee word, iemand wat bonop ook nie \u2018n woord van die belastingbetalers se taal kan of wil verstaan nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfbeskikking op dorpsraadvlak is dus in Afrikaners se eie hande en kan dadelik opge\u00ebis word deur middel van Afrikaners se belastingsmag soos reeds suksesvol deur verskeie plaaslike belastingbetalersverenigings gedoen word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfbeskikking op plaaslike vlak ding glad nie mee met enige ander vorm van selfbeskikking wat Afrikaners mag opeis nie.  Inteendeel, dit is wedersyds ondersteunend en versterkend.  Alle Afrikaners, van watter politieke of godsdienstige oortuigings ook al, sal dit entoesiasties kan ondersteun. Met hierdie strategie kan veelvoudige planne vir elke dorp en stad opgestel word en die ekonomiese herbemagtiging van ons mense sal kan begin.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke dorp het sy eie leierskorps wat die graaf kan vat en begin spit. Daar l\u00ea werk voor vir julle.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deur langer bakhand te staan vir gunsies en gawes van \u2018n vreemde owerheid wat Afrikaners as derderangse burgers beskou en slegs sy eie kiesersteunbasis te paai, sal op die voortydige ondergang van \u2018n eens trotse volk uitloop.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir verdere leestof hieroor lees gerus my vorige Praagartikels: <a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/johann-wingard-magazine-419\/7968-hoe-lank-nog.html\">Hoe lank nog?<\/a> Asook <a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/johann-wingard-magazine-419\/8727-die-kantonfederasie-.html\">Die Kantonfederasie.<\/a><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/topodin.com\">\u0440\u0430\u0441\u043a\u0440\u0443\u0442\u043a\u0430 \u0441\u0430\u0439\u0442\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/2day.kh.ua\/4-dostijeniya-leta-v-kharkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nou die aand bespreek dr Christo Landman en ek die kwessie van ons Afrikaners se ekonomiese oorlewing. Aan die einde van ons gesprek kom ons tot \u2018n gevolgtrekking wat ek sedertdien as aksiomaties beskou: Die behoud van die Afrikaner binne die huidige sosiaal-politieke konteks is afhanklik van sy vermo\u00eb om \u2018n eie ekonomie vir homself [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[121],"tags":[],"class_list":["post-10687","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c113-johann-wingard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10687","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10687"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10687\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10687"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10687"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10687"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}