{"id":10686,"date":"2011-07-10T05:50:42","date_gmt":"2011-07-10T05:50:42","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10686"},"modified":"2011-07-10T05:50:42","modified_gmt":"2011-07-10T05:50:42","slug":"na-die-verligte-kramp","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10686","title":{"rendered":"N\u00e1 die verligte kramp"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Vergun my die reg om &#8216;n paar onwelvoeglike woorde oor ons linkse volksgenote te s\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert die jare tagtig het hulle die regse beweging met die skelwoord &#8220;verkramptes&#8221; beskryf. FW de Klerk se broer Wimpie was blykbaar die vader van di\u00e9 benaming. Natuurlik was die negatiewe inhoud van die  stamwoord &#8220;kramp&#8221; implisiet&nbsp; &#8216;n slegte etikettering vir regses.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Nasionale Party en sy eie &#8220;Prawda&#8221;, nl. Naspers, het hierdie  gerieflike skelwoord oortyd gebesig. Hulle was die &#8220;verligtes&#8221;, die antitese van die sg. &#8220;verkramptes&#8221;. Die &#8220;verligtes&#8221; was wedergebore  Afrikaners wat vanuit hul helder liberale heelal op die donker  onderw\u00eareld van &#8220;verkramping&#8221; neergesien het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met &#8220;verkramp&#8221; aan die een uiterste van die kontinuum was &#8220;verligting&#8221; aan die ander. &#8220;Verkramp&#8221; was alles wat teen verandering  was. Dit was agterlik, onbuigsaam en &#8216;n onvermo\u00eb en onwilligheid om &#8216;n kompromie oor  enigiets aan te gaan. Die verkrampte was &#8216;n verstokte ou regse wat hom  in sy enge hoekie van onvergenoegdheid sit en verknies het. D\u00edt,  terwyl die w\u00eareld van die linkses met snelle vaart na glorieryke  verligting beweeg het. Die &#8220;verligtes&#8221; se droom van liberale verheugde  indiwidue het in skrille kontras met die &#8220;verkramptes&#8221; se oudmodiese en  agterlike aandrang op groepsregte gestaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik het die &#8220;verligtes&#8221; die SA gekry waarvoor hulle so hard gewerk het, maar o wee, dit lyk ietwat anders as waaroor daar gedroom is.  Hulle droom verteenwoordig &#8216;n klaaglike mislukking. Die agteruitgang wat op elke  vlak ingetree het, is welbekend aan elkeen wat hierdie skrywe lees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die linkse ideologie misluk regoor die w\u00eareld, maar veral in SA het  dit tot &#8216;n ongekende graad van verrotting gelei. Dis vinnig besig om  soos &#8216;n fekale massa sy weg na uiteindelike uitwerping te vind.  Afrikaners verkeer reeds in &#8216;n toestand van skok oor die groteste stank  van die NSA. Liberale meningvormers se verbale blertse word met mislike  walging begroet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ganse linkse idelogie verkeer in die slopemmer van die  geskiedenis. Elke nou en dan word Afrikanerdissidente nog as &#8220;verkramptes&#8221; uitgeskel, maar die woord het geen effek meer nie.  Intussen klou die linkses nog verbete aan die naam &#8220;verligte&#8221; vas. Enige toespeling op die Europese Verligting is onvanpas, aangesien laasgenoemde juis &#8216;n opstand teen die godsdienstige dogma en onverdraagsaamheid van die Middeleeuse Katolieke Kerk was, asook &#8216;n opwelling van beskawing teen barbarisme en bygeloof. In Suid-Afrika ondersteun die &#8220;verligtes&#8221; egter &#8216;n terugkeer na barbarisme en &#8216;n nuwe Donker Tyd wat deur die dogma van politieke korrektheid verseker word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die enigste kramp wat ooit bestaan het, was die linkses se haat vir  hul eie volk. Die linkses het die hele land in die nagwa van  Afrikaverskrikking gewerp. Hulle krampe het tot ons land se verslopping  gelei. Laat ons hulle nou maar beskryf met die verottende stank wat  hulle uitgeskei het. Laat die &#8220;versloptes&#8221; van nou af hul naam wees.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">online casino free<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/08\/31\/185370.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vergun my die reg om &#8216;n paar onwelvoeglike woorde oor ons linkse volksgenote te s\u00ea. Sedert die jare tagtig het hulle die regse beweging met die skelwoord &#8220;verkramptes&#8221; beskryf. FW de Klerk se broer Wimpie was blykbaar die vader van di\u00e9 benaming. Natuurlik was die negatiewe inhoud van die stamwoord &#8220;kramp&#8221; implisiet&nbsp; &#8216;n slegte etikettering [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[126],"tags":[],"class_list":["post-10686","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c118-jh-du-toit"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10686","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10686"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10686\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10686"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10686"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10686"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}